# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Ou oom Jors se vrou is al jare en jare oorlede, en hy bereik 'n stadium waar hy ’n vrou se aanraking verlang.

Die tannies in die ouetehuis is egter nie te vinde vir sy toenadering nie. Op ’n dag besluit hy, al wat nou oorbly is om ’n prostituut te besoek.

Oom Jors vind toe ’n 'gesellinklub' en daar gekom, is hy kamer toe met die eerste mooi meisie wat hy sien. In die kamer trek oom Jors hom onmiddelik poedelnakendkaal uit en gooi sy klere deur die venster.

“Wat maak oom nou!?!?” wil die meisie verbaas weet.

“Meisiekind", sê oom Jors vasberade. “As ek met jou klaar is, gaan daai klere al lankal uit die mode wees.”
17-08-2017

101. 

Klein Saartjie is in die tuin besig om 'n gat toe te gooi, toe hul buurman oor die heining loer. Geïnteresseerd  in wat sy doen, vra hy vriendelik: "Wat doen jy daar, Saartjie?"

"My goudvissie is dood", antwoord sy sonder om op te kyk "en ek het hom pas begrawe." Die Buurman voel toe dadelik jammer vir haar en sê: "Maar dit is darem 'n buitengewoon groot gat vir 'n kleine goudvissie, is dit nie Saartjie?"

Saartjie stamp die laaste bietjie grond vas en sê: "Dis omdat hy in jou duiwelse kat se maag is."

102.

Jannie kom by die skool en vertel sy juffrou dié storie: "Juffrou sal dit nou nie glo nie,  maar laas naweek het ons gaan visvang. Ons het 33 barbers gevang. Juffrou sal dit nou nie glo nie, maar nie één van hulle het minder as 15 kilogram geweeg nie."

Juffrou: "Jislaaik Jannie, dit was 'n enorme vangs." Die juffrou wil nou nie vir Jannie direk in sy gesig vat nie - maar wil tog aan hom wys dat hy darem baie oordryf. Sy beraam 'n plan.

Juffrou: "Jannie, jy sal my nou nie glo nie, maar daar het net so 'n verskriklike ding dié naweek met my gebeur. Ek en die kinders loop kortpad deur die veld, en die volgende oomblik grom daar 'n leeu hier reg langs ons. Jannie, jy sal dit nou nie glo nie, maar die leeu kom toe aangehardloop en ons sien hy gaan ons opvreet."

"Die volgende oomblik sien ons 'n Jack Russell wat die leeu gryp en hy verniel die leeu verskriklik. Hy skud daai leeu naderhand só woes rond dat jy sommer hoor hoe die leeu se nek klap. Jannie, jy sal dit nie glo nie, maar daar lê die leeu toe. Heel vrek."

Juffrou: "Jannie, glo jy dié storie wat ek jou nou vertel het?" Waarop Jannie antwoord: "Maar natuurlik Juffrou, dit was dan my Jack Russell."

103. 

Drie laaities red Julius Malema se lewe nadat hy amper versuip. Hy is ontsettend dankbaar dat hul hom help  n sê hy sal hul enige iets gee wat hul  harte begeer. Die eerste seun sê hy soek seisoen kaartjies na die Bulls op Loftus toe. Hy kry dit!

Die tweede seun sê hy wil Kaap toe gaan na die nuwe akwarium! Malema stem in en vlieg hom persoonlik af! 

Die derde seun sê hy soek n elektriese rolstoel met n TV in! Malema stem in, maar vra; "Jy is nie kruppel nie, hoekom n rolstoel?".  Seun antwoord: ”Ek gaan wees na ek my pa vertel het dat ek jou lewe gered het."

104. 

Nou dat een in elke 3 persone mekaar verneuk in die verhouding laat dit my bietjie wonder. "Is dit my vrou of my meisie wat my verneuk?"

105. 

Vanoggend is ek hard geklap deur 'n vrou in die hysbak...Ek was besig om na haar boobs te staar toe sy my vra: "Sal jy asseblief een druk?"

106. 

'n Man gaan sien n sielkundige oor sy vrou wat hom boelie. Die sielkundige sê vir hom, "Luister jy moet die broek dra...sit jou voet neer vanaand!!"


Hy gaan huis toe en druk sy vinger in sy vrou se gesig en sê met n gebrul, "Luister hier my vrou! Ek soek my bord kos op die tafel soos in nou! As ek klaar geeet is moet my klere gestryk wees en op die bed neergelê word. En raai wie gaan my das knoop?!

