My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Vertellers Die Groot Verhaalboek DIe 1948

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon



Female and male libido boosters
Vertellers Die Groot Verhaalboek

Die 1948-Buick Convertible

O, Daisy, Daisy, Daisy / jou dierbare dol / riviere is vol / en trane die rol

Ons het voor ons oë gesien hoe die Groot  Liefde ontbind - nee, "ontbind" is nie die regte woord nie: dit het voor ons gestuiptrek; uitmekaargepluk, soos deur 'n natuurkrag. Dit was die heftige,melodramatiese afsluiting van 'n derderangse strookprent; en baie, baie opwindend.

Hoe het dit gekom dat ek nog nooit daaroor geskryf het nie? Lojaliteit teenoor auntie Daisy? Nee, ek gaan myself nie probeer bedrieg nie. 'n Verteller het een lojaliteit, en dis teenoor daardie skryf-sensasie wat in sy solar plexus setel. Wat my gerem het, besef ek nou, is die gevoel dat melodrama nie "Kuns" is nie. En dit is natuurlik onsin; maar eers moes ek aan eie lyf ervaar dat "goeie smaak" meer met burgerlike moraliteit te maak het as met estetiek. Die lewe is, as jy die sondagkoerante moet glo, een groot smaakontsporing; een groot kansellering van die veiligheidsmure wat ons so desperaat om ons stapel.

Die Boom in die Tuin het 'n duisend vorme; in die lewe, so ook in die letterkunde. In die verhaal van auntie Daisy en die Kaptein het 'n 1948-Buick Convertible 'n sentrale rol ingeneem. Hierdie bottelgroen motor, skokkend mod in sy tyd, soos die New Look in vroueklere, was die eweknie van die koets in Aspoestertjie. Aunt Daisy het my en my suster, saam met haar eie seuns, op lang ritte in die distrik onthaal; ons het die mense wat ons op straat en langs die paaie teëgekom het, vriendelik maar formeel gegroet, na die voorbeeld van die Koningsgesin wat die land so pas besoek het. En tuis het ons kom vertel van ons triomftogte, en hoe ons vriende ons wou omkoop om  net één keer in die Buick te klim. Wat hulle veral wou sien, was hoe die Buick sy swart dak laat sak, ja, tot in sy groen nek toe. Maar dit het auntie Daisy net by uitsondering toegelaat - as die weer daarna was, en sy 'n doekie byderhand gehad het om haar h are teen wind en stof te beskerm.

"O, dis salig om ryk te voel," h et my suster een aand aan tafel geskimp. (Dít na aanleiding van die relletjie oor die klere wat sy vir die matriekafskeid wou hê: 'n New Look-halfrok, en slangvelskoene met ' n enkelband. "Waar moet ek die geld vandaan haal?" het my ma gehuil. "Daar is die verband, en dan die droogte...") My pa het opgestaan van die tafel, sy hoed gevat en met 'n geslote gesig by die kamer uitgeloop. By die stoepdeur het sy dissipline hom in die steek gelaat: hy het die gaasdeur agter hom laat toeklap.

"Sien jy nou, Gezina?" het my ma uitgeroep. "Jou pa mag 'n stokou Chevvie hê, maar dis dankgod betaal, en dit het nie sy erfenis ingesluk nie. Wie dink jy gooi die petroltenk vol as julle dag na dag op julle trips gaan? As Daisy net wil padgee, dat die lewe weer normaal kan raak..."

Die deus ex machina het ingegryp by wyse van die Kaptein. Ons was almal by Ouma in die voorhuis toe die oproep kom, en  het doodstil gesit, want dit was 'n langafstandoproep vir aunt Daisy. Ons kon 'n opgewonde stem  hoor, maar sonder om uit te maak wat hy sê. Aunt Daisy se stem het heuningsoet geword: "Maar my sweetheart, wees nou redelik ... Nou goed dan, voor die einde van die week..."

Ouma het agterdogtig na aunt Daisy gekyk. "En wie is die 'sweetheart' altemits, Daisy?"

