# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Mike: "Persoonlik dink ek die Blou Bulle het net één probleem. Maklik om uit te sort! "
Kallie: "Waaragtig Mike, so maklik soos dit nè? En wat dink jy is die oplossing?"
Mike: "Twee nuwe slotte!"
Kallie: "Waaragtig Mike? Net twee nuwe slotte?"
Mike: "Yes Kallie. Een slot vir die voorhek. En een slot vir die agterste hek." 12.07.2017

201.

Die seuntjie vra die juffrou om te help om sy skoene aan te trek. Sy probeer met 'n gedruk en getrek om die vellies aan die kind se voete te kry.

Teen die tyd wat sy by die tweede vellie kom, breek daar al 'n lagie sweet op haar voorkop uit en begin haar hare al slierte hang soos sy stoei om die vellies aan die kind se voetjies te kry.

Dis toe dat die mannetjie so tussen sy vier afwesige voortandjies sê: "Juffrou, hierie eerthte vellie ith aan die verkeerde voet."

Sy kyk en so wrintiewaar, die vellie ís aan die verkeerde voet. Die uittrek van die vellie aan die verkeerde voet gee nóg 'n gespook af. Die juffrou hou kop en begin maar weer om die vellies aan die régtevoete aan te trek, steeds met een helske gesukkel.

Amper klaar, kondig die mannetjie aan: "Juffrou hierie ith nie my vellieth nie."

Die juffrou ontplof byna, maar hou kop en sê kalm: "Hoekom het jy nie vroëer gepraat nie?"

Die gestoei begin weer om die vellies uit tetrek. Pas is die vellies uit of meneertjie sê weer: "Dith my boetie the vellieth. My ma het gesê ek moet dit vandag dra want myne is weg."

Die juffrou sluk droog, skraap al haar moed bymekaar en begin weer stoei om die vellies aan die voetjies te sit. Uiteindelik is hulle weer aan die mannetjie se voetjies.

Die mannetjie trek aan die juffrou se baadjie en vra verleë: "Juffrou,wat van my kouthe?"

Juffrou skree: "Nou waar is jou kouse??!!"

Die knapie antwoord: "Dith voor in my vellieth!"

202.

Die boer se enigste haan is dood en hy besluit om by die Kaapse mark te gaan kyk vir ‘n plaasvervanger. Daar aangekom, kry hy vir Gatiep wat ‘n haantjie te koop aanbied. “Hierdie haantjie is soos Outsurance, hy dek alles” beduie Gatiep en die boer koop hom toe. Op die plaas word haantjie by die henne ingegooi en soos Gatiep beloof het, is die haantjie vreeslik gewillig en in ‘n oogwink draf hy al die henne deur. Toe die boer weer kyk, is hy by die eende, toe by die ganse, by die kalkoene en die boer is sommer baie in sy noppies met die kopie. Maar die volgende oggend kom ou Simon by die boer en deel hom mee dat die haantjie dood lê in die veld. Hy wys na waar die aasvoëls dan ook reeds al draai. Die boer is sommer baie hartseer, en hy en Simon stap soontoe om vas te stel wat met die haantjie gebeur het. Toe hulle naby kom, lig die haantjie sy kop op en fluister “Ek’s okay. Ek wag net vir daardie aasvoëls om te land.”

203.

Tannie Bets spring in die ouetehuis se eetsaal op met haar gebalde vuis in die lug en skree: "Die man wat kan raai wat ek in my hand vashou, kan vanaand met my seks hê!"

Oom Piet skree: "n Olifant." Tannie Bets sê : "Dis naby genoeg! "

204.

Rhudolph Straueli is genooi na Aspoestertjie se bal. Hy gaan glo as ´n pampoen. Wanneer die klok middernag slaan, hoop hy om in ´n "coach" te verander.

205.

Ek het my pa (76) onlangs na ‘n winkelsentrum geneem om vir hom skoene te koop. Ons besluit toe om iets te eet in ‘n restaurant.


Ek kom toe agter dat hy staar na tiener wat langs hom sit. Die tiener het hoenderkam hare gehad in verskillende kleure – groen, rooi, oranje, en blou.
Na ‘n tyd het die tiener agtergekom hy staar so na haar.

