
- 'n Knippie kaneel verleen 'n pikante smaak aan kakao.
- As jy toffie lekkers of fudge maak, giet die warm mengsel in plastiek ysbakkies wat vooraf met margarien gesmeer is.
- Nadat dit gestol het, het jy dieselfde hap grootte blokkies!
- Bedek die bak van n kombuis skaal met kleefplastiek voordat jy die bestandele daarop weeg. Die bak bly skoon en jy hoef dit nie te was nie!
- Draai 'n pypskoonmaker om 'n sousbottel se nek. Dit sal verhinder dat die sous teen die bottel afloop en die tafeldoek vlek.
- Draai kosse wat gestoor moet word baie styf toe in foelie & draai kosse liggies toe wat opgewarm moet word.
- Gooi 'n stukkie botter in vla - dit voorkom dat dit 'n velletjie maak.
- Gooi 'n klein bietjie koeksoda of suurlemoensap by om jellie vinniger te laat stol.
- Hou altyd 'n houer tafelsout gereed by die stoof, sou die pan met vet of olie vlam vat kan jy dit smoor deur sout daaroor te gooi.
- Hou kos vir 'n groot onthaal warm op asbesverwarmers.Verwyder die pote en plaas die verwarmers horisontaal op bakstene.
- Melk sal nie oorkook nie as 'n albaster in die melkkastrol geplaas word.
- Moenie die oorskiet wyn wat oorbly weggooi nie. Vries dit in blokkies en gebruik in disse en souse.
- Om die vet van sop af te skei, gooi die sop deur 'n doek wat goed natgemaak is in koue water.
- Om oorskiet pizza op te warm, sit dit bo-op die stoof in 'n nie-kleefbare pan en maak warm op lae hitte.
- Raak ontslae van sterk en onaangename kosreuke wat aan 'n kerfplank kleef deur dit met 'n halwe pomelo of suurlemoen te vryf en dan af te spoel.
- Voeg 'n bietjie asyn of witwyn by pannekoekdeeg om te verhoed dat dit taai word.
- Voeg 'n avokadopeer by 'n bredie net voordat u dit opskep, dit gee die bredie 'n heerlike smaak.
- Wanneer jou mond brand as gevolg van warm kosse soos kerrie eet, kan jy brood of seldery eet of drink melk -