# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

 
SA Topsites ::

Vrot Pampoen!

Almal sit in 'n kring op die gras. Een persoon vat 'n sakdoek en hardloop om almal. Die persoon laat val dan die sakdoek agter iemand. Indien die persoon dit sien, gryp hy / sy die sakdoek en jaag die ander persoon. Indien hy / gevang word moet hy in die middel gaan sit. Indien die persoon reg rondom almal gehardloop het en by die een wie die sakdoek se plek kom gaan sit hy / sy daar en is veilig. Indien 'n persoon nie sien dat die sakdoek agter hom/haar laat val is nie en die hardloper kom weer by hom/haar moet die hardloper stop, die sakdoek optel en die ander persoon moet dan in die middel gaan sit. Die speletjie gaan aan totdat almal behalwe die hardloper in die middel is.