Swanesang

Posted by Paul Joubert on Tuesday, August 18, 2015 Under: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Iemand se swanesang. Iemand se laaste poging (Someone's swan-song)

Uit die jaar toet kom die bygeloof dat swane uitsonderlik mooi sing net voordat hulle doodgaan. Volgens die Griekse volksgeloof kondig die swaan wat aan Apollo gewy is, sy naderande dood met 'n lied aan. Plato en Aristoteles verwys al daarna, en Shakespeare noem dit ook. Daar is ook 'n ander bygeloof dat die siele van die dooies in swane beliggaam word, miskien omdat ook geglo is dat swane gestorwenes na hulle laaste rusplek vergesel. 

Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Anton F. Prinsloo
ISBN 978-1-86890-101-2


In : Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom 


Tags: afrikaanse spreekwoorde  anton f prinsloo  swanesang  griekse volksgeloof  apollo  plato  aristoteles  shakespeare 
www.myvolk.co.za Logo

Make a free website with Yola