Pluis

Posted by Paul Joubert on Thursday, September 24, 2015 Under: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom

Alles is nie pluis nie. (Daar is êrens 'n skroef los. Nederlands pluizen = gladmaak). Hy is nie pluis nie (Hy is nie by sy volle verstand nie).

Ons sal die saak uit moet pluis. Voordat binneveer-matrasse gebruik is, is 'n matras gemaak deur 'n groot sloop (met die afmetings van die bed) met klapperhaar te vul. Na 'n paar maande was die klapperhaar platgelê. Dan is die sloop oopgemaak, die klapperhaar uitgehaal en stukkie vir stukkie met die hand losgemaak (uitmekaar getrek; gepluis) en weer in die sloop gestop. 

Wat Praat jy!
Afrikaanse Idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings met verklarings
Saamgestel deur Johanna de Wet
ISBN  978-1-86919-388-1

In : Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom 


Tags: pluis  pluizen  gladmaak  klapperhaar  wat praat jy  afrikaanse idiome  johanna de wet 
www.myvolk.co.za Logo