My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Byna Tuis

Het jy al op die dek van 'n stoomboot gestaan as dit nader en nader aan die hawe kom? Is dit nie een van die wonderlikste ondervindings wat 'n mens kan hê nie?

En as jy van die huis af weg was vir 'n lang tyd en jy is nou op pad terug; jy verlang om ou vriende weer te ontmoet, en jy verwag jou familie op die kaai; is die opgewondenheid nie amper te groot nie? Jy voel so bly, jy weet amper nie of jy moet lag of huil nie! Selfs wanneer die boot nog ver op die oop see is, verbeel jy jou dat elke wolk op die horison 'n deel van die land is wat jy so liefhet. Elke nou en dan roep jy uit, "Ek kan land sien!" en dan waai die wind dit weer weg. En dan - eindelik, wanneer jy in die verte werklik die vorm van verafgeleë heuwels sien, hoe klop jou hart nie in jou nie!

Dan begin seeboeie verskyn, partykeer myle van die hawe af, om die pad na die dokke aan te dui,. Elkeen wat jy verbygaan, laat jou nog net meer opgewonde voel. Dan gaan jy by 'n ligboot verby, miskien naby 'n sandbank geanker om jou te waarsku dat die water vlakker word en dat jy nie meer ver hoef te gaan nie.

As jy nader aan die dokke kom, is daar meer seeboeie op die water, party met klokkies wat lui, ander met skitterende liggies, maar almal verkondig die blye nuus dat die reis amper oor is, dat jy amper tuis is.

Jy loop na die voorste gedeelte van die boot, en daar, reg voor jou, is die helder baken by die ingang van die hawe, en agter dit die gesigte van liefdevolle vriende, die warm, vertroostende gloed bokant die stad en die opgewekte ligte langs die strand. Jy voel lus om te skreeu.

Byna tuis!

Het jy al ooit so gevoel omtrent die hemel en gewens dat jy daardie vreugde kan smaak, Jesus sien, en weer die geliefdes kan ontmoet wat gaan slaap het in die dood? En het jy al ooit gedink dat die boot wat ons daarheen neem, baie naby aan die hawe is? Die dowwe lyne van daardie heerlike land kan alreeds ver op die horison gesien word. Ons het alreeds by baie seeboeie en ligbote verbygegaan wat die weg aandui na daardie hemelse hawe. Dit sal nie meer lank duur nie of die gloed bokant die ewige stad sal gesien word.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

Voordat Jesus hemel toe weggegaan het, het Hy vir Sy dissipels gesê dat Hy weer eendag sal terugkom en almal wat Hom liefhet, na Sy heerlike koningkryk sal neem. En toe hulle hom vra wanneer Hy weer gaan terugkom, het Hy hulle van baie dinge vertel wat in die wêreld sou gebeur wat hulle sou toon dat Sy koms naby is. Daardie jare al, so lank gelede, het Hy gereël vir die waarskuwende seeboeie om daar te wees om die weg aan te dui. Naby die ingang van die hawe sou daar baie wees.

Hy het byvoorbeeld gesê dat daar oorloë sou wees en hongersnode en pestilensies en aardbewings (Mattheus 24:7); gedurende die eerste helfte van die twintigste eeu het die wêreld die grootste oorlog gehad, die grootste hongersnood, die grootste pestilensie, en een van die grootste aardbewings van alle tye. Vra Pappie maar daaromtrent.

Hy het ook gesê dat daar 'n tyd van groot moeilikheid en benoudheid oor die hele wêreld sou kom, en ons sien dit in elke land vandag, met miljoene mense dakloos en sterwend van die honger. Jesus het ook gesê dat die evangelie van die koningkryk in die hele wêreld gepreek sou word as 'n getuie vir alle nasies; dit alles word spoedig in hierdie dae gedoen.

Hy het ook baie ander waarskuwende tekens voorspel om diegene wat Hom liefhet, te vertel van Sy koms. Ons gaan al jare lank by hierdie boeie verby. As jy net mooi wil kyk, kan jy nog baie meer om jou sien. Orals flikker hulle liggies en lui hulle klokke, om aan die hele mensdom te vertel dat, soos die Bybel dit uitdruk, "die koms van die Here naby is."

Ja, ons kom nader huis toe. Spoedig sal ons Jesus in al Sy heerlikheid sien en daardie gelukkige, gelukkige land binnegaan waar siekte, pyn en dood onbekend is en trane nooit sal vloei nie.

Hoe gaan Hy ons nie welkom heet wanneer ons boot anker nie! Met watter vreugde sal Hy ons nie neem na die tuiste wat Hy vir ons voorberei het nie!

Sal jy bly wees om Hom te sien?

Hoekom vra jy Hom nie nou om jou te help voorberei dat jy gereed kan wees om Hom in daardie blye dag te ontmoet nie?

< >