Hare op sy Tande hê

Posted by Paul Joubert on Saturday, January 19, 2013 Under: Woord van die Week

HARE OP SY TANDE Hê

(Baie deursettingsvermoë en durf hê)... Die Switsers was die eerste bekende huursoldate en sou by enige leër aansluit as die besoldiging reg was. In teenstelling met hulle neutrale beeld van vandag as koekoekklokmakers was hulle kranige krygers wat gevrees is vanweë hulle onverskrokkenheid. Om hierdie beeld verter te bevorder, het hulle woeste snorre gekweek wat hulle lippe grotendeels verberg het, sodat dit gelyk het asof daar hare op hulle tande is. Dit het die vyand laat besluit dat niemand wat hare op sy tande het, nie vir die duiwel sou stuit nie.  

In : Woord van die Week 


Tags: hare op sy tande hê  baie deursettingsvermoë  woeste snorre geweek  lippe grotendeels verberg  hare op hulle tande 
www.myvolk.co.za Logo