Toe die tiener ongemaklik raak, vra sy sarkasties: “Wat is verkeerd oupa, het jy nog nooit iets wild in jou lewe gedoen nie?” Omdat ek my pa ken, sluk ek dadelik my kos sodat ek nie sal stik as hy antwoord nie, want ek het geweet dit sal ‘n goeie een wees.

In sy tipiese styl antwoord toe hy sonder om ‘n oog te knip….
“Ek het een keer dronk geword en seks met n pappegaai gehad. Nou het ek net gewonder of jy nie dalk my dogter is nie!”

206.

... dis seker van die méés tragiese nuus wat mens kan kry...

... na maande se ondersoeke... en eindelose monstertoetse... het my vrou se resultate terug gekom...

... eks verpletter...

... dit blyk dat sy allergies is vir óns honde...

... dit skeur my hart...

Vriende... familie... kennise... enige iemand met 'n goeie hart wat hulle huise kan oopstel...

Asseblief... sy is baie goed met kinders... het maar eers onlangs 40 geword en verdien 'n goeie salaris... en leer maklik...

207.

Die ou oom sit kop onderste bo op die stoep en sy Spietkop buurman sê: "Môre oom wats fout ?"
"Nee," sê hy "die antie is nie meer so in haar skik met ons seks lewe nie .. sy sê ek's useless!"
Buurman: "Ai, dalk kan ek help!" "Hoe doen oom die ding deesdae," as ek mag vra?" sê die Spietkop.
"Nee, ek klim op en jaag maar," sê die oom. "Maar als vir niks jong!"
"Nee," sê hy. "Oom moet nie jaag nie. Vat hom stadig gee 'n soentjie in die nekkie, en doen die job stadig... gooi een hou stadig links en een hou stadig regs en so gaan oom aan," sê hy! 
Die oom dink ok hy sal dit maar probeer die aand en hy begin met n soentjie in die nekkie ..gooi een hou stadig links gooi een hou stadig regs ..
Toe haak sy vrou af en sê: "Faan???, hoekom spyker jy nou soos 'n Spietkop vanaand?"

208.

Die onderwyser lyk kwaad toe hy vra: "Jannie, se nou dadelik vir my, was dit jy wat gister in my appelboom geklim het om appels te steel?"

Jannie: "Meneer ek kan nie lekker hoor hier in die agterste ry nie."

Die onnie antwoord sarkasties: "Nou maar goed. Laat ons 'n bietjie sien. Kom sit hier voor op my stoel, Dan sal ek op jou plek in die agterste ry kom sit en dan kan jy vir my iets vra."

Hulle ruil plekke en Jannie doen wat die onnie gese het.

Jannie: "Meneer, wie het gisteraand by my ma geslaap terwyl my pa nagskof gewerk het?"

Onnie: "My jinne, ou Jannie jy is reg. Hier agter kan 'n mens glad niks hoor nie...

209.

Jannie kom van die skool af en sy vinger kan nie buig nie.
Oupa sien die lot en vra: "En toe Jannie, as jou vinger nou so styf staan?"
"Nee, Oupa," sê hy, "ons was in die chemieklas en die konkoksie wat ons gemeng het, het op my vinger gekom. Nou sal dit 24 uur neem om uit my sisteem te kom.
"Jannie dink jy jy sal dit weer kan doen, ek meen om die konkoksie te meng?"
"Ja, sekerlik Oupa, hoekom?"
"Nou Janne-man, bring vir my 'n bietjie daarvan en ek gee jou R20-00."
Volgende dag kom Jannie weer van die skool af met sy konkoksie en gee vir Oupa.
Die volgende môre sê Oupa: "Hier Jannie, soos ek belowe het."
Jannie maak die koevert oop ... maar daar is R40-00 in.
"Nee, Oupa, hier is 'n fout. Hier is meer as R20-00!"
"Nee wat Jannie, dit is reg. Ouma het ook so 'n ou bydraetjie gemaak."

210.


So kort voor die runderpes in Namakawaland is daar 'n oom en antie. Hulle het kinders by dosyne. By die geboorte van die laaste een waarsku die dokter dat die antie se masjienerie nie meer so lekker is nie en dat sy bes moontlik nie nog 'n geboorte sal oorleef nie. Die oom en antie skrik, want hulle is lief vir mekaar en wil nou nie sommer moedswillig die antie laat dood nie.

