# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

 
 
SA Topsites ::

Worsies met Spek

Neem klein Weense of snoepworsies. Sny die worsies in die lengte oop, maar moenie dwarsdeur sny nie. Smeer die binnekant met 'n bietjie aangemaakte mosterd en plaas 'n langwerpige repie kaas daarin. Rol dit toe in 'n repie spekvleis. Steek dit met 'n peuselstokkie vas. Sprinkel droë wit wyn oor. Plaas op 'n rooster. Rooster dit 'n paar minute lank onder die roosterelement. Moenie dit naby die element plaas nie, anders word die kaas nie goed warm nie.