My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 

Liedjies in Alfabetiese volgorde) 

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Paul Joubert

Alabama Studentegeselskap
Alabama Studentegeselskap

Vier studente, Barend Smith (Leier), Eskin Horn (Sekretaris), Bokkie van der Merwe (Tesourier) en Aucamp Muller kry die gedagte om 'n boereorkes op die been te bring - die jaar is 1943. Dit héét die Alabama Boereorkes. Vier-en-sestig jaar later, en die Alabama Studentegeselskap het voor nagenoeg 1,2 miljoen mense opgetree! 

Vrydagoggend, 11 Desember 2015 om 11h00 bring ek hulde aan die ongelooflike groep. 

Musiek waarmee 'n ieder en elk grootgeword het, lief geword het! Sarie Marais. Wys my die ster van Liefde, Daar kom die Alabama, Horlosie in die sak, Pollenys, Kom jy saam?, Mooifontein en Die jawoord is uit! is maar van die honderde liedjies wat ons saam gesing of geneurie het. 

Voorwaar 'n trotse Afrikaanse uitvoerproduk, wat selfs in 1985 in Taiwan in nege optredes voor ongeveer 20,000 musiekliefhebbers opgetree het. Met die omvorming van die Alabama Studentegeselskap in 2007 na Alabama Produksies, het die spoggroep teen 'n gemiddeld van 35 optredes 'n jaar, in 2240 konserte opgetree. Dit sluit 'n toer na die destyde Rhodesië en die Republiek van die Kongo in.

Hul verskyn vir die eerste op Nasionale televisie in 1976 - en doen wéér so 'n verdere twee-en-twintig keer. Die heel eerste groep het uit 'n skamele dertig lede bestaan. Die PUK-owerheid was aanvanklik taamlik skepties oor die groep en was huiwerig om amptelik erkenning aan hul te gee. 

Alle inkomstes wat destyds uit kaartjieverkope op die toer verkry is, is aan die Reddingsdaadbond geskenk. Kostuums het hoofsaaklik uit ongebleikte linne bestaan met die mans in wit broeke en hemde met wynrooi skouerbande. Die dames het voortrekkerrokke gedra. Die opbrengs uit hul heel eerste toer was nagenoeg £500.  

In 1944 verander die naam na "P.U.K. Alabama Boereorkes." Fondse wat ingesamel word is aan die PUK Boufonds geskenk vir die bou van die studentesaal, wat vandag die Totiussaal heet. In 1960 ontvang die Alabama Studentegeselskap die eerste plek vir Studente-orkeste tydens die Afrikaanse Studentebond se kongres in Heidelberg, Transvaal. In 1962 word die eerste opreette "Aggenee Bettie" op die planke gebring. 

1965 verander die naam weer; hierdie keer na die naam wat ons almal ken - Die Alabama-Studentegeselskap. 'n Aantal operettes wat self geskryf is, is met groot sukses opgevoer. Nesco du Toit het 'n leidende rol in die skep van die operettes gespeel. In 1967 is die huidige revue-styl onder leiding van die eertydse musiekregisseur, Johan van Rensburg, begin. Hy is vandag die ere-president van Alabama.  

Louis Drummond (Johan se broer) het hom in 1973 as musiekregisseur opgevolg. In 1980 het Jans Jonker die leisels oorgeneem. Pieter de Bruin het in 1988 die leisels by Jans Jonker oorgeneem. 

Aan die begin van 1986 is weggedoen met die orkes en is daar oorgeslaan na begeleidingsbande. Die laaste revue-program (na 40 jaar van revue) word aangebied in 2007 voor sy omvorming na 'Alabama-Produksies.'

Volgens die Beeld van Saterdag, 22 April 2006, verduidelik Pieter de Bruin, musiekregisseur van die Alabama, met 'n vonkel in sy oog dat die revue-styl "outyds geword het" en hulle daarom 'n nuwe rigting ingeslaan het. "Waar die Alabama aanvanklik eers uitgestaan het met die revue, het almal dit begin doen, want dit is 'n lekker ding vir skole om aan te vang." Van Rensbrug het tydens die Alabama se jaarlikse oefenkamp ook sy opgewondenheid uitgespreek oor die nuwe rigting en gesê dat die groep besig is met baanbrekerswerk.