Nou slaap hulle apart op sulke ysterkateltjies , maar die ongedurigheid broei in hulle. In die nag word die oom wakker en hy hoor die antie se kateltjie kraak en kreun soos sy rondrol. Na 'n rukkie is dit stil en hy kyk na haar, net om te sien dat sy hom met groot oë beloer.
"Jy kyk vir my," sê hy.
"Ja," sê sy, "ek kyk vir jou."
"Nou maar hoekom kyk jy vi my?" vra hy.
"Ek dink" sê sy. "Nou maar wat dink jy so innie laatnag?" vra hy. "Ek dink jy moet my maar die doodskoot kom gee."

211.

Trieng-Trieng...!!

Boer: "Ja, Sipho, wat gaan aan?"

Sipho: "Baas, die vark hy het by die pad gespreng toe ek ry hom raak. Nou die vark se kop sit vas by die grill en hy raas baie."

Boer: "Sipho, vat die 303 agter die sitplek en skiet hom dood, gooi hom agter op die bakkie, en bring hom saam plaas toe, ons sal dit hier uitsort. Kyk net eers of die radiator nie seergekry het nie. As daar probleme is, bel my weer en dan kom haal ek jou."

Sipho: "Okei, my Baas!"

So 10 minute later bel Sipho weer.

Boer: "Is die bakkie stukkend Sipho?"

Sipho: "Nee my baas, die bakkie is okei."

Boer: "Nou wat is die probleem Sipho?"

Sipho: "Ek wil net weet my baas, wat moet ek met die vark se motorbike en bloulig maak?"

212.

Gister toe stop die Polisie daar op my plaas. "I am here to check if you are growing any illegal drugs". Ek sê: "OK, als reg, moet net nie in daai veld daar gaan nie. Hy sê toe vir my: "I am an officer of the law and with this badge, I can go anywhere on your property I feel like! Do you understand?!!" terwyl hy sy polisie badge onder my neus rond waai.

Ek vra toe omverskoning en gaan toe maar aan met my ander take. Seker so 3 minute later hoor ek toe die man gil vir hulp en ek kyk toe op en sien hom hardloop voluit met my ou, befoeterde bul sterk op sy hakke. Ek gooi toe al my gereedskap neer hardloop na die draad toe en skreeu so hard soos wat ek kan: "JOU BADGE! WYS HOM JOU POLISIE BADGE!".

213.


'My Ma is so paniekerig!' kla die tiener. 'Eén hoesie en ek het volgens haar brongitis. 'n Bietjie hoofpyn en sy weet vir seker dat dit 'n breingewas is. Eén leuentjie en sy dink dat ek tot die politiek wil toetree.'

214.

Ingenieur was lank sonder werk. Hy besluit toe om ’n mediese kliniek te open. Buite sit hy ’n kennisgewing: “Kry jou behandeling vir R500! As jy nie gesond word nie, kry jy R1 000 terug.”

’n Plaaslike dokter dink toe dié is ’n kwaai kans om geld te maak en gaan vir “behandeling”.

Dok: “Ek het die smaak in my mond verloor.”

Ingenieur: “Verpleegster, bring asseblief medisyne van boks 22 en plaas 3 druppels in die pasiënt se mond.”

Dok: “Dit is petrol!”

Ingenieur: “Baie geluk! Jy het jou smaak teruggekry. Dit sal R500 wees.”

Die dokter is vies, maar ná ’n paar dae probeer hy om sy geld terug te kry.

Dok: “Ek het my geheue verloor. Ek kan niks onthou nie.”

Ingenieur: “Verpleegster, bring asseblief die medisyne van boks 22 en plaas 3 druppels in die pasiënt se mond.”

Dok: “Maar dit was petrol!”

Ingenieur: “Baie geluk! Jy het jou geheue teruggekry! Dit sal R500 wees.”

Die dokter is woedend, maar kom ná ’n paar dae terug en sê: “My sig het verswak.”

Ingenieur: “Wel, ek het geen medisyne daarvoor nie. Vat dié R1 000.”

Dok: “Maar daai is R500 . . .”

Ingenieur: “Baie geluk! Jy’t jou sig teruggekry! Dit sal R500 wees!

215.


