"Wel, hulle is regtig mooi. Dis ook baie mooi appels wat jy het."
"Ja hulle is. Ek hoop niemand sal hulle pluk nie, behalwe natuurlik ek."
"Jy is baie gesteld daarop," sê Pappie.
"Wel, dis niks minder as reg nie, ek het dan byna 'n hele jaar vir hulle gewag. Ek het die boom bemes, natgegooi en skoon gehou, natuurlik is ek daarop gesteld wie hulle pluk. As klein boetie aan hulle raak, sal ek hom wiks."
"O so," het Pappie gesê terwyl hy so oor Gerald se tuin kyk - en toe sien hy skielik 'n klompie groen goed wat so half met 'n koolblaar toe was. Gerald het gesien waarheen sy Pa se oë dwaal en toe hy probeer om sy voet voor die goed te hou terwyl hy sommer geesdriftig weer oor sy tuin begin gesels het.
"Dis 'n groot sonneblom daardie," het hy gesê terwyl hy taamlik gebloos het. Maar Pappie het nie nou belanggestel in sonneblomme nie....maar hy het danig belang gestel in die kool.
"Dis mooi kool wat jy het. Ek moet gelukwens Gerald. Laat ek 'n bietjie die hart van hierdie een voel. Hy behoort nie op die blare van sulke mooi kool te trap nie."
Gerald het sommer baie rooi geword toe Pappie buk en aan die kool begin voel.
"Ek het nie geweet dat jy appelliefieplante in jou tuin het nie," het Pappie 'n bietjie kortaf gesê toe hy weer orent kom.
"Nee, ek het nie gehad nie," het Gerald ongemaklik gesê.
"Maar waar kom hierdie skille dan vandaan?" het Pappie gevra.
"Hulle kom van daar anderkant af," antwoord Gerald.
"Ek is baie hartseer. Ek het gemeen dat ek my seun kon vertrou. Dink jy nie dat dit baie gemeen van jou was om al die appelliefies af te pluk nie, aangesien jy geweet het dat ons die hele jaar al vir hulle gewag het nie? Het jy dan nooit gesien hoe ek hulle vertroetel en versorg het nie?"
Gerald het nou besef dat dit juis die woorde was wat hy 'n rukkie tevore oor sy appels gebruik het en hy het baie skaam gekry.
"Dis darem vreeslik, jy moet dit asseblief nie weer doen nie. Aangesien jy jouself so goed gehelp het aan my appelliefies, sal ek nou maar 'n paar van jou appels probeer." Pappie het die bestes begin pluk.
"Ag nee, Pappie, moenie my appels pluk nie! Hulle is myne, ek het hulle self gekweek," en sommer begin huil.
"En wat dan van my appelliefies?" het Pappie gevra onderwyl hy begin hap aan die beste appel. "As ons dit uitwerk op ses appelliefies vir een appel, dan maak ek aanspraak op al die appels aan hierdie boom."
"Maar pappie moet hulle nie almal pluk nie! het Gerald smekend gesoebat.
"Nou ja, goed, maar op een voorwaarde."
"En wat is dit?"
"Dat jy my belowe om nooit weer goed te neem wat nie aan jou behoort nie."
"Ek belowe."
"En ja, onthou die gulde reël wat sê dat jy aan ander moet doen wat jy aan jouself gedoen wil hê."