'n Ander faktor wat die verandering te weeg gebring het, was die studente. "Hulle het begin sê dat dit nie meer heeltemal hulle scene is nie. Hulle wil iets meer komteporêr doen." 

Ekonomiese oorwegings het ook 'n groot rol gespeel. "Dit is vreeslik duur om 'n volledige stel op te rig. Dit kos R90,000 vir so 'n stel." Na klein veranderings die laaste twee jaar om die water te toets, het hulle toe besluit om heeltemal te verander, maar die mooi goed, soos die studentesprankel, te behou.  

Op 17 en 18 Augustus 2007 tree die Alabama geselskap in Potchefstroom op die verhoog om hul tuisstad se gehoor te betower. Na 63 jaar in die vermaaklikheidsbedryf doen die Alabama-studentegeselskap dit steeds met hul onblusbare lus vir die lewe en die splinternuwe produksie, Tutti Frutti, is geen uitsondering op die verlede se sukses nie.

“Ons bereik vanjaar 'n besonderse mylpaal in ons geskiedenis, asook in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Geen ander Suid-Afrikaanse kunstenaar bestaan al so lank soos Alabama nie, en ons het werklik ons bestaansreg verdien oor die jare,” sê Glenn Cunniff, projekbestuurder van Alabama. 

Volgens Pieter de Bruin, musiekregisseur, het hulle besluit om die liedjiekeuse vir vanjaar se produksie so wyd as moontlik te maak ten einde aanklank te vind by Alabama se groeiende gehore. “Kom kies jou “favourite favourite” uit die Tutti Frutti-pakkie - jy sal dit hier kry! “ Alabama bring vanjaar hulde aan die Crooners, Beatles, Creedance Clearwater Revival, die 80’s asook die lewende legendes in Afrikaanse musiek. Die keuse van musiek strek vanaf die 50’s tot en met die hede en sluit treffers in soos Jou hart is weer myne, The wonder of you, Bella Bella Signorina, She loves you, I heard it through the grapevine, Wake me up before you gogo, Hemel op Tafelberg en Kyk hoe lyk ons nou.

Tans bied Alabama-Produksies elke 2de jaar 'n groot musiekblyspel / musikale produksie op kampus aan onder die Alabama-handelsmerk, om steeds vir studente die geleentheid te gee om hulle talente op die uitvoerende kunstegebied te kan uitleef. Dit sluit in, onder andere 'Back to the 80's - the totally awesome musical', Persreën - die musiek van Johannes Kerkorrel, 'Grease' - the musical en 'Breaking up is hard to do.  

Tot op hede het die Alabama naam al reeds 31 langspelers, 1 kortspeler, 17 laserskywe en dubbel laserskyf uitgegee. Die Alabama-Studentegeselskap ontvang in 1969 die Mini-Sarie toekenning van die destydse Springbok-radio. Van hul snitte is ook al ingesluit by die jaarlikse 'Afrikaanse Treffers' laserskyf.   

Die Lewenslied

Disk 1:

1. Dorstyd
2. Radetsky MarsDie Ou Kraalliedjie
3. Born Free
4. Seventy-Six Trombones
5. Tritch Tratch Polka
6. Jy Is My LieflingDie Mannetjie
7. Chim Chim Cheree
8. Die Brug Op Ons Plaas
9. Chitty Chitty Bang Bang
10. Das Ist Die Liebe Der Matrosen
11. Wandrin' Star
12. This Ol' Riverboat
13. Mooifontein
14. Die Drinklied
15. Keurspel: Horlosie In Die Sak
16. Aangename Kennis
17. Love Story
18. Anything You Can Do
19. Somersdag
20. Ben
21. Dink Jy Darem Nog Aan My?
22. Sing
23. Harmony
24. Hoe Lyk Dit Meisie?
25. Daar's 'n Tyd In Jou Lewe
26. Slaaptyd

Disk 2

1. Kom Jy Saam?
2. Studentetyd
3. Lied Van Die Boland
4. Droomliedjie
5. Ons Professor Is Verlief
6. Nuwejaar
7. Waterblommetjies
8. Ipi Tombi
9. Korbosha
10. Ek Is 'n Bok Vir Liefde
11. Groot Meneer
12. Die Dag Is So Skoon
13. Môre Môre
14. Ek Sien 'n Ster
15. Early In The Morning
16. In Die Môre Sonskyn
17. Vrydagaande
18. Home On The Range
19. Soos My Skadu
20. Maak Musiek In Die Môre
21. Op Ons Musikante!
22. Die Sneeukoningin
23. Onder My Kêrel Se Reënsambreel
24. Somewhere My Love
25. Vergeet Om My Te Vergeet

