A.T.K.V Afrikaanse Taal en Kultuur Vereniging
Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) is 'n vereniging wat daarna streef om die Afrikaanse taal en kultuur te bevorder. Die ATKV is in 1930 in Kaapstad gestig. Die ATKV het ongeveer 70,000 hooflede en bedryf ongeveer 30 kultuurprojekte per jaar wat bykans 55,000 inskrywings genereer en meer as 220,000 mense regstreeks betrek. Die ATKV publiseer die tydskrif Taalgenoot. Die ATKV publiseer die tydskrif Die Taalgenoot.
F.A.K Federasie vir Afrikaanse Kultuur Verenigings
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (afgekort FAK) is 'n artikel 21-maatskappy sonder winsbejag wat in Desember 1929 gestig is om die landwye koordinering van Afrikaner-kultuur organisasies te behartig. Hulle lede bestaan nie net uit nasionale en provinsiale Afrikaanse organisasies nie, maar het ook individuele lede. Die FAK stel homself ten doel om die belange van Afrikaners en die Afrikaanse-wêreld.
Die Afrikaanse Taalraad
Die Afrikaanse Taalraad beywer hom om in samewerking met sy lidorganisasies Afrikaans te bevorder en te beskerm en om al die sprekers en gebruikers van Afrikaans te bemagtig. Die Taalraad handhaaf die hoogste standaarde met betrekking tot die bemagtiging van die Afrikaanse taalgemeenskap en die bevordering en beskerming van Afrikaans. Die Afrikaanse Taalraad is op 24 Mei 2008 in Wellington gestig.
P.R.A.A.G Pro-Afrikaanse Aksiegroep
Die Pro-Afrikaanse Aksie Groep (PRAAG). Dit is 'n aktuele webwerf onder uitgawe van Dan Roodt en onder redaksie van Karin Roodt. Verskeie joernaliste skryf artikels en lewer insette vir die webtuiste, onder andere Gustav Venter (sportredakteur) en André Olivier (motors).
V.I.V.A Die Virtuele Instituut vir Afrikaans
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans, kortom VivA, is die erkende virtuele instituut wat die beskrywing en bestudering van Afrikaansdaarstel en wat die gebruikers van die taal toegang gee tot digitale bronne, hulpmiddels en toegangskanale. VivA is 'n maatskappy sonder winsbejag wat soortgelyk is aan die Meertens Instituut in Amsterdam, Nederland. Die Akademie het ook 'n samewerkingsooreenkoms met die Meertens Instituut onderteken om kennis uit te ruil.
S.B.A Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans
Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) is 'n nie-winsgewende organisasie. Hulle streef daarna dat elke spreker van Afrikaans 'n funksionele en selfstandige bestaan kan voer. Een van hulle projekte is die stigting van 'n Vrye Afrikaanse Universiteit. (VAU).
Die Landsdiens Beweging
Landsdiens is ’n omgewingsgerigte jeugbeweging. Dit streef daarna om die jeug vaardig te maak in die hantering en bewaring van die omgewing in sy totaliteit. Om dié doel te bereik word van opvoedkundige omgewingsgerigte aktiwiteite en tegnieke gebruik gemaak.
Wapadrand Dansgroep
Die Wapadrand Boeredansgroep, wat al sedert November 2004 bestaan, beoefen en vertoon graag Boeredanse en Danette Smith, die groepleier, se ideaal vir die groep is steeds om die Afrikaner se danskultuur te vertoon en uit te bou. Hulle tree op voor toeriste wat Suid-Afrika besoek, asook op uitnodiging by plaaslike geleentheid.
?
9