"Die kaptein, Moeder, van wie ek gepraat het. Kaptein Nolte. Hy't die Victoria Cross vir dapperheid gekry in die jongste oorlog."

"'n Boer wat vir die Engelse gaan veg het? Die Engelse voer geen eerbare oorloë nie. Hy, as Boer, moet dit mos weet! En wat order hy jou so rond? Julle is tog nie ... Daisy, het die man planne met jou? Dan sê ek jou nou: op huweliksvoorwaarde. Geen man gaan sy pote op jou erfenis lê nie."

Van toe af was aunt Daisy se kuier nie meer lekker nie. My nefies het stuurs en hartseer geword, want hulle moet terug na hul pa, van wie hulle ma geskei is. Hulle moes afskeid naam van die 1948-Buick Convertible wat glans aan hul lewens verleen het. Hulle moes gewoond raak aan die gedagte dat daar 'n nuwe man in hul ma se lewe is; een wat haar by hom gaan hou in Johannesburg.

Toe aunt Daisy die dag vertrek, haar motor vol plaasproviand, het almal gehuil, Ouma nog die hardste. Ouma het oor die motor gehuil, en wat dalk met hom kan gebeur. "Dié kaptein klink vir my na 'n deurbringer. Waarvan leef hy, as hy nie werk nie? En nou sien hy Daisy as 'n ryk vrou aan, en weet nie hoe dwaas sy is nie..."

Ouma het 'n obsessie oor die Buick ontwikkel. Sy het oor hom gepraat soos jy oor 'n mens praat: Sou hy gereeld gewas word? politoer kry? skoenwaks vir sy wiele? En sê nou maar kaptein hoesenaam gaan hom by die pandjieswinkel in?

Op 'n dag kondig Ouma aan dat sy Johannesburg toe gaan. "Om te gaan sien of Daisy nie in sonde met die Kaptein leef nie."

"En as dit nou so is?" het my pa suf gevra.

"Dan moet hy die eerbare ding doen. Maar op huweliksvoorwaarde."

Ouma het met 'n taxi by aunt Daisy se woonstel stilgehou en haar gou vergewis dat die Kaptein wél by Daisy ingetrek het. Daar was sy skeergerei in die badkamer, sy pakke in Daisy se hangkas, ewe onbetaamlik langs Daisy se ligsinnige rokke, en stapels hemde en frokkies en onderbroeke in die ingeboude kaste.

"Stry nog, Daisy, jy leef in sonde."

Daisy hét gestry, amper desperaat. "Ons is sommer stil-stil getroud, Moeder. Ek was bang Ma gaan nie verlof gee nie."

"Dan trou julle weer - vóór familie, soos dit Christene betaam. En op huweliksvoorwaarde."

Ouma het trots gevoel dat sy Daisy aan die punt van haar gebleikte hare uit die poel van sonde getrek het. En dat sy haar erfenis gered het.

"Wat van die Buick, Ouma?" wou ek en Gezina gelyktydig weet by Ouma se terugkoms.

"Goddank, onder dak. Ek het die opsigter 'n sikspens gegee om die wiele swart te smeer. Gerhardus" - dit na my pa se kant toe - "Daisy werk weer. Weer by John Orr, om te demonstreer."

"Iemand," sê my ma ysig, "moet die pot aan die kook hou."

"En," steun Pa haar, "die petrol voorsien."

Ouma begin smartlik huil. Een skande wou sy van ons wegsteek: die lelike stamp wat die Buick gekry het. "En nou het hulle nie geld om dit te laat regmaak nie."

"Wat moet hy vashou dat hy nooit sy hande uit sy sakke kan trek nie?" raas Pa.

"Hy kry glo oorlogsvergoeding," snuif Ouma agter haar sakdoekie. "Maar in die tyd dat ek daar was, het hy nooit 'n pennie uit sy beurse gehaal nie. Om die waarheid te sê, ek weet nie eers of hy 'n beursie het nie. Daisy moet tot vir sy siekrêts betaal. En weet julle wat?" Ouma rig haar op in ou-testamentiese woede. "Hy rook voor my, sonder permissie. Daisy moes elke dag my hare was."