Kinetic

1. Turn The Beat Around
2. Victoriabaai (Lucas Maree)
3. Bring It All Back To You
4. Die Mense Wat Ek Lief Het
5. Dream A Little Dream
6. Seize The Day
7. Stille Waters
8. That's The Way
9. Yster
10. Saltwater
11. Choo Choo Ch'Boogie
12. Volgende Winter (Jannie du Toit)
13. When You Believe
14. We Are The World

Quantum

1. Music & Sing
2. Meisie Van My Drome
3. Ek Wil Vir Jou
4. Hit The Road Jack
5. Vat Nou 'n Kans
6. Friends
7. '63 Plymouth
8. Reënjaar
9. Master Of The House
10. Dagbreek
11. Skipskop
12. River Of Dreams
13. Granada
14. Blikkiesdorp Se Meisie
15. Hoog Bo Die Wolke
16. Running On Faith
17. Let The River Run
18. I Dreamed A Dream
19. The Way Old Friends Do
20. Let The River Run 

Resolusies

Kant Een:

1. Koop Die Tyd Die
2. Straatmusikant
3. Let Me Light Up Your Dream
4. Kierangtjies
5. Hier By My
6. Breaking Out Of My World
Kant Twee: 
1. Hierdie Aand
2. Resolusie
3. Let The River Run
4. Nagvlug
5. Die Houtgeweer
6. Friends 

Revue '75

Kant/side A:
1. Wys My Die Ster Van Liefde
2. It's A Small World 
3. Hoor Hoe Die Snare
4. Harmony 
5. Till There Was You
6. Wie Die Tyd Vergeet
7. Vaarwel Potchefstroom
Kant/side B:
1. It's Not Where You Start
2. Keurspel: Jy Met Die Rooi Das / Haai Bruinoognooi
3. Seesaw 
6. Gee My Tog 'n Glimlag
7. Dom-pah-pah
8. Wells Fargo Wagon

Seisoene In Sang

Kant Een:
1. Onder My Kêrel Se Reënsambreel
2. Lieflike Lentedag
3. Winterure
4. Lentekoring
5. Simon
6. Autumn Leaves
7. Die Sneeukoningin (Soliste: Karin Hougaard)
Kant Twee: 
1. Gee My Sonskyn
2. Der Sommer Fur Uns Beide (Soliste: Heidi van Gass)
3. Snowbird
4. As Die Suidoos Waai
5. Vergeet Om My Te Vergeet
6. Somewhere My Love
7. Hoe Kies Ek Haar?

Revue '81

Kant 1:
1. In Die Môresonskyn
2. Vir Oulaas (Lirieke, Tientjie de Villiers)
3. Kleur (Verwerking, Jan Jonker)
4. Katryn Katryntjie
5. Vrydagaande (Lirieke, Tientjie de Villiers)
6. Home On The Range
7. Soos My Skadu
Kant 2: 
1. Maak Musiek In Die Môre
2. Latyns-Amerikaanse Keurspel
3. Somerson En Sand
4. Ring De Banjo
5. Teritomba
6. Op Ons Musikante!

Sê Dit Met 'n Lied

- Onder leiding van Jans Jonker - 

Kant Een:
1. Die Dag Is So Skoon
2. 'n Kleurspel Van die Musiek Uit Die Oorlog: Siegfried LineLong, Long Trail A-windingOh, How I Hate To Get Up In The MorningK-K-K-Katy
3. Môre, Môre (Leef Vir Vandag)
4. Good Morning Starshine
5. Groen Is Die Land Van Natal
6. Ek Sien 'n Ster 

Suid-Afrika Sing Saam

Kant Een:
1. Nuwejaar
2. Na Die Braai
3. Waterblommetjies
4. Hola Hopsasa
5. Keurspel: Aber Bitte Mit SaneDas Letzte WanderliedHumba TätäräDas Wasser Van RheinZeig Mir Den PlatzEin Prosit
6. De Silveren Vloot
7. Summer Nights
Kant Twee:
1. Ipi Tombi
2. Korbosha
3. Bayeza
4. Sesiya Hamba
5. Ta' Mossie Se Sakkie Sakkie Boeredans
6. Ek Is 'n Bok Vir Liefde
7. Groot Meneer
8. Hoeka Toeka
9. Dit Is Myne

