Bobotie (6 Porsies)
2 dik snye bruinbrood
500ml melk (2k)
2 groot uie gekap
3 appelkoos konfyt (3t)
5ml gemmer (1t)
2 eiers
paprika (na smaak)
1kg gemaalde vleis
olie vir braai
15ml kerriepoeier (3t)
75g pitlose rosyne
1 pakkie beesstert soppoeier (69g)
2ml droeë mosterd
sout na smaak
5ml aromat (1t)
Week brood in die helfte van die melk. Braai uie in bietjie olie tot sag en goudbruin. Voeg by kerriepoeier, gemmer, appelkooskonfyt en rosyne en roer. Voeg vleis by en roer, braai deeglik. Voeg soppoeier en brood by. Klits eiers en oorblywende melk, mosterd en sout. Voeg die helfte van die mengsel by vleis. Skep in oondskottel. Gooi res van melkmengsel bo-oor. Bak ongeveeer 45 minute teen 180C. Strooi paprika oor en bedien.