"Die begrafnisondernemer." antwoord sy vrou.
107.
"Vanouaf," sê hy, "gaan ons dinge so by die huis doen" "As ek sê klok 1, dan trek jy al jou klere uit. As ek sê klok 2, dan klim jy in die bed. Wanner ek sê klok 3 dan maak ons liefde die hele aand deur."

Die volgende aand kom die brandweerman by die huis en sê, "Klok 1!" en sy vrou laat waai met haar klere. "Klok 2," en sy vrou spring in die bed. "Klok 3," en hul maak liefde. Na so 2 minute sê sy vrou, "KLOK 4!"

"Wat die hel is klok 4?!" vra die man.

"Ek soek nog van daai brandslang," antwoord sy , "jy is nie naby die vuur nie!"

Die volgende aand kom die brandweerman by die huis en sê, "Klok 1!" en sy vrou laat waai met haar klere. "Klok 2," en sy vrou spring in die bed. "Klok 3," en hul maak liefde. Na so 2 minute sê sy vrou, "KLOK 4!"
"Wat die hel is klok 4?!" vra die man.
"Ek soek nog van daai brandslang," antwoord sy , "jy is nie naby die vuur nie!"

'n Oom stop langs 'n dogtertjie wat terugstap huistoe na skool. "As jy inklim sal ek jou 'n suigstokkie gee." Die dogtertjie hou net aan loop.Die ry stadig agter haar aan. Weer sê die oom

"As jy inklim dan gee ek jou hierdie hele sak suigstokkies!" Die dogtertjie draai om en sê: "Pa, ek het al hoeveel keer vir jou gesê, ek ry nie in die fokken Ford nie!!"

108. 

Drie laaities red Julius Malema se lewe nadat hy amper versuip. Hy is ontsettend dankbaar dat hul hom help en sê hy sal hul enige iets gee wat hul harte begeer. Die eerste seun sê hy soek seisoen kaartjies na die Bulls op Loftus toe. Hy kry dit! Die tweede seun sê hy wil Kaap toe gaan na die nuwe akwarium! Malema stem in en vlieg hom persoonlik af! Die derde seun sê hy soek 'n elektriese rolstoel met TV in! Malema stem in, maar vra; "Jy is nie kruppel nie, hoekom 'n rolstoel?".  Seun antwoord: ”Ek gaan wees na ek my pa vertel het dat ek jou lewe gered het.

109. 

Drie Dominees is een Saterdag almal saam af. Hulle besluit toe om vis te gaan vang. Langs die rivier sê die eerste dominee: "Broers, ons sit lekker rustig hier langs die waters sonder om na ander mense se probleme te luister. Ek dink dis miskien tyd dat ons ook 'n beurt kry om bietjie af te pak. En Broers, ek het veral nodig om keel skoon te maak. Ek vat die kerk se geld en as hulle daarvan moet uitvind, is ek in GROOOOT moeilikheid." Die 2de dominee val ook in: "Broers ek slaap rond, en terwyl ek preek, kyk ek alreeds vir my volgende slagoffer. " Die 1ste en 2de dominee kyk na die derde wat ongemaklik begin rondskuif. Derde dominee: "Broers, my probleem is dat ek verskriklik skinner, en ek kan nie wag om die gemeente hiervan te vertel nie.

110. 

Krisjan hou by ‘n vulstasie stil met sy rammelkas-bakkie, velskoene, flenterhoed en baard. Hy gee sy sleutel met die Vierkleur-sleutelhouer aan die pompjoggie en sê: “Goeiemiddag. Maak vol, asseblief.” Die pompjoggie beloer hom deur sy donkerbril: “How much?” “Vol, asseblief.” “I only speak English.” Vir ‘n oomblik is Krisjan uit die veld geslaan, maar dan glimlag hy breed: “English! No problem. Good day to you, Sir. I am presently experiencing a profound desire to replenish the propellant of my chariot. Therefore, I cordially request you to transfer from your subterranean reservoir a sufficient supply of combustible liquid of the highest octane rating to fill the appropriate container attached to the said means of perambulation to the brim.”“Hau?” “Do you have a problem, Sir? I thought you said you spoke English?” English? That’s not English.” “Dear Sir! Are you veritably attempting to allude that you do not even recognize the language you allege to be your singular means of communication?” “What?” “Let me try to elucidate the situation in the most elementary terms: Your paltry grasp of the English vernacular is frittering away the limited time at my disposal. Or as we would have phrased it in a civilised and intelligible language: Dit is so duidelik soos daglig dat jy fokkol van Ingels af weet en jy mors my tyd. Verstaan jy nou beter?” “Ja-a-a baas. Ek dink ôk Afrikaans is maar beter...”

