My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Wie sit die Blokkies Weg

"SLAAPTYD!" het moeder uitgeroep. "Sit julle blokkies weg, kinders."

"Nee! Nee! Nee!" het die kinders almal tegelyk uitgeroep.

"Ek wil nie gaan slaap nie," het Pietie die jongste, gesê. "Ek wil nog speel."

"Dis nog vroeg," het Lewies gesê, "ek is nie moeg nie."

"En ek gaan nie die blokkies wegsit nie," het Dollie gesê, "want ek het hulle nie uitgehaal nie."

"Ek het ook nie," het Lewies geantwoord.

"Ek ook nie," het Pietie van hom laat hoor.

"Maar julle kan nie gaan slaap en die eetkamer lyk so nie," het Moeder gesê. "Pappie kom netnou huis toe, en hy wil altyd alles netjies hê."

"Wel, ek gaan nie die goed wegsit nie," het Lewies gesê. Dis Dollie se werk."

"Dis nie my werk nie, Moeder. Lewies is lui; hy moet dit self doen."

"Ek kan dit nie doen nie," het Pietie met 'n sug gesê, "want ek is te moeg."

"Wel, iemand moet dit doen," het Moeder gesê. "Ek gaan julle vyf minute gee om te besluit. As die blokkies dan nog nie weggesit is nie - wel julle weet wat om te verwag. En julle weet ook dat ek altyd doen wat ek sê."

Moeder het kombuis toe gegaan en die deur agter haar toegetrek. Die drie kinders het op die vloer gesit en kyk na die blokkies. Toe gluur hulle mekaar aan. "Jy behoort hulle weg te sit," het Dollie vir Lewies gesê. "Jy is vreeslik stout."

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

"Praat jy nie van jouself nie. Ek sal dit nie doen nie," het Lewies gesê terwyl hy sy voete onder hom intrek en sy hande oor sy knieë sluit.

Stadig het die minute verby gegaan.

"Moeder gaan hier wees oor twee minute en dan gaan jy 'n pak kry," het Dollie gesê.

"Jy ook."

"Maar dis jou werk," het Dollie volgehou.

"Is nie," het Lewies geantwoord.

Dollie het na die horlosie gekyk.

"Nog een minuut," het sy gesê, "en jy weet Moeder doen altyd wat sy sê."

"Sit dan die blokkies weg."

"Ek sal nie; dis jou werk."

"Is nie; dis joune."

"Hoor hier," het Pietie die stryery onderbreek, "kom ons sit elkeen een blokkie weg; en ek sal begin; toe!"

"Dis nie 'n slegte plan nie, Piet," het Lewies gesê.

Pietie het dus die seepkissie gekry en die eerste blokkie ingesit. Dollie het met die tweede gevolg en toe Lewies. Gou-gou het hulle gekyk wie die blokkies die vinnigste kon optel. Voordat die laste minuut om was, was al die blokkies gebêre.

Toe Moeder die deur oopmaak, het hule almal geglimlag. En toe hulle die pantoffel in Moeder se regterhand sien, was hulle eers bly dat hulle betyds na Pietie se goeie raad geluister het!

< >