‘n Bloubul ondersteuner, ‘n WP ondersteuner en ‘n Chinees sit in die kraamsaal en wag vir goeie nuus. Na ‘n paar uur kom die dokter uit en sê: “Geluk menere, al 3 is gesond gebore maar ongelukkig weens die druk in die kraamsaal is die babatjies deurmekaar gemaak, en sal julle asseblief kom en julle kinders kom uitken."

Die WP ondersteuner storm die babakamer binne en gryp onmiddelik die Chinees.

Die dokter sê “Meneer, dit is tog duidelik dat daardie nie jou kind kan wees nie.”

“Ek weet, ek weet maar, ek wil net doodseker maak ek vat nie ‘n bloubulletjie huis toe nie.”

216.

'n Groot sterk man loop in ‘n Wes-Kaapse Spar in en by die groente afdeling sê hy vir die groente assistent: “Ek wil ‘n halwe slaaikop koop.”

“Jammer meneer hier is nie halwe slaai koppe te koop nie.”

Die man gryp ‘n slaai kop en skeur dit in die helfte en loop daarmee na die betaalpunt. Daar gekom weet die Spar dame nie hoe om dit te verkoop en sê sy sal eers met die bestuurder moet praat. Sy loop na die bestuurder toe en sê: “Hier is een of ander groot dom drol wat ‘n halwe slaaikop wil koop…” en sy sien op daai oomblik die man het agter haar aangeloop en alles gehoor wat sy sopas gesê het. Sy dink vinnig en voeg by “…en hierdie vriendelike sterk meneer het aangebied om die ander helfte te koop.”

‘n Paar dae later roep die bestuurder haar nader en sê: “Ek hou van iemand wat op sy of haar voete kan dink. Ek wil jou Gauteng toe stuur vir opleiding as ‘n bestuurder.

“Gauteng toe? Net hoere en Blou Bulle kom van Gauteng af.”

Winkelbestuurder: “Jy weet seker nie maar my pragtige vrou kom van Gauteng af.”

“Wel meneer, watter posisie het jou vrou gespeel?”

217.


Iewers in die laat 1800's... of só lui die legende... kom ene Edward Longshanks met 4,000 Britse troepe Suid-Afrika toe om die Boere op te f…

... by die slagveld gekom sien hy doer in die verte op ‘n koppie staan ‘n figuur met blonde hare, kortbroek aan met ‘n kam in sy kous.

“Rooinek!” skree die Boer op die koppie. “Kom hier jou Engelse moer! I will gives you one helluva gatskop!”

Edward draai om na sy bevelvoerder en sê: “Take 20 men and deal with that Boer upstart!”

Die bevelvoerder stuur 20 man om die Boer te gaan soek.

Tien minute later staan die Boer weer op die koppie. “You! English donner! Stuur the rest of your Rooinekke. I will donner them almal op!”

Edward raak nou ietwat geïrriteerd en sê vir die bevelvoerder: “Take 100 men and kill that little guttersnipe!”

Die bevelvoerder stuur 100 man oor die koppie.

‘n Rukkie later staan die Boer so waar as wragtig weer op die randjie en skree: “Hey, you ROOINEK! I is just warming up!

Toe verloor Edward kop en stuur 400 troepe om die Boer dood te maak.

Tien minute later staan die Boer maar weer daar.

Sy klere is geskeur en sy hare staan wild.

Dis net snot, bloed en Castle.

Weer skree hy: “Is dat de best ye can do? You bloody vrot pommies!

Come on, come and have a go julle souties! Kom klap me stukkend!”

Rooi in die gesig sê Edward vir die bevelvoerder: Take the rest of the men and don’t come back untill you have killed him!”

Vyf minute later kom een van die troepe al gillende en vol bloed oor die randjie gestorm: “Your majesty!” skree hy, “It’s a trap! It's a trap!! There’s two of them!

218.


Ons land se probleme het daardie dag begin by Furniture City...toe Mev. Gupta aan Meneer Gupta sê: "Skat, ons moet 'n kabinet koop..."

219.

... stap ek vanaand perongeluk by 'n geloofsgeneesheer se diens in, en voor ek my kon kry is ek voor in die lyn...

... hy gryp my vas en vra wat is fout?...

... ek begin verduidelik dat my gehoor...

... en daar klap hy sy hande oor my ore en ruk my kop rond... en hy probeer my agteroor druk...

... ek kan dit nie verduidelik nie... maar skielik flits my laerskool judolesse deur my gedagtes...

