"Liewe Jesus," het Danie begin, "baie dankie dat U my hierheen gebring het. Baie dankie vir die lekker bed en al die lekker kos. Seën die goeie mense wat vir hierdie hospitaal sorg. Seën die verpleegsters. Seën al die siek kindertjies hier en maak hulle gesond. Seën my en maak my 'n soet kind. Seën my en-en-en-en-"
"Bid verder", het die verpleegster gefluister.
"Maak my soos Fry se kakao-" het Danie voortgegaan.
"Danie!" het die verpleegster verbaas gefluister.
"Maak my soos Fry se kakao," het Danie voortgegaan, skynbaar sonder om iets te hoor, "absoluut suiwer, sodat daar niks sal wees wat sleg is nie. Om Jesus ontwil. Amen."
Wat 'n mooi gebed was dit nie! So onskuldig en opreg. Ek is seker daar was engele om alles te hoor.
Dit is 'n gebed wat julle en ek ook moet bid, nie waar nie? Want Jesus wil ons so hê - "absoluut suiwer" - of soos die apostel Paulus sê, "Sonder vlek of rimpel of iets dergeliks." Efe. 5:27. Hy wil hê ons moet geheel en al suiwer wees, sonder iets slegs êrens in ons, en met al die slegte dinge verwyder.
Wil jy graag so wees? Ek is seker jy wil. Bid dan Danie se gebedjie vanaand en Jesus sal jou so maak. Sê dit dan nie in Sy Heilige Woord nie dat "as ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reining?" 1 Jon. 1:9