"Ek weet nie, Ma," sug Pa, "ek weet nie. 'n Kat en 'n hond kan nou nog so in vrede voor die vuur lê, maar bind net hulle sterte aan mekaar vas, en jy sien 'n lelike ding."

Pa het profetiese woorde gepraat. 

'n Paar weke later kom daar met die Vrydagpos 'n dik blou brief vir Ouma van Daisy af. Ek het oorgehardloop na die Ouhuis en nuuskierig sit en wag terwyl Ouma die brief lees. Ouma het kort-kort na haar hart gegryp, of so het ek gedink, maar spoedig sou ons weet dat die k anker in haar bors hervat het. Drie keer tydens die lees het sy "agherejesustog" gesê, en ná die lees moes ek vir haar staaldruppels op 'n teelepeltjie suiker uitmeet.

"Lui vir jou ouers en Gezina. Sê hulle moet dadelik kom."

Ek is 'n bok vir drama en het dit dik aangemaak oor die foon: "Dadelik, hoor! Ouma is in 'n toestand. Daar het 'n vreeslike ding met aunt Daisy gebeur."

Deur Ouma se slaapkamervenster - ek het die staaldruppels gaan wegsit - kon ek hulle met die voetpaadjie deur die rogland sien kom: eers Pa; dan Ma met 'n pienk kappie; dan Gezina, nog in haar springjurk, en met 'n Pixiemus op.

"Een van julle moet lees," het Ouma beveel. Ouma het na my gekyk, geaarsel, en "nee" besluit, waaroor ek bly was, want ek kan so laggerig raak in krisistye. "Gezina," het Ouma gesê, "jou oë is die hillerste." (As 'n troos aan my, met die "hiller" stem. "So hiller soos Daisy s'n.")

Gezina begin lees: "Og, Moeder, wat was die Here wonderlik goed vir my!"

Die res van die brief was in aunt Daisy se onnabootsbare barokke styl. Gelukkig het ek en Gezina so tussen die twee van ons 'n paar frases daaruit behou.

Die drama waarvan Daisy se brief getuig het, het op die balkon van haar woonstel afgespeel. Ouma het Gezina kort-kort onderbreek met dekoraanwysings.

"Ek sien die balkon so voor my oë," sê Ouma, "met sy rooi stoepie, en die plante nog in die blikke soos ek hulle vir Daisy gegee het, die Marjastrane en die Wandelende Jood, en in die stroopblik, Jesuskroon."

Die Kaptein het 'n gevaarlike liefdespeletjie met aunt Daisy gespeel. Hy het haar in sy arms gehou, soos 'n baba - dit kon, sy was lig - en dan gemaak of hy haar gaan laat val, wat passievolle gilletjies aan Daisy ontlok het. En toe, op 'n dag, agherejesustog, glip Daisy  uit sy arms, en oor die rand van die balkon.

Gezina moet 'n oomblik ophou lees dat die Kriekse Koor kommentaar kan lewer.

"Speletjie!" roep Ma uit. "Speletjie se voet! Hy wou haar vermoor!"

"Stadig, Mams," sê Pa, "dit kon 'n ongeluk gewees het. Maar magtag, grootmense speel nie só nie."

"Malmense wel," sê Ouma. "Nóú eers skryf Daisy van sy bomskok, maar dit staan later in die brief."

Gelukkig was daar, twee balkonne onder Daisy s'n, 'n skutdak van seil. (Ek en Gezina moes "awning" gaan naslaan in die woordeboek.) Dié skutdak het haar vaart gestuit, en Daisy het haar ingeswaai op die vreemde balkon.

"Soos 'n kat," sê Ma.

"Soos 'n aap," sê Pa.

