My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Buy Virekta Pretoria
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Wie was Jesus?

Wie was Jesus? 'n Kindjie in Bethlehem? Ja. Die seun van 'n timmerman in Nasaret? Ja. 'n Vriendelike man wat siek mense gehelp het? Ja. Jesus was dit alles en nog baie meer.

Lank voordat Jesus in hierdie wêreld gebore is as 'n kindjie in Bethlehem, het Hy in die hemel gewoon.

Om die waarheid te sê, was dit Hy wat hierdie wêreld gemaak het waarin ons lewe. Hy het die sierlike bome gemaak, die blomme, die berge, die valleie, die voëls, die diere en die visse in die see.

In die hemel het al die engele Hom liefgehad en hulle het graag Sy bevele uitgevoer. Daar het blydskap en geluk geheers.

Nou sal julle vra, as Hy dan so gelukkig in die hemel was, waarom het Hy na hierdie aarde toe gekom?

Hy het gekom omdat Hy die mense hier liefgehad het en dit het Hom baie hartseer gemaak om te sien hoe so baie seuns en dogters sondige manne en vroue geword het. Dit was 'n baie groot opoffering vir Hom om die heerlikheid van die hemel te verruil vir die droefheid van die aarde, maar Hy het dit tog gedoen omdat Hy geweet het dat daar geen ander manier was om die mense te help om beter lewens te lei en om die kindertjies te red vir Sy koninkryk nie.

Maar waarom het Hy as kindjie gekom en nie as 'n volwasse man nie?

Hy wou grootword soos alle ander seuns en dogters. Hy wou lewe soos hulle, sodat Hy beter in staat kon wees om hulle later te help.

Wel, Jesus die kindjie, het ontwikkel in 'n jong seun en later het Hy die Man van Nasaret geword wat Palestina deurreis het om goed te doen, vriendelik te wees en die siektes te genees wat na Hom toe gekom het.

Hy het die mense baie mooi lesse geleer en hulle gewys hoe om in vrede en gelukkig saam te woon. Dit was Jesus wat gesê het dat ons aan ander moet doen soos ons wil hê dat hulle aan ons moet doen.

"Julle het gehoor dat daar gesê is," het Hy gesê, "jy moet jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat. Maar Ek sê vir julle" Julle moet jul vyande liefhê, seën die wat julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat en bid vir die wat vir julle beledig en julle vervolg" (Matt. 5:43,44).

In Sy lewe het Jesus hierdie lesse uitgelewe en al die mense het Hom liefgehad. Dit wil sê, almal behalwe die paar wat jaloers was op Sy gewildheid. Hulle was die klompie goddelose mense; hulle het nie gehou van die manier waarop Jesus hul sondes bestraf het nie.

Hierdie mense het planne beraam om Hom dood te maak. Is dit nie vreeslik nie? Hier was die Seun van die Grote God van die hemel; Hy wandel onder die mense en Hy genees hulle en help hulle op allerhande maniere en tog was daar sommige wat Hom om die lewe wou bring! Kan 'n mens aan groter boosheid dink as dit?

En daardie bose mense het hul plan uitgevoer. Hulle het Jesus vals beskuldig en eindelik het hulle die Romeinse goewerneur oorreed om Hom te laat kruisig. Toe het die Romeinse soldate Hom geneem en Hom aan 'n kruis van hout gekruisig deur spykers te dryf deur Sy hande en voete, op die wreedste wyse. Die kruis het gestaan op 'n heuwel genaamd Golgota, net buitekant Jerusalem.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

Daar, aan die kruis, het Jesus gesterf van pyn en van verdriet. Nadat Hy dood was, het Sy vriende gekom, Hom van die kruis afgehaal en Hom begrawe in die rotsgraf wat behoort het aan 'n man met die naam van Josef van Arimathea.

Julle vra "Waarom het Jesus toegelaat dat bose mense Hom doodmaak?"

Hy wou aan hulle die volheid van Sy liefde toon. Hy kon die engele van die hemel geroep het om Hom te help veg teen daardie bose mense. Maar nee, as Hy hulle meer kon help deur te sterf, sou Hy gewillig sterf. Deur Sy dood het Hy die koninkryk van die hemel geopen vir almal wat in Sy Naam sou glo. Dit is wat daardie mooi teks beteken wat sê: "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê" (Joh. 3:16).

So het Jesus dan gesterf en is Hy begrawe; maar Hy het nie dood gebly nie. Op die derde dag na Sy dood het Sy dissipels na die graf gekom en hulle het dit oop en leeg gevind. 'n Klein rukkie daarna het Jesus hulle ontmoet en hulle was baie bly om te sien dat hul geliefde Meester weer lewe.

Vir veertig dae het Hy by hulle gebly en hulle vertel van die werk wat Hy wou hê dat hulle moes doen, naamlik hoe hulle na die hele wêreld moes gaan en aan almal moes vertel, manne, vroue, seuns en dogters, hoe baie Hy hulle liefhet.

En toe, eendag, terwyl Hy by Sy dissipels was naby Betanië, het Hy stadig van hulle af weggegaan; Hy het al hoër in die lug opgegaan totdat Hy daar baie hoog in die lug deur 'n wolk "voor hul oë weggeneem is".

Alhoewel Jesus teruggegaan het na die hemel, het Hy nie diegene vergeet wat Hy op die aarde agtergelaat het nie. En van daardie tyd af het Hy ook nie een van Sy kinders deur die jare vergeet nie.

Hy vrander nooit nie. Hy is gister en vandag en tot in ewigheid dieselfde. Hy het gesterf toe Hy maar nog 'n jongman was en Hy word nooit oud nie. Omdat Hy self eenmaal 'n seun was, weet Hy presies om kinders vandag in al hul versoekings te help, of hulle ryk of arm, siek of gesond is. Hy sal julle nooit in die steek laat nie. Hy is die Vriend van kinders.

< >