Malverlief

Posted by Paul Joubert on Friday, September 11, 2015 Under: Afrikaans: Gedigte
ek wil ‘n baie baie
emosionele fliek
saam met jou kyk
ons beide mekaar
se trane af soen
betraand na mekaar
bly kyk, want die
tissues is te min
 
ons onsself oorgee
in die liefdestonele
se rou emosies -
en kan sien jy is
aangedaan, en jy my -
ek jou stywer in my
arms toevou, jou
in my liefde beskut
 
ek wil saam met jou
bly sit al is die movie
lankal klaar...
jy steeds tjank, omdat
tjank tjank is, ek steeds
in jou oë die mooiste
dinge bly sien, bly sê:
‘ek is so baie lief vir jou’

© EnriCus

In : Afrikaans: Gedigte 


Tags: malverlief  enricus  afrikaanse gedigte  malverlief enricus  malverlief afrikaanse gedigte  liefdesgedig in afrikaans 
www.myvolk.co.za Logo

Make a free website with Yola