My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Vertellers Die Groot Verhaalboek Biltong

Release Sce™ Forte

Medikasie wat die simptome van angs, depressie, ADD / ADHD, demensie en menopouse kan behandel. 'n Nie-gewoonte vormende natuurlike produk en sonder voorskrif. 
Community-verified icon


Release Sce™ Forte Agent

Vertellers Die Groot Verhaalboek

Biltong

As die langverwagte Groot Afrikaanse Woordeboek verskyn, sal ons waarskynlik sekerheid verkry oor die afleiding en die ware betekenis van die woord "biltong". Ek is bekend met wat die woordekenners daaroor te sê het, maar ek moet sê dat hul verklarings my nie heeltemal tevrede stel nie. Ek sou hulle aanspoor om  nog 'n bietjie verder te ondersoek en na te gaan of daar nie sprake kan wees van 'n verouderde verbastering nie.

Die Bonades se boekeversameling, wat taamlik volledig is, verskaf my niks wat van die minste nut is aangaande die afleiding van die woord nie. My ou tante, steunende op haar herinnering van wat haar grootjie meegedeel het, was oortuig daarvan dat dit niks anders beteken as wat dit behoort te beteken nie. "Dit spreek tog vanself, Karel," het sy altyd gesê, "dat dit soos 'n tong lyk en uit daardie gedeelte van die os gesny word wat dit my nie pas om te noem nie." 'n Preutse ou dame, maar sy het my nooit oortuig nie. Ek het nog nooit 'n biltong gesien wat soos 'n tong lyk nie nie, en biltong wat van bilvleis gemaak word,  is nie juis eersteklas nie. Dis die hasievleis wat die beste biltong maak, ofskoon ek toegee dat die groot spier wat vir biltong aanbeveel word (soos in mev. Dykman en in ons allereerste kookboek, wat in Natal gedruk is), taamlik lekker beesbiltong maak.

In Switserland het ek egte biltong aangetref. Hulle noem dit Bindenfleisch, en onder dié naam ken Larousse dit dan ook. In Mexiko het ek biltong aangetref onder die naam carne secca wat "gedroogde vleis" beteken. Later,  in Suid-Amerika, het ek dit teëgekom onder die doopnaam Tasajo. Oral in die wêreld word dit aangetref, want op die ou end is dit net maar gedroogde vleis.

Vir sulke gedroogde vleis is daar net soveel resepte as vir uiesop. Sommige eenvoudig, soos dié van Dumas (wat sy uie altyd met sy beste skeermes gekerf het), sommige hoogs ingewikkeld, soos dié van Scappi, wat knoflok, duiwelsdrek, tiemie en wie weet watter ander speserye en kruie daarby gevoeg het.

Maar net soos in die geval van uiesop, hang die smaaklikheid van biltong af van die deeglikheid van die hoofbestanddeel, die vleis. Dit maak nie saak of dit wildvleis is of die vleis van 'n mak dier nie, of jy jou biltong van 'n os of van 'n swartwitpens maak nie; as jou vleis nie eersteklas is nie, dan beteken jou biltong niks. 'n Nare voorbeeld lê voor die hand - die uitgedroogde volstruisbiltong waarmee ons hier in die Suide soms afgeskeep word en wat toeriste aanneem as 'n egte voorbeeld van ons Afrikaanse lekkerny. Ek glo nie daaraan dat ons deur strenge wetgewing al die euwels in ons gemeenskap kan uitskakel of selfs aansienlik kan beperk nie, maar in my binneste dink ek soms dat niks te sleg kan wees vir my medeburgers as wat sulke "biltong" aan die onnosele vreemdelinge afsmeer nie. Ek weet dat in die handel, net soos in die wet, die beginsel geld: "die koper moet homself beskerm". Maar ons besit sekere bates - ons wyne, ons brandewyne, ons pikkewyneiers, ons biltong. En dit is in ons eie belang om die goeie naam van hierdie produkte hoog te hou.

