# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Wiskunde Klasse vir Zuma

South Africa's economy remains largely in the hands of "white males", 18 years after the end of apartheid, President Jacob Zuma said. Dit was die woorde van ons Staatspresident in ’n toespraak gelewer op 26 Junie 2012.

Wel, Meneer die President, jou raadgewers is verkeerd: jy weet dit, ek weet dit. Fondse na die Staatskoffers (die begroting) het vanaf die 2007 boekjaar tot die 2012 boekjaar meer as verdubbel. Van 'n skamele R475 biljoen Rand besteebare inkomste vir die Regering in 2007, het hierdie bedrag gestyg na R1,006 triljoen  vir 2012.

Mnr. Trevor Manuel, vat vir jou 'n bonus. Jy het jou werk gedoen. Mnr. Pravin Gordon, vat vir jou 'n bonus. Jy het jou werk gedoen.  

Hierdie bedrag verteenwoordig 29.4 van die Regering se bydrae tot die ekonomie vir 2012. Volgens 'n studie deur Trevor Chandler en Vennote in Oktober 2011, is 54% van aandele op die JSE beskikbaar vir Suid-Afrikaanse beleggers. Van die oorblywende 46%, word 33% deur buitelanders besit, 11% is "cross-held" aandele en 2% behoort aan die Regering (die ANC). Van die 54% van aandele wat behoort aan Suid-Afrikaners, word 28% deur swartes besit en 72% deur blankes. Die 72% "wit beheerde" aandele, verteenwoordig dus slegs 3.4% van ons Nasionale ekonomie in 2012. 

“The 2007 Budget reflects South Africa’s maturing policy environment. We can increasingly focus on building for the future, even as we increase the quantity and quality of spending to meet present needs. Today we have the resources to tackle many of the most urgent issues of concern to all South Africans – and crucially, we can begin to address the long-term requirements of a prosperous and growing country.” Meneer Die President, dit was die woorde van Lesetja Kganyago, Direkteur-generaal: Nasionale Tesourie, tydens die voorlegging van die 2007 Begrotingsrede. Dit is slegs maande voordat u beheer oorgeneem het by die ANC op 18 Desember 2007.

Daar word verder beraam dat klein en medium besighede (SME’s) nagenoeg 35% van die 2012 ekonomie sal beïnvloed. Hierdie segment bestaan uit nagenoeg 2 miljoen besighede, waarvan 80% tans aan “agtergeblewe” swart eienaars behoort. 8% van besighede (SOE’s) behoort aan die staat.

Buitelandse belange is nagenoeg 10% deur middel van Multi-Nasionale besighede. As ons dan die volle prentjie uiteenlê, dan lyk dit volgens my beramings soos volg:

                                                JSE                SME’s            STAAT          Totale RSA Ekonomie

                       

Blankes                                 7.5%               25.0%             0.0%               32.0%

 

Buiteland                               7.0%               10.0%             0.0%               17.0%

 

Swartes                                 3.6%               10.0%             37.4%             51.0.%

 

Soos u eie raadgewer, Mnr. Kganyago sê Meneer Die President. Die “resources” is daar. R1,006 Triljoen daarvan. Fondse in die hande van die regerende party en NIE in die hande van wit bestuurders nie. 

Dit is "heel waarskynlik" dat R500miljoen wat vir handboeke en skryfbehoeftes by honderde Oos-Kaapse skole bestem was, "weg" is. 'n Reuse forensiese oudit word nou deur PricewaterhouseCoopers in elkeen van die 23 skooldistrikte gedoen. Mnr. Loyiso Pulumani, departementele woordvoerder het gesê: "Die totale begroting vir die boekjaar vir Artikel 21 skole se handboeke en skryfbehoeftes was R700miljoen, maar volgens boekverkopers en uitgewers is slegs R200miljoen se bestellings beplaas".

'n Spesiale verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) skets hoe amptenare van die departement vir grootskaalse korrupsie in die departement gesorg het. Bewerings van wanadministrasie, wanbestuur en onwettige optrede met die toestaan van grondtoelaes word ondersoek.  Volgens sy tussentydse ondersoekverslag fokus die SOE in hierdie fase op 36 verskillende sake, wat almal verband hou met geld wat in die vorm van grontoelaes uitbetaal is. Die vermeende bedrog het glo vanaf 1 Januarie 2006 tot 18 Februarie 2011 plaasgevind.  "Die totale waarde van toelaes wat ondersoek word, is R495miljoen", lui die verslag. Die ondersoeke van die SOE het gelei tot die inhegtenisneming van vier amptenare en 'n sakeman in Kwazulu-Ntal. Al vier amptenare het borgtog.  

Korrupsie is die elite se manier om van die armes te steel, het Cosatu se algemene sekretaris, Zwelinzima Vavi, Donderdag in Johannesburg gesê. "Dit het 'n kwessie van lewe en dood geword. Korrupsie is die grootste bedreiging vir die realisering van ons drome". het hy by 'n teenkorrupsieberaad gesê. "Selfverryking sal ons van die regte pad af stoot." Vavi het gesê tot 20% van die Regering se inkomste gaan weens korrupsie verlore, met amptenare wat gapings in die stelsel uitbuit om regeringstenders te bekom. 

En daar is die probleem in 'n neutedop. Korrupsie deur u amptenare is besig om hierdie land te verlam.

wiskunde klasse vir zuma, spotprent beediging van amptenare
wiskunde klasse vir zuma, spotprent, afrikaanse spotprent, begroting spotprent
afrikaanse spotprent, spotprente in afrikaans, seekat spotprent, wiskunde klasse vir zuma