111. 

Gatiep sit oppie couch en kyk 'n video. Skielik skrie hy vir die ou innie video: "Moenie innie kerk gan nie, moenie in gan nie, djy gan spyt wies!!!!"

Sy vrou stap in en vra vir hom:"Wat kyk djy?"

"Ons Trouvideo", reply hy. 

112. 

HUWELIKSNAG:

Hy :Uiteindelik, ek het so lank hiervoor gewag!
Sy :Wil jy hê dat ek ooit moet weggaan?
Hy :NEE!
Sy :Hou jy van my?
Hy :Natuurlik!
Sy :Het jy my al ooit bedrieg?
Hy :NEE. hoekom vra jy my?
Sy :Wil jy my soen?
Hy :Elke keer as ek die kans kry!
Sy Sal jy my ooit vloek?
Hy : is jy gek?
Sy :Kan ek jou vertrou?
Hy :ja my liefie..
Sy :My skat! (na 30 jaar se huwelik: lees dit nou van onder na bo)

113. 

Koos word gearresteer deur 'n polisie vrou in Brakpan. Sy sê dat enige iets wat hy sê teen hom gehou mag word. Koos skree uit: "Tiete"

114.

Piet, Gatiep en Sipho gaan akwarium toe. Piet sê: "Check daai moerse haai, dis 'n Great White!"

Sipho strip toe sommer sy BEE georienteërde moer en vra "Why does everything have to be white, there should be a Great Black shark."

Gatiep scheme toe, "Nei my bra, djy's mal! Imagine... 'n Great Coloured Shark!"

Piet check hom uit en sê, "Is JY nou fokken mal, hoe lyk 'n haai nou sonder voortande?" 

115.

Wat is die ooreenkoms tussen 'n screensaver en 'n vrou se gesig? Albei verander as jy aan die muis vat!

116.

n Brandweerman kom eendag by die huis na werk en sê vir sy vrou, "Jy weet ons het n fantastiese sisteem by die werk. As die eerste klok lui dan trek ons ons baadjies aan. As die tweede klok lui dan gly ons af by die paal. As die derde klok lui dan klim ons in die brandweerwa en laat wiel."

117.

Die Engelsman wat nie Afrikaans verstaan nie, gaan koop 'n perd by 'n boer wat nie juis Engels kan praat nie. "I want a good-looking horse", sê die Engeslman terwyl hulle na die perdestalle stap.

Die boer wys na die eerste een. "This one looks good." "No, that one over there looks much better to me," sê die Engelsman. Die Boer sê: "No, that one looks better." "No!, that one looks better," how die Engelsman vol. 

Hy koop toe die een waarvan hy hou. Twee dae later is hy woedend terug. "The horse you sold me is blind." En die Boer antwoord selfversekerd: "But I told you that one does not look so good." 

118.

Jan het hul huweliksherdenking vergeet. Sy vrou: "Jan, as ek môre oggend wakker word, beter daar 'n geskenk in die driveway wees wat van 0-100 kan gaan in minder as 5 sekondes!! Toe sy wakker word sien sy 'n moerske boks in die driveway. Excited maak sy dit oop en kry 'n badkamerskaal! Jan word sedertdien vermis....

119.

Die pastoor druk Meraai 3 keer onder die water en na die 3de keer sê die Pastoor: “Jy’s nou gedoop en van vandag af is jy ‘n nuwe skepsel.. die ou ene is weg. Geen alkohol meer oor jou lippe nie. So van vandag af is jy Maria.” Later toe Meraai (nou Maria) by die huis kom, is sy reguit yskas toe. Sy haal ‘n bottel yskoue wyn uit. Sy tap die wasbak vol water en druk die bottel 3 x onder die water en sê; “Djy is nou Oros.!”

120.

Julius Malema is besig om sy zink Shack te paint. Hy het 'n dik jas - en bo-oor dit 'n dikker reënjas aan. 

Zumpies kom verby en vra verbaas: " Hey wena, jy kry nie warm nie????"