Dus, goeie vleis in die allereerste plaas. Vir die jagter hierdie wenk: moenie gediend wees met net weg te sny wat jy nie vir die tafel kan gebruik en dit dan op 'n toutjie langs jou tent tot biltong te laat uitdroog nie. Kies van die beste vleis. Liefs spier sonder sening: die dik spiervleis wat langs die werwels nê, wat ons die haasvleis noem. Sny al die vet daarvan af; daar is genoeg vet tussen die weefsels, en wildbiltong behoort nooit buitevet te hê nie. Vryf dit goed in met jou mengsel van sout, koljandersaad, peper, neutmuskaat, 'n ietsie salpeter en 'n bietjie asyn om nat te maak. Hang dit dan op en laat dit winddroog word. Vryf dit nog 'n keer in en hang weer op, totdat dit behoorlik droog is. Dan het jy eersteklas wildbiltong, wat jy maklik kan rasper, skaaf of in dun skyfies sny, wat jare lank goed sal bly en altyd sy geurigheid sal behou, mits jy klam lug van hom weghou. Ek weet dit is nie die gewone manier van doen nie. Die gewone jagter laat dit aan sy werkers oor om biltong te maak. Hulle sny wat hulle kry, spier en sening en wat ook al daarby is, sout dit nie altyd egalig nie, gebruik nooit speserye nie, en die biltong is heel selde met kuns gesny. Ek gee toe dat selfs biltong wat op hierdie manier gemaak is, lekker kan wees; maar in vergelyking met die wat met meer sorg gemaak is ... nou, daar is geen vergelyking nie.

Beesbiltong is heeltemal iets anders. Dit is eintlik nie iets om te rasper nie, want behoorlik gemaakte biltong is te klam om geskraap of gerasper te word. Die regte manier is om dit in dun skyfies te sny en dié dan saam met botter en lekker vars bruin brood te eet. Om hierdie soort biltong te maak, vereis geduld en kennis. Dit vereis ook 'n goeie, liefs 'n jong, vet bees, waarvan die spierweefsels nog nie taai is nie. Sodra die bees geslag is, moet die biltongmaker sy biltongvleis kies. My oudste Kaapse resep, dié van mev. Schwabe, sê: "Neem die bilspier wat na die onderbeen gaan en kies een wat omtrent so dik as jy arm is." Ek weet nie presies wat dit beduie nie. Daar is verskillende bilspiere, en ek self sou, soos reeds gesê, die dik, ronde spiere wat langsaan die ruggraat lê, verkies bo die loopspiere, van die voor- of agterbeen. Maar watter ook verkies word, bewerk dit goed. Sny dit sodat dit egaal langwerpig is, nie meer as hoogstens agt pond in gewig nie; 'n gewig van drie, vier pond is miskien die beste. Minder swaar stukke droog te gou uit. Verwyder elke stukkie sening wat te sien is versigtig. Dit is nie nodig om al die buitevet ook weg te neem nie; 'n sekere hoeveelheid vet om 'n gedeelte van die biltong is eintlik 'n aanbeveling.

As die stuk klaar gesny en effens afgedroog is, klop dit dan 'n bietjie met 'n stuk hout; dit dien om die buitenste weefsels 'n ietsie te kneus, sodat die pekel beter kan indring tussen die weefsels. Vryf in met 'n mengsel van sout, peper, salpeter, koljandersaad, neutmuskaat, foelie en 'n grypie gemaalde gemmer. My ou resepte lui: "met salpeter, sout, bruinsuiker en anys". Die bruinsuiker sou ek toegee - die anys nooit nie.

Is 'n pekel nodig? Die menings daaroor verskil. Die beste beesbiltong wat ek geëet het, was 'n pekelbiltong. Die tannie wat dit gemaak het - en sy was 'n meesteres in die kuns - het dit dae lank laat lê in 'n mengsel soos tevore beskryf, wat sy natgemaak het met brandewyn en asyn; elke dag het sy die biltong goed ingevryf; elke derde dag het sy dit 'n bietjie gepers en dan weer in die pekel gelê. Daarna het sy dit goed afgedroog, omhul met kaasdoen en in die skoorsteen gehang, waar dit amper drie maande lank gebly het. En dit was vir jou 'n biltong. Dit was van buite hard soos 'n klip, van binne so sag en teer as lamsvleis. 'n Skyfie daarvan was soos 'n geslypte robyn, rooi en deurskynend, en so pragtig egaal dat jy dit met plesier kon aanskou het selfs terwyl mond gewatertand het om dit te proe.

Laat my dit tog nog byvoeg. Van al die vleissoorte is biltongvleis miskien die maklikste verteerbaar en die beste voedsel. Ek weet nie  hoekom nie. Maar dit is 'n feit dat dun skyfies beesbiltong (en dieselfde geld vir wildbiltong wat gerasper is) so te sê wegsmelt in 'n mens se maag. Hulle word dus verteer sonder veel liggaamskrag te verbruik. Dit maak biltong, as dit eersteklas biltong is, een van die beste voedselsoorte vir siekes. Daarenteen is slegte, en veral vuil, deur vlieë bespikkelde biltong, 'n minderwaardige voedsel, en dit word nog minderwaardiger  as 'n vierde daarvan bestaan uit onverteerbare sening.

