# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

 
SA Topsites ::

Wolf, Wolf hoe laat is dit?

Die wolf word deur midel van 'n uittelrympie gekies. Wolf gaan stap om kos te soek en die skape (die ander spelers) drentel hand-aan-hand agter hom aan. Die skape vra kort-kort vir wolf: "Wolf, Wolf, hoe laat is dit?" Dan antwoord die wolf deur 'n sekere uur van die dag te noem, byvoorbeeld drie-uur, sesuur ensovoorts. 
Die wolf stap al stadiger, en die skape raak al meer gespanne en op hulle hoede. As hulle weer vra: "Wolf, Wolf hoe laat is dit?", roep hy skielik: "Etenstyd!" Dan vlieg hy om en probeer om vir hom 'n skaap te vang. Die skape wat gevang is, verander in wolwe en moet die wolf help om die ander skape te vang. Hierdie speletjie word deur die kinders van alle bevolkingsgroepe in Suid-Afrika gespeel.