... die volgende oomblik toe sit hy op sy gat... geskok... en vra my: "kan jy nou hoor???"...

... ek kon nog altyd hoor... ek wou sê... my gehoor lag nie meer vir my grappies nie... wat kan ek doen???...

220.

Die vrou bel haar skoonma en vra: "As die kind in sy broek gepoef het, wie moet dit skoonmaak? Die ma of die pa?"

Skoonma: "Dis gewoonlik maar die ma, jong!!"

Skoondogter: "Dan moet ma asseblief oorkom. Ma se seun het te veel gesuip, en sy broek beskyt!!"
221.

Hi Jammer om te pla, ek het n vriend wat my nou net gebel het, hy sê hy het n rukkie terug al kaartjies gekoop vir die naweek se Bulle teen die Lions game op Loftus, maar hy het skoon vergeet dis saterdag sy troudag!!!! Nou wil hy weet of enigiemand dalk belangstel om in sy plek te gaan trou?

222.

... helse ding nè...

... was nou net in 'n gewapende rooftog betrokke...

... ek's orraaait...

... effens bewerig nog...

... as ek so flussies om my kyk...

... lyk dit of ons so 300k gebuit het...

223.


2016 se Comrades is 'n spesiale mylpaal in my lewe... Dit sal die 20ste Comrades in 'n ry wees wat ek nie hardloop nie!!!

Baie dankie aan my borge: Ursula (Die koeksister tannie van die Kerk), Cadbury's, SAB, die Biltong winkel, Debonairs, Spur en al die ander eetplekke wat dit vir my moontlik gemaak het... Sonder julle sou ek dit nie kon doen nie!!!

224.


'n Vrou loop langs die rivier toe sy 'n hengelaar teekom.
Sy vra hom of hy nie dalk 'n man in 'n blou sweetpak daar sien verbykom het nie.
Ja, antwoord die hengelaar, dit was seker so vyf minute gelede.
Waarop die vrou antwoord. Dankie tog, dan kan hy seker nie ver wees nie.
Nee, nie juis nie, se die hengelaar, die stroom is nie baie sterk vandag nie...

225.


Juffrou vra vir Buksie. "Wie het die Gloeilamp uitgevind? " Buksie sê: "Ek weet nie juffrou."Juffrou sê vir Buksie: "Jy sal meer op jou Studies moet fokus. " Buksie: "Juffrou, kan ek juffrou asseblief 'n vraag vra? "Juffrou sê toe:" Ja."Buksie: "Juffrou, weet juffrou wie is Tannie Karin? "Juffrou antwoord:" Nee Buksie, hoekom? "Buksie: "Juffrou sal meer op juffrou se huwelik moet fokus!"

226.


Die ou gaan kerk toe en sê vir die priester: “Vader, ek het my vrou amper verneuk.”
Die priester sê: “Hoe verneuk jy jou vrou amper?”
Die ou verduidelik: “Wel, ek en die ander vrou was kaal, maar ons het net teen mekaar gevryf.”
Die priester kyk gewalg na hom en sê: “ ’n Gevryf is dieselfde as insit!
“Jy mag dit nooit weer doen nie. Sê vyf gebede op en sit R200 in die kollekteboks.”
Toe die priester die ou weer die volgende week sien, is hy erg beswaard.
Hy kla: “Jy het toe nie R200 in die kollekteboks gesit nie!”
Die ou kyk die priester net só en sê: “Ek het die R200-noot teen die boks gevryf. Vader het mos gesê ’n gevryf is dieselfde as insit . . .”

227.


Die Juffrou vra haar klas of hulle enige groot woorde ken.
Jannie se hand is eerste op - "Masturbasie" sê hy.
"Dis darem 'n mondvol" sê die Juffrou.
"Nee Juffrou" sê Jannie, "jy dink nou aan 'n Blowjob"...

228.


Die Spoorweg voorman word ontbied na n trein ongeluks toneel.
Hy kom daar en sien die ontspoorde trein in die mielieland.
Hy vra die treindrywer wat gebeur het.
Die trein drywer wys na die draai in die spoorlyn en sê:
"Toe ek om die draai kom sit my skoonma op die spoor!!!"
Voorman: "Toe draai jy uit?"
Trein drywer: "Nee, toe hardloop sy in die mielieland in!!!!!!"