BILTONG

EUGENE N. MARAIS

Vertellers 2

Saamgestel deur Merwe Scholtz

Eerste Uitgawe

ISBN 0-7981-2853-4


Vertellers Die Groot Verhaalboek

 Vind Audio weergawe onder aan die blad.

Enkel Ouer en Kind Kamp

Enkel Ouer Kamp

R1559
Kultuur Avontuur Kamp Stapgroep Pretoria

Stapgroep (Voetslaanklub)

R150
Perdry Pretoria Om die Dam

Om-die-Dam Perderoete

R161
Ward 91 Tshwane

Onafhanklike Kandidaat (Pretoria) 

R600

Lise kyk na die profiel van sy intense, jong gesig. Na die wit kneukels op die stuurwiel. Sy onthou sy het eenkeer in die fotograwe se ateljee vir Louis hoor vertel wat hy aan 'n man wil doen wat 'n kind verkrag en vermoor het - die man se ledemate lit vir lit met 'n byl afkap en sy geslagsorgane ook. Die beslistheid waarmee hy dit gesê het en die spanning en kragdadigheid in sy liggaam het haar laat vermoed dat hy daartoe in staat is. Soos Bosman wil hy hom die reg toe-eien om oor ander mense se lewens te besluit. 

Hoekom?

Sy vermoed die antwoord. Hy dink hy is reg. Dis so eenvouding.

Ek het dit nooit geweet nie, dink sy, dis soos hierdie mense dit doen. So maklik. Louis se stem sny deur haar gedagtes. "Die donner het seker gesê dit uit liefde gedoen, maar ek sweer hy haat hulle. 'n Mens g'n dood wat jy liefhet nie, net wat jy haat."

"Abraham het sy geliefde seun Isak op die altaar vasgebind omdat hy geglo het God wil dit so hê."

"God het Isak van die offerdood gered."

"Maar later het God sy eie Seun as offer gegee. En Hy het dit uit liefde gedoen. Het Hy 'n vinger verroer om sy Seun se lyding te versag? "Miskien het Bosman gedink hy red hulle van die vernedering van armoede. Of miskien het stres 'n chemiese wanbalans in sy brein veroorsaak sodat begrippe soos 'Hierdie lewe wat maar net 'n gestadigde dood is' en ''n gejaag na wind' soos 'n deuntjie in sy kop bly draai het. 'n Deuntjie wat alle rasionele gedagtes verdring het. Of anders kon hy nie die gedagtes verdra dat sy vrou en kinders 'n lewe van hul eie kon hê nie.

"Maar wat weet ons eintlik van dié mense, Louis? Buiten die bloedspore het hulle niks weggegee wat hulle anders maak as hul bure nie."

Louis kyk vlugtig-nuuskierig na haar voor hy weer na die pad kyk. "Dit klink of jy weet van dié mense. Navorsing gedoen?"

Lise kan nie baie van daardie nag onthou nie. Was dit met Sharpeville? Daarna? Maar wat sy helder onthou, is dat sy so nat was van die sweet asof sy pas uit 'n bad water geklim het. Sy was bewus van elke gespanne spier in haar liggaam en haar keel het haar gewurg. 

Sy het lê en luister. Lê en wag vir die geluid van die opstand. Want wanneer die hordes swartes kom, moes sy reg wees. Reg wees om die venster met 'n stoel stukkend te slaan en uit te spring in die pangaswaaiende massa. Miskien is daar vir haar genade. Miskien is die swartes se haat nie so fel soos haar ouers en onderwysers haar vertel nie. Maar as sy haar misgis het, as sy ewe seker van hulle haat gaan ontkom as van haar pa se liefde, dan sal sy haar berus. Maar sy sal moet spring, want sy is baie banger vir haar pa se liefde as vir die swartes se haat. Haar pa sal haar nooit laat wegkom nie. Daarvoor is hy te lief vir haar. 

Corlia Fourie

Honderd Jaar van Afrikaanse Kortverhale

Saamgestel deur Abraham H. De Vries

Vyfde Hersiene Uitgawe

ISBN 0-7981-3569-7                              

Vertellers Die Groot Verhaalboek

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519
< >