Boererate
Bysteek
Moenie die angel met jou vingers uittrek nie, want dan druk jy die gif wat in die sakkie agteraan die angel is, nog meer in jouself in. Dis beter om die angel met 'n mes of iets af te krap. Smeer Sloans aan of asyn. Of neem 'n koekie blousel, maak nat en smeer aan.