Tafelberg

Posted by Paul Joubert on Tuesday, October 13, 2015 Under: Ken jy jou land?
Tafelberg kan gesien word vanaf skepe wat tot 200km van die land af is. Dit is 1,086m hoog en 3km lank, en meer as 1,470 inheemse plantspesies kom daar voor. 

Die hoogste punt is Maclear se Baken (1,086m). 

Die berge weerskante van Tafelberg staan bekend as Duiwelspiek, Leeukop en Vlaeberg (Seinheuwel). Duiwelspiek se naam kom van die legendariese rookkompetisie tussen Van Hunks en die duiwel, wat geëindig het toe Van Hunks die duiwel buskruit gegee het om te rook. Ou Niek het dit geneem, en toe in die rookwolk verdwyn. Wanneer Tafelberg se 'kleed' of die 'tafeldoek' (lae wit wolke) verskyn, sê mense: 'Ou Van Hunks en die duiwel is weer bedrywig!'

Vlaeberg is die regte naam vir Seinheuwel. Die naam verwys na die feit dat seine (veral vir skepe) al eeue lank vanaf dié heuwel gegee word. Dit was eers vure, en later is 'n kanon gebruik. Die kanon (die middagkanon) word vandag nog gebruik. Die berge agter Tafelberg staan bekend as die Gewelberge. Party mense noem dit die Twaalf Apostels, na aanleiding van die Engelse naam. 

In : Ken jy jou land? 


Tags: tafelberg  maclear se baken  duiwelspiek  leeukop  vlaeberg  seinheuwel  van hunks  middagkanon  gewelberge  twaalf apostels 
www.myvolk.co.za Logo