Afrikaanse spreekwoorde en idiome
Canossa
...Na Canossa gaan. Jou aan iemand onderwerp. Go to Canossa. Go on hands and knees. Canossa is 'n dorp in Noord-Italië. In Januarie 1077 het die heilige Roomse keiser Hendrik IV van Duitsland na Canossa gereis om 'n oudiënsie aan te vra met pous Gegorius VII, wat in 'n kasteel aldaar gebly het. Keiser Hendrik is vroeër deur die pous uit die kerk geban en hy wou vergifnis kom vra.
Hy het drie dae lank sonder hoed of skoene in die binnehof van die kasteel gestaan, en hierdie nederigheid het die pous oorreed om hom te vergewe. Die uitdrukking na Canossa gaan word toegeskryf aan die Pruisiese staatsman prins Otto von Bismarck gedurende sy vete met die katolieke Kerk in die 19de eeu.