My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters Pretoria
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Daardie gebede van Julle

Verhoor Jesus werklik kinders se gebede? Natuurlik doen Hy dit en moet niemand toelaat om julle te oortuig dat Hy dit nie doen nie.

Ek is heeltemal seker daarvan, omdat so baie kinders my al vertel het dat hul gebede verhoor is; en hulle kon tog nie almal 'n fout gemaak het nie, kon hulle nou?

Wanneer ek stories vertel by 'n kinderdiens, dan vra ek altyd hoeveel van die kinders glo dat Jesus hul gebede verhoor. Byna almal steek sommer hul hande op - ek wens dat julle dit soms kon sien.

Nie so lank gelede nie was ek by 'n kinderdiens toe byna 'n duisend kinders hul hande opgesteek het in antwoord op my vraag. Dit was iets wat seker die harte van die engele blygemaak het, dink julle nie so nie?

Maar ek laat die saak nie daar nie. Gewoonlik vra ek 'n ander vraag en dit is: Hoeveel van die kinders hier het Jesus iets bepaalds gevra...en dit gekry?

Dit is 'n regstreekse en persoonlike vraag, maar dit maak nie eintlik verskil aan die getal hande wat opgesteek word nie; miskien behoort ek te sê dat sommige hul hande dan nog gretiger opsteek.

Daarna vra ek die kinders wie se gebede spesiaal verhoor is, om my daarvan te vertel en - wel, julle kan raai hoe wonderbaarlik die verhale is wat ek hoor.

En dan ontvang ek gedurig briewe van kinders wat my vertel van verhoorde gebede. Ook baie Mammas skryf aan my.

Natuurlik verhoor Jesus die gebede van kinders! Daaroor bestaan daar geen twyfel nie. Niemand het die kinders so lief soos Hy nie.

Ek hou ook baie van kinders en gedurig moet ek hoor dat ek die kinders bederf, veral as hulle nog baie klein is. Maar Jesus het julle baie meer lief as al die Vaders en Moeders en ander mense. Miskien hou Jesus ook daarvan om die kinders 'n bietjie te bederf. Ek dink gewis so.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

Eendag het Jesus met Sy dissipels oor gebed gepraat en Hy het gesê: "Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word." Dit klink soos die woorde van 'n baie liefdevolle Vader, nie waar nie?

Maar dis nie al nie, Hy het verder gesê: "Watter mens is daar ... wat, as sy seun hom brood vra, vir hom 'n klip sal gee?" Geen Vader sal nie, sal julle sê. Dit sal maar 'n snaakse Vader wees wat aan sy honger seuntjie 'n klip gee om te eet!

Verder het Hy gesê: "En as hy 'n vis vra, vir hom 'n slang sal gee?" Daar is geen Vader op aarde wat so gemeen sal wees nie, is daar? Wie sal nou aan sy kind 'n slang gee om mee te speel!

Toe het Jesus Sy argument gekloon met die volgende woorde: "As julle wat sleg is dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gee gee aan die wat Hom bid." (Luk. 11:9-13)

Hoeveel te meer! Daar het ons die maat van Sy liefde vir ons. Sê die woorde stadig en ernstig en bidden en tederlik vir julle self oor: Hoeveel...te...meer!

Dit skyn vir my of Jesus in daardie paar woorde probeer om ons te vertel dat Hy ons so liefhet dat daar niks op aarde is wat Hy nie vir ons sal gee as dit vir ons beswil is nie; dat dar niks is - groot of klein - wat Hy nie vir ons sal doen as ons Hom maar net sou vra nie.

Laat ons dan maar aanhou om te bid, kinders, en glo dat Jesus meer gewillig is om jul gebede te verhoor was wat julle is om te vra.

As ons in die nood is, moet ons ons nie kwel nie. Hy het ons lief met 'n ewige liefde - 'n liefde wat so hoog as die hemele is en so diep soos die diep blou see. My bede is soos die van die apostel Paulus: "My God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus."

Wil julle baie graag iets hê - iet wat, soos julle dink, miskien te groot is om te vra? Moet dan nie bang wees om te vra nie. Julle kan Jesus nooit verras deur te veel te vra nie. Hy sê aan ons: Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.: (Jer. 33:3)

Dit beteken dat ná julle die grootste ding gevra het waaraan julle kan dink, Jesus julle nog meer sal gee as waarvoor julle gevra het. Hy sal julle verras met die grootheid van Sy goedheid en Sy liefde vir julle. Hy verhoor graag die gebede van kinders.

< >