"Dat die kind haar verstand behou het," sugsnik Ouma. "In die dal van doodskaduwee."

Daar was niemand in die vreemde huis nie. Daisy het haarself by die deur uitgelaat, en is bebloed en verflenterd met die trappe op terug na haar woonstel toe.

"Sy kon gegly het, " sê Ouma, "hulle sit daai rooi polish te dink aan op die trappe."

Die Kaptein was gebroke. Hy was "so wit als een linnelap", en  het op die settee sit en snik. As Daisy na haar dood moes geval het, het hy homself met sy .22 doodgeskiet, het hy oor en oor gesê.

"Jy skiet nie 'n buffel met ' n .22 nie," het Pa skor gela.g

"Kom, my kinders," het Ouma gesê, "die Here was wonderlik goed vir Daisy en vir ons almal. Kom laat ons Hom dank." En helder oordag het ons op ons knieë gesak. Ouma het lank gebid, en toe ' n huilbui haar oorval, het Pa oorgeneem. Ek het my oë oopgemaak en gesien hoe Blessie, die kat, hom op Ma se rug tuisgemaak het, en moes verbete veg teen die lag. Ouma was baie in haar skik dat ek so diep oor aunt Daisy gevoel het, en het sitroenkonfyt vir ons almal uitgehaal. Maar eers moes ek en Pa haar orent help; sy kon nie regop kom nie.

"Ma moet nie meer kniel nie," het my moeder besorg gesê. "Aunt Essie van Onselen het een hele nag so op haar knieë gesit oor sy nie kon opkom nie, en dit was winter, en toe is aunt Essie aan longontsteking dood."

"Ek weet, my kind. En jy's reg: ek voel so swak van ek van Johannesburg af terug is."

"Ma kan mos lê en bid. die Here sal verstaan."

"Maar dis so famieljaar om met die Here teen praat..."

Spoedig sou Ouma pal moes lê. Haa ou vyand, kanker, het haar neergetrek. Sy het maer geword, haar oë verwilderd in hul diep kasse, 'n sliertjie grys hare vasgeplak teen die sweet op haar voorkop.

"Moet ons vir Daisy laat weet?" het Pa gevra.

"Ek weet nie. Daai Kaptein sal Ma net ontstel."

Maar weer het die noodlot ingegryp. Gezina was tuis toe die oproep kom.

"Gezinatjie," het aunt Daisy geskree, "ek is hier op Reddersburg, met 'n mal man by my. Hy wil my motor afvat. Sê vir jou pappie..." Maar wat Gezina moes sê, sou ons nooit weet nie, want die gehoorbuis is uit haar hande geruk.

"Hulle sal so oor twee uur hier wees," het Pa uitgereken. "Sal ons die polisie bel?"

"Die skande," het Ma gekeer, "hier op ons drumpel. Kom ons wag eers.

Ma het gesorg dat daar kos in Ouma se huis is. Dit was my beurt om by Ouma te waak, maar Pa het oorgeneem, gesien die omstandighede. Ek het by Pa gebly, vir morele ondersteuning en ook uit nuuskierigheid; maar dit sou beter vir my gewees het as ek nie daardie vreeslike toneel meegemaak het nie.

Die Kaptein en Daisy het by die huis ingestorm. Hy het na haar gegryp asof hy haar te lyf wil gaan.

"Vat aan my suster," het Pa kalm gesê, "en ek bel die polisie. Intussen bind ek jou vas soos 'n prisonier."

"Polisie!" het die Kaptein gesnork. "Ek het ook 'n paar dinge wat ek aan die polisie kan sê. Van jou suster. En hulle is nie mooi dinge nie, my ou swaer."

Aunt Daisy het geskrik, meer nog as Pa. "Wag, stadig, my ou broer. Daar moet 'n vreedsame uitweg wees."

Die Kaptein het lelik geglimlag onder sy Clark Gable-snorretjie. "Daar is één oplossing wat my tevrede sal stel: ek wil die motor hê."