Revue '76

Kant Een:
1. Hoe Lyk Dit Meneer?
2. Mooi Is Die Lewe Nou
3. Daar's 'n Tyd In Jou Lewe
4. Sleeptyd
5. Ons Professor Verlief
6. Dis Weer Die Tyd Van Die Jaar
7. Studentelied
Kant Twee: 
1. Keurspel: SchutzenlieselRatatatataKarnavalOns Is SiekDis Weer Die Tyd Van Die JaarDie Goue Dae
2. Lied Van Die Boland
3. Tussen Die Pale
4. Droomliedjie
5. Gooi Haar Met Stoker
6. T.S.O.P.

Revue '74

Kant Een:
1. Say Has Anybody Seen My Sweet Gypsey Rose?
2. Lieflike Droom
3. Schöne Droom
4. Top Of The World
5. Hongaarse Rapsodie
Kant Twee: 
1. Ich Fang Fur Euch Den Sonnenschein
2. Sing
3. Komm Gib Mir Deine Hand
4. Die Wilgerboom Van Potchefstroom
5. There's No Business Like Show Business

Die Liefde Is So Mooi

Kant Een 
1. Somersdag
2. Dink Jy Darem Nog Aan My?
3. Ben (Sharf, Black) 
4. Ai, Meisie, Meisie (J. de Wet
5. The Love In Your Eyes
6. Liefling
Kant Twee
1. Die Liefde Is So Mooi
2. Wat Maak Oom Kalie Daar?
3. Feed The Birds
4. In 'n Persiese Mark
5. The Gnu Song
6. Oklahoma

Die Beste Van

Kant Een:
1. Mooifontein
2. Keurspel: Die Jawoord Is UitJy, Jy Is My Klein HartediefKom Dans KlaradynSy's 'n Perskeblom
3. Ek Is 'n Liewe Meisiekind
4. Kêrels, Kêrels
5. Retoriese Vraag
6. To Life (L'Chaim)
Kant Twee: 
1. Aangename Kennis
2. Pollenys
3. Die Drinklied
4. Horlosie In Die Sak
5. Oom Jakkals
6. Bimbambula
7. Love Story
8. Seventy-Six Trombones

Revue '72

Kant Een:
1. Aangename Kennis (Johan van Rensburg)
2. Kalwerliefde
.... Droomverlore (J. EdmondG. Esaul);
.... Roe Koekoe (Herman Nell);
.... Ek Smaak Vir Sannie (H. Lauder, Grafton);
.... Sal Jy My Nooi Wees? (Johan van Rensburg)
3. Where's The Playground Suzie? (J. Webb)
4. Keurspel uit "Aggenee Bettie":
.... Die Wawieldans;
.... 'n Sirkel Beginloos En Eindloos;
.... Aggenee Bettie (Nesco du Toit)
5. I Remember It Well (Solo: Engela Malherbe, Philip Naudé) (Lerner And Loewe)
6. Retoriese Vraag (Grové, Osler)
7. Fill The World With Love (Solo: Philip Naudé) (Bircusse)
Kant Twee: 
1. Ek Is 'n Bruidjie Vandag (Johan van Rensburg)
2. Love Story (F. Lai, C. Sigman)
3. Anything You Can Do (Solo: Rina Hugo; Philip Naudé) (Irving Berlin)
4. Herrinneringe In E Mineur (Grové, Osler)
5. It Was A Very Good Year (E. Drake)
6. Thank You Very Much (Bircusse)

Revue '71

Kant Een:
1. Mooifontein
2. Die Dae Toe Ons Nog Kinders Was
3. Fyn Soos 'n Vlinder
4. Adele Se Laglied uit "Die Fledermaus"
5. Ons Gaan Trou, Ek Met Jou
6. Horlosie In Die SakOom Jakkals
7. Mali, Die Slaaf, Se Lied
Kant Twee: 
1. Ek Is 'n Noointjie Onskuldig
2. Die Drinklied
3. Bimbambula
4. Kêrels, Kêrels
5. Kokkewiete
6. Suid-Afrika
7. Blaartjie Blaartjie Sê My Gou
8. Concerto