229.


Regter: " U beweer u het u vrou uit vergeetagtigheid deur die venster op die tweede verdieping gegooi?" Beskuldige:" Ja, U Edele, ek het vergeet ons woon nie meer op die grondvloer nie."

230.


'n Seuntjie vra vir die Juffrou op sy heel eerste dag by die skool: "Juffrou, as ek Omo en Surf meng sal dit skuim maak?" Die Jjuffrou antwoord: "Natuurlik, hoe kan jy so 'n dom vraag vra; ek wonder of jy gaan slaag einde van die jaar as jy my nou al sulke dom vrae vra." Die seuntjie fluister in sy maatjie se oor en sê: "Ooo hel hier kom nonsense, my broer...hoe kan jy skuim kry sonder water...ek wonder of ons gaan slaag met dié dom Jufrou."

231.


Die Boer baklei en gaan behoorlik mal oor die werkers. Sy vrou vat hom aan die hand en lei hom na die kamer toe. "My man, nou gaan jy op jou kniee en praat jou hart uit teenoor die Here."

"Heer", begin die Boer, "Johannes het alweer die ploeg gebreek, Jonas het die koeie in die gat laat val, Andries was alweer dronk. Vader ek wil net graag weet of U hulle gaan kom haal, of moet ek hulle vir U stuur. Amen"

232.

... sien die hoërskole hier in Brakpan was vandag almal gesluit...

... om die leerlinge kans te gee om hulle kinders se eerste dag in Gr. 1 te kan meemaak...

233.


Wat is 'n koei?

 

Hierdie is 'n opstel deur 'n laerskool leerling. Ingesluit is al die spelfoute en dinge:

 

Die koei is 'n soogdier. Hy is ook 'n huisdier. 'n koei is orrals.. 'n koei het 'n baie Fein reik - jy reik hom oor die jele plaas. Agteraan die koei sit die stert. An die een Kant van die stert sit die pint van die stert wat die kwas genoem word en an die anner Kant sit die koei. Die koei gebruik die kwas om die flieje van haar weg te hou anners Val hulle innie melk. Vooran die koei sit die kop. Daar groei die hoorings. Die kop hou ook die bek vas. Tissen die stert en die kop sit die koei. Die koei is oorgetrek met 'n beesvel. Onderan die koei hang die melk. Om die melk te kry, maak jy die koei se bene vas. Die agterstes. Dan sit jy onner die koei en trek die toutjie. Dan kom die melk. As die Gras goed is, is die melk goed. As die Gras sleg is, is die melk sleg. As die donner-weer in die lug is, is die melk weg. As dit 'n ou koei is, is die melk suur. Dit is baie goedkoop om 'n koei aan te hou want jy gee hom net eenkeer kos, Dan kou hy twee maal. Die man van die koei is die OS. Dit lyk soos die koei maar daar hang net nie melk aan hom nie. Om OS te se is nie 'n vloekwoord nie. Verder weet ek niks. Behalwe dat as 'n koei baie stip na jou kyk, moet jy padgee want Dan is dit 'n bul.

 

Graad 5 Afrikaans Eksamen

234.

... stap ek gisteraand perongeluk by 'n geloofsgeneesheer se diens in, en voor ek my kon kry is ek voor in die lyn...

... hy gryp my vas en vra wat is fout?...

... ek begin verduidelik dat my gehoor...

... en daar klap hy sy hande oor my ore en ruk my kop rond... en hy probeer my agteroor druk...

... ek kan dit nie verduidelik nie... maar skielik flits my laerskool judolesse deur my gedagtes...

... die volgende oomblik toe sit hy op sy gat... geskok... en vra my: "kan jy nou hoor???"...

... ek kon nog altyd hoor... ek wou sê... my gehoor lag nie meer vir my grappies nie... wat kan ek doen???...

235.

R4,000 Beloning: Ek soek DRINGEND hulp asseblief. Die kinders het my tuinhekkie oopgelos en my MAN het uitgekom. Baie gevaarlik! en luister nie as mens hom roep nie. Hy hardloop gewoonlik weg as 'n mens hom wil vang. Hy reageer op die name "engel" , "liefie" en "skat". Bruin hare, onlangs geskeer . Hy is nie gesteriliseer nie. Moet hom asb nie voer nie, hy is op 'n spesiale dieët.....!!! As julle hom sien, sê net vir hom ek soek die TV remote. (moenie dit self probeer afneem nie)

236.