"Ons het oop huweliksvoorwaarde getrou!" herinner aunt Daisy hom.

"In 'n huwelik ingestoot, deur jou ou moeder."

Nou eers onthou aunt Daisy van Ouma. Sy haas haar kamer toe, met my kort op haar hakke.

Die olielamp brand te hoog, en ek moet die pit stel. Die borand van die glastuit is swart gerook, want vir my na 'n voorbode lyk. Ouma slaap, maar rusteloos; haar mond hang oop, soos dié van 'n sterwende.

"Moeder," pleit aunt Daisy, "Moeder, praat met my."

"Sy slaap," sê ek, "van daai pille. Morfien."

"Here," skrik aunt Daisy, "is dit dan al só erg? Hoekom het julle my nie laat weet nie?"

"Dis oor die Kaptein. Ouma kan hom nie verdra nie."

"My wyse ou moeder het verder gesien as ek. Hoeveel pille gee julle vir Moeder op 'n slag? Of wag, ek lees." Aunt Daisy lees die voorskrif op die pildosie en tel 'n paar pille oop haar handpalm af. "Kom," sê sy, "kom ons laat Ouma rus."

Ons laat die deur op 'n skrefie, eng aan terug voorhuis toe waar Pa en die Kaptein mekaar soos twee vegbulle aangluur.

"My sweetheart," sê sy vir die Kaptein, "ek h et oor die saak nagedink. Ek aanvaar jou voorwaarde."

"Maar Daisy!" skree Pa. "Oorle pa draai óp hierdie oomblik in sy graf om."

Daisy beduie iets vir Pa agter die Kaptein se rug.

"Geld is ook nie alles nie," sê aunt Daisy vreem, "solank 'n mens jou siel behou. Ek skink vir ons almal 'n fransbrandewyntjie. Die pad was lank."

"Maak dit 'n dubbeldop," sê die Kaptein moeg. Dis of sy baklei skielik uit hom is.

Aunt Daisy staan met haar rug na ons by die buffet.

"Nelie het vir julle wat te ete gestuur. Koue blad, dink ek, en kweperjellie."

"Dankie, my ou broer; maar eers 'n ou snapsie!"

Ons sit gespanne in 'n kring, die grootmense met drankies in hul hande, ek met my natgeswete handpalms teenmekaar gedruk, my knieë weerskante van my hande. Daar word skaars gepraat. Iets oor die prys van petrol. Iets oor die prys van vleis. En dan weer stilte. Die sfeer is broeierig, soos by 'n séance. En ek en aunt Daisy is ook om 'n ander rede gespanne: gaan die pille hul werk doen?

Em ja. daar is die voortekens. Die Kaptein se kop knik; hy ruk sy kop orent en kyk wantrouing na ons. Aunt Daisy gaap en sê: "Ja, dit was 'n lang dag, met baie hoofbrekens. Ek sal vannag 'n bed kan seermaak."

Die Kaptein dommel in. Sy kop sak skuins; hy blaas sy asem hard uit, wt sy vol lippe laat wiebel soos dié van 'n perd; sy arm gly van die leuning af, en sleur 'n asbakkie en 'n glas saam, maar wakker skrik is min.

Doodstil sit ons en wag. Die horlosie tik, en haal oor om te slaan. Hy slaan, maar die Kaptein word nie wakker nie. Hy word net al rooier in sy gesig.

Aunt Daisy staan op en knoop sy hemp los dat hy asem kan kry. Haarhand verdwyn in sy baadjiesak: nee. Dan weer in die ander baadjiesak: ja. Sy vis haar motorsleutels daaruit, en beduie vir Pa om haar te volg.

Ek hoor die voordeur oopogaan, en hoe Pa en aunt Daisy op die voorstoep praat. Die nag en sy geluide word vir my te veel. Buite kraak die denneboom in die wind. Ouma kreun in haar slaap; die Kaptein snork. En dan trek 'n  motor weg: die 1948-Buick Convertible.

