My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Libido booster Pretoria
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Die blinde man van Jerigo

Sê nou een van julle sou blind word. Sou dit nie vreeslik wees nie? As julle nie so dink nie, maak julle oë toe en verbeel julle dat julle jul hele lewe lank nooit weer jul oë sal kan oopmaak om die sonskyn, die blomme of jul ouers se gesig te sien nie.

Baie, baie lank gelede was daar in die dorpie Jerigo in Palestina twee arme blinde manne. Byna nakend het hulle langs die pad gesit en geld bedel by die reisigers sodat hulle 'n stukkie kos kon koop.

So het hulle dan gelewe in droefheid en ellende en hulle het gedink aan daardie goeie ou dae toe hulle nog kon sien.

Eendag het daar iemand verbygekom wat aan daardie manne gesê het dat daar 'n Man in Nasaret was wat al die siek mense in die dorpies gesondgemaak het en dat daar vertel word dat Hy ook blinde mense genees het.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

Die twee blinde manne het vir weke lank oor daardie wonderlike Man gesels. Sou die gerugte waar wees? O, as hulle maar net na Nasaret kon loop om self ondersoek in te stel! Maar Nasaret was sowat 60 myl van hulle af, die pad was swaar en gevaarlik en daar was niemand wat hulle daarheen kon lei nie. Miskien sal die groot Heelmeester self eendag na Jerigo kom. Daar het nuwe hoop in hul harte ontstaan.

Weke het verbygegaan. En toe, eendag, het die blinde manne snaakse geluide gehoor in die rigting van Jerigo. Dit was soos die opgewonde geskree van manne en vroue. Geleidelik het die geluide nadat gekom aan die plek waar die twee blindes gesit het. Hulle kon nou duidelik die geskuifel van honderde voete in die pad hoor.

Wat kon dit tog beteken? Sou dit miskien die Romeinse goewerneur wees wat Jerigo besoek?

"Wie is dit wat daar aankom? Wie is dit?" het Bartemeus uitgeroep, hopende dat iemand sy vraag sou beantwoord.

Opgewonde het 'n stem geantwoord: "Jesus die Nasarener gaan verby!"

Barteneus het opgespring. Jesus van Nasaret! Dis mos die groot Heelmeester van wie ons so baie gehoor het. Jesus was nou amper by hom. Sou Jesus hom genees? Kon Hy?

< >