Gatiep kyk 'n natuurprogram op DSTV oor hoe die manne vis onder die ys vang. Hy besluit dis eenvoudig genoeg vir hom om self ook te try. Hy trek hom dik en warm aan, maak 'n gat in die ys, en sit op die stoeltjie en wag, lyntjie in die gat. 

Na twintig minute kom n stem uit die lug. Stem:" Daar is nie vis nie !"

Hy skuif 'n meter verder weg en probeer weer. Tien minute later praat die stem weer uit die lug.

Stem:" Daar is nie vis nie!".

Twaalf probeerslae later gooi hy tou op en kyk lugwaarts.

Gatiep:" Wie is dit wat so met my praat?".

Stem:" Die manager hier by Grand West ice rink!"

237.

My Skoonma kla alewig dat niemand haarmeer bel nie...

Toe sit ek 'n "How's My Driving" sticker op haar kar se bumper, met háár nommer op... EN nou lui haar foon ONOPHOUDELIK!

238

SMS

"Skat, ek is besig met my laaste bier en sal oor 30 minute by die huis wees. As ek nog nie daar is nie, lees die SMS weer!" Liefde, jou wonderlike man. 

239.

Klein Gammat sit een saterdag agtermiddag in Goedverwacht se parkie.

Terwyl hy so met sy voete swaaiend op die bank sit, eet hy die een sjokolade blokkie na die ander.
Oorkant hom sit 'n omie en hom dop hou.

Omie: "Jy weet seker dit is sleg vir jou gestel om so baie tjoklits te eet. Jy gaan puisies kry, en jy gaan boonop vet raak."

Klein Gammat : "My oupa het tot 102 jaar oud geleef."

Omie: "Het jou oupa ook elke dag so baie tjoklits geëet?"

Klein Gammat : "Nee, glad nie oom, maar hy het wel sy neus uit ander se sake gehou."

240.

Meraai was Maandagoggend wasgoed met 'n kort rokkie sonder a panty. Gatiep stap verby, sien haar en maak vinnig sy zip oop en gryp haar van agter. 

Toe hy klaar is hardloop hy weg. Meraai hardloop agter hom aan en skree : "Stop hom ! Keer hom !!!" 

Die mense vra : "Wat's fout ? Wat het gebeur ?"

Meraai: "Sê net vir daai man ek was elke Maandagoggend wasgoed!"

241.

Dit was onthaal-aand by die ouetehuis, en Hennie die hipnotiseur is genooi om die ou mensies te vermaak.

Hy verduidelik: "Ek gaan julle almal in 'n beswyming laat verval en julle
gaan dan presies maak soos ek sê.

Die opgewondenheid loop hoog en Hennie haal sy pragtige antieke sakhorlosie uit sy sak en begin dit heen-en-weer swaai op die verhoog.

"Hierdie horlosie is al 200 jaar in ons familie. Ek wil hê julle moet stip
na die horlosie kyk. Sien hoe dit heen-en-weer beweeg. Links en regs,
heen-en-weer, voel hoe julle julself oorgee aan die beweging,
heen-en-weer, heen-en-weer."

Die oumense raak vasgevang in die heen-en-weer beweging van die horlosie. Honderde oë volg die heen-en-weer beweging en verval in 'n beswyming totdat die horlosie per ongeluk uit Klaas se vingers glip en op die vloer stukkend val.

"K@k!" skree Hennie (terwyl hy probeer om die horlosie te vang.)

Dit het drie weke gevat om die ouetehuis weer heeltemal skoon te kry.

242.

'n Brandweerman kom eendag by die huis na werk, en sê vir sy vrou: "Jy weet, ons het 'n fantastiese sisteem by die werk. As die eerste klok lui , dan trek ons ons baadjies aan.  As die tweede klok lui, dan gly ons af by die paal.  As die derde klok lui, dan klim ons in die brandweerwa en laat wiel."

"Van nou af," sê hy, "gaan ons dinge so by die huis doen."

"As ek sê klok 1, dan trek jy al jou klere uit.  As ek sê klok 2, dan klim jy in die bed. Wanneer ek sê klok 3, dan maak ons liefde die hele aand deur."