Pa verskyn in die deur en wink my om hom te volg. Op die stoep sê hy: "Gaan nou huis toe, my kind. Jy't te veel gesien en het rus nodig.

Die gedagte aan die sensasie wat ek tuis gaan veroorsaak, het my geskraag op die smal paadjie deur die rogland. Eintlik het ek gevlug: probeer wegkom van baie wat "ondergronds" is: steune en snorke en 'n onnatuurlike slaap; en 'n boom in die wind.

Die oggend het groot termult gebring. Die Kaptein het wakker geword en onmiddellik besef dat hy ingeloop is. Hy het gevloek en gedreig, en het in elke skuur en kraal op die plaas na die Buick gaan soek. Pa het met 'n hartseer kalmte deur die dag gegaan. Ouma was sy grootste sorg, want haar toestand het versleg.

Die dokter het gekom en gedoen wat hy kon, wat nie baie was nie. Hy het dit ook erken: "Gerhardus, my ou vriend, dis 'n kwessie van tyd. Gebruik maar die pille en probeer haar gerieflik hou. Die wetenskap kan niks meer doen nie."

Die Kaptein is saam met die dokter dorp toe. Daar het hy by elke motorhuis gaan inloer, tot die mense begin kla het, en die polisie hom moes waarsku teen oortreding op privateterrein. Van Klipkraal is hy na Aliwal, waar hy 'n motor gehuur en Klipkraal se distrik gefynkam het, op soek na die Buick.

Pa het intussen met oom Ayliff, die prokureur, gepraat, en hy het Pa gerusgestel: "Die man het nie 'n kans nie. Die oortredings stapel op om hom. Poging tot moord en roof; indringing op ander se privaatheid, ensovoort en so meer. Hy sal hom uitvoed, en julle sal nooit weer van hom hoor nie."

Intussen het ek en Gezina en Ma ons koppe gebreek oor dié een vraag: Waar kruip aunt Daisy met die motor weg? Pa het gesê: "Dit kry julle nie met tange en dreigemente uit my uit nie."

Ná twee weke is besluit dat aunt Daisy maar kan terugkom plaas toe. Intussen het verdoemende inligting omtrent die Kaptein aan die lig gekom: dat hy 'n veelwywer en 'n vervalser van tjeks is. Die polisie sou hom in boeie weglei van die plaas af as hy weer kom moles maak.

Ek en Gezina is saam met Pa om aunt Daisy te gaan haal. Sy was by ou vriende in 'n buurdistrik, en ek het my verwonder dat sy so lekker kan sit en vrugtekoek eet ná al haar beproewinge, en met die ergste nog ophande: Ouma se dood. Oom Naas het ons gaan wys waar die Buick versteek is - in 'n ou skuur, toegepak met lusernbale.

Dis of die Buick oud geword het onder sy vernederings. Hy was vuil van die lusernstof, en dan was daar nog die stof van die reis van Johannesburg af, en die lelike stampplek waaroor Ouma so gehuil het.

Ek het nie saam met aunt Daisy teruggery nie: Gezina het. My plek, het ek gevoel, is langs Pa.

Op Ouma se begrafnis was ek heeltyd bewus van aunt Daisy. Sy was skielik nie meer vir my mooi nie. Haar gebleikte hare het nie by haar rouklere gepas nie, en haar hande, geklem om die kransie, was dié van 'n aasdier. Dié een dag, het ek gedink, dié een dag kon sy die rooi van haar naels geskraap het.

Vertellers Die Groot Verhaalboek

 Vind Audio weergawe onder aan die blad.

Enkel Ouer en Kind Kamp

Enkel Ouer Kamp

R1559
Kultuur Avontuur Kamp Stapgroep Pretoria

Konka Kuiers op RKK

GRATIS
Perdry Pretoria Om die Dam

Om-die-Dam Perderoete

R161
Ward 91 Tshwane

Onafhanklike Kandidaat (Pretoria) 

R600

Hennie Aucamp

Vertellers Die Groot Verhaalboek

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519
< >