# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Witkop Blokhuis Besoek 

Tydens die Anglo-Boereoorlog van 1899 - 1902, het die Britse magte ongeveer 441 sement blokhuise gebou. Die Witkop Blokhuis is te vinde op die R59 tussen Vereeniging en Meyerton. Dit was gebou op 'n koppie - dieselfde koppie en omliggende dele wat dit moes beskerm.  Hierdie blokhuise het 'n kritiese rol gespeel om spoorlyne en brûe te beskerm sodat Britse goedere na en van die oorlogsveld vervoer kon word, in opdrag van die Britse Opperbevelhebber, Veldmaarskalk Lord Roberts in 1900.

 Dit was twee verdiepings hoog, met 'n deurstruktuur op die tweede vloer - slegs bereikbaar deur met 'n leer op te klim. Verder het die Kakies sandsakke om die beskutting gepak en ook 'n loopgraaf om die blokhuis gegrawe.  Hakiesdraad is ook reg om die 8 x 8 meter beskutting gedraai, om die Boere te verhoed om toegang tot die blokhuis te verkry.

Die Britse troepe het op verskeie maniere gekommunikeer; telegraaf, seinvlae, heliograaf spieëls en lanterns, sou die Boere die telefoonlyne beskadig of opblaas.

 Die hakiesdraad het van een blokhuis na die ander gestrek - teen die einde van die oorlog was die blokhuise (van sement én van die ander) slegs tussen 600 en 1000 meter uitmekaar. Die Witkop Blokhuis staan as enigste oorblywende brandwag van die 'Rice' patroon Blokhuis langs die spoorlyn tussen Wolwehoek en Irene. Elke Blokhuis was binne bereik van geweervuur - wat die are tussen elke blokhuis 'n "killing zone" gemaak het.

 Teen Mei 1902 was nagenoeg 50,000 Britse troepe en 16,000 Afrikaanse swartes in hierdie blokhuise ontplooi, gerugsteun deur ruitery, infanterie en gepantserde treine.

Twee basiese patrone is gebruik, alhoewel die boukundige ontwerp wyd van mekaar verskil het. Generaal-Majoor wood het die eerste ontwerp - 'n gestandardiseerde sement blokhuis, gebou uit klip en sement. Toegerus met water, kos en ammunisie, het die bemanning van ongeveer 30 Infanterie personeel die blokhuis beset. Die Wood-tipe blokhuis was geplaas sodat die bemanning brûe, water voorraad en spoorlyne kon verdedig. Elke blokhuis het tussen £800 en £1000 gekos om te bou en het die ingenieurs, troepe en swart arbeiders ongeveer ses weke geneem om te bou.

Teen 31 Desember 1900, is 441 van hierdie blokhuise opgerig, wat die vorige 'kampplekke' vervang het.

Afrikaanse swartes wat gesneuwel het ten tyde van die oorlog naby die Blokhuis, se grafte is te vinde oos van die blokhuis. sowat 450 grafte is te bespeur. Die Britse weermag het tydens die oorlog, voer - wat nodig was om hul perde te voed - van Argentinië ingevoer. Stuifmeel van die Kosmos blom, inheems aan daardie land - het onopsetlik die land binnekom. Vandag, wanneer die Kosmos blom, is dit nog steeds 'n herinnering wat meer as honderd jaar gelede hier plaasgevind het. 

In die volgende paar maande gaan die Witkop Blokhuis - wat 'n 'Heritage site' is, verander van 'n eensame herinnering van die verlede na 'n skat vir die toekoms. Nuwe ontwikkelings om die Blokhuis is tans in aanbou. Jou toekomstige besoeke gaan 'n herinnering wees van 'n vergange era. Vir meer inligting oor die Witkop Blokhuis of die Witkop Blokhuis Trust, kontak Robert Hewer by 082 447 9248.