Die volgende aand kom die brandweerman by die huis en sê: "Klok 1!" en sy vrou laat waai met haar klere. "Klok 2," en sy vrou spring in die bed. "Klok 3," en hul maak liefde.

Na so 2 minute skree sy vrou: "KLOK 4!"

"Wat die hel is klok 4?!" vra die man."

"Ek soek nog van daai brandslang," antwoord sy , "en jy is nie naby die vuur nie!"

243.

Die Ma kom by haar dogter se huis aan, en sien sy loop heeltemal kaal.

Sy vra: "Wat gaan hier aan?"

Dogter sê: "Dis die rok van liefde."

Die Ma gaan huistoe, en besluit ook om kaal te loop.

'n Ruk later kom Pa daar aan en vra: "Wat gaan hier aan?"

Ma antwoord: "Dis die rok van liefde."

Waarop Pa antwoord: "Jy kon dit darem gestryk het!!!"

244.

Die 17-jarige tiener-dogter vertel haar ma al huilende dat sy swanger is. Histeries vereis die ma dat die meisie sê wie die pa is. Sy maak al bewend 'n telefoon-oproep.

Twintig minute later trek ’n Ferrari by die erf in. ’n Ouer man in ’n Armani- pak klim uit. Hy soengroet die kind, vat haar hand en gaan sit in die voorhuis saam met die ouers.
“Dag Oom, dag Tannie,” sê hy. “Jul dogter het my van die probleem vertel. Ek sal tot die punt kom. Ek kan nie met haar trou nie vanweë my persoonlike situasie, maar ek kan dit regstel. Ek sal alle uitgawes betaal en vir jul dogter sorg vir die res van haar lewe. As dit ’n dogter is, kry sy twee ondernemings, ’n dorpshuis, ’n Villa by die see en ’n R2 miljoen-bankrekening. As dit ’n seun is, kry hy ’n paar fabrieke en R4 miljoen in die bank. Vir ’n tweeling gee ek elkeen ’n fabriek en R2 miljoen."

Hy gaan voort. “Daar is net een probleem: Wat dink julle moet ek doen as daar ’n miskraam is?”

Op dié punt breek die pa die stilte: “Dan probeer julle maar wéér, boetie!"

245.

Mike: "Persoonlik dink ek die Blou Bulle het net één probleem. Maklik om uit te sort!"
Kallie: "Waaragtig Mike, so maklik soos dit né?. En wat dink jy is die oplossing?"
Mike: "Twee nuwe slotte!"
Kallie: "Waaragtig Mike? Net twee nuwe slotte?"
Mike: "Yes Kallie. Een slot vir die voorhek. En een slot vir die agterste hek."

246.

'n Ou Oom staan in 'n trein en kyk hoe 'n pragtige, jong volborstige vrou sit en probeer borsvoed. Haar baba weier egter om te drink. Sy dreig hom: "As jy nie drink nie, gaan ek my boobie vir die oom gee." So gaan dit aan en aan. Elke keer weier die baba en weer dreig sy. Tot die oom later sy gat wip en sê: "Daai baba moet NOU sy mind opmaak, ek moes al 4 stasies terug afgeklim het."

247.

Man baie opgewonde aan sy vrou:  "Lief, lief!! die Olimpiese kondome wat ek bestel het lê by die Poskantoor. Ek gaan dit gaan haal. En om dit te vier, gebruik ek vanaand die Goue ene!"

Vrou: "Hoekom gebruik jy eerder nie die silwer een nie, dan kom jy vir 'n slag tweede?"

248.

Ou oom Jors se vrou is al jare en jare oorlede, en hy bereik 'n stadium waar hy ’n vrou se aanraking verlang.

Die tannies in die ouetehuis is egter nie te vinde vir sy toenadering nie. Op ’n dag besluit hy, al wat nou oorbly is om ’n prostituut te besoek.

Oom Jors vind toe ’n 'gesellinklub' en daar gekom, is hy kamer toe met die eerste mooi meisie wat hy sien. In die kamer trek oom Jors hom onmiddelik poedelnakendkaal uit en gooi sy klere deur die venster.

“Wat maak oom nou!?!?” wil die meisie verbaas weet.

“Meisiekind", sê oom Jors vasberade. “As ek met jou klaar is, gaan daai klere al lankal uit die mode wees.”