Malema antwoord: "Hey, wena. By die paint blik, hulle sê: "Jjjy moet two coats sit, Hau!"

121.

Eendag merk die dominee 'n klein seuntjie in die voorportaal van die kerk op wat aandagtig na 'n groot Tweede Wêreld Oorlog-gedenkplaat teen die muur staan en kyk. Dit was oortrek met name en daar was klein landsvlaggies aan die weerskante. Die 7-jarige seuntjie het vir 'n baie lang tyd aandagtig na die plaat gestaan en kyk. 

Toe loop die dominee nader - kom staan reg langs die seuntjie - en sê saggies: "Môre, seun." Die seuntjie, sonder om sy oë van die gedenkplaat te verwyder, antwoord: "Môre, dominee! Dominee, wat is dit hierdie?", vra die seuntjie. Die dominee antwoord: "Wel, my seun, dit is 'n gedenkplaat vir die jongmanne wat in die diens gesterf het." In doodse stilte en met groot eerbied staan die twee toe voor die plaat en staar na die name. Uiteindelik, in 'n skaars hoorbare stemmetjie en bewend van vrees vra die seuntjie: "Watter diens dominee? Die agtuur diens of die elfuur diens??"

122.

Jannie sit een oggend op die sypaadjie met 'n bottel swembadsuur, besig om dit oor die miere uit te gooi. 'n Engelse priester loop verby, kyk die storie uit, en vra: "Good morning, young man. What are you doing with that little bottle? 

"Ek brand die miere, oom." Die priester dink dat dit 'n bietjie gevaarlik is vir die laaitie om met sulke tipe van suur te speel en probeer dink aan 'n manier om Jannie sy planne te laat vaar. "I have a bottle of holy water here that you could put on the ants instead. I once put a drop of this on a woman's belly and she passed a child"

"Daai's niks", sê Jannie. "Ek het eenkeer 'n druppel van hierdie goed op 'n hond se ballas gesit.....and he passed a Kawasaki."

123.

Na hul baba dogter gebore was, gaan sien die pa die dokter nogals baie ontsteld. "Dokter," sê die man, "Ek moet jou sê ek is nogals ontsteld omdat my dogtertjie rooi hare het. Sy kan nie myne wees nie."

"Nonsens," sê die dokter. "Al het jy en jou vrou albei swart hare is daar nog steeds 'n moontlikheid dat een van jul voorvaders rooi hare gehad het."

"Dis nie moontlik nie dok," sê die man. "Dis definitief nie waar nie. Ek het ons hele stamboom nagegaan en niemand het rooi hare nie."

"Wel" sê die dok "Laat ek jou een ding vra. Hoe gereeld raak jy en jou vrou intiem?"


Die man antwoord skaam. "Ek was nogals baie weg op besigheid die jaar. Ons het seker so twee keer die afgelope paar maande intiem geraak met mekaar."


"Wel daar het jy dit nou" Sê die dokter seker van sy saak. "Dis roes."

124.

Ou Oom van 93 gaan na ‘n huis van plesier en bespreek ‘n dame.
Die kamer is ver en die oom loop lank daarheen, maar toe hy daar inloop, wag die mooiste vroumens hom in.
Hy haal 4 stukkies watte en ‘n kondoom uit sy beursie. Sukkel-sukkel sit hy die eerste watte stukkie in sy een neus gat. Tweede stukkie in sy een oor.
Terwyl hy sukkel met die volgende twee stukkies watte vir die ander neusgat en oor, vra die jonge dame : “Oom, ek weet waarvoor oom die kondoom wil gebruik, maar waarvoor al die watte in die neusgate en ore ?”
Hy sê stadig maar redelik hard :“Niggie ! As daar 2 goed is wat die oom verpes, dan is dit die geskreeu van n vrou en die reuk brand van rubber !”

125.

Die woedende vrou sê aan haar blonde vriendin :"Ek hoor jy loop en vertel vir almal dat my man 'n fokken moesie op sy voel het ?!"
Blond : "Ek het nie gesê dit IS so nie, ek het gesê dit VOEL so !"

126.

Twee jong mans gesels in die kroeg.
"Jy lyk uitgeput," sê die een.
"Ja, sê sy vriend," ek is gedaan. Dis hierdie nuwe meisie van my wat elke aand die hele nag lank net wil karfoefel. Ek kan dit nie meer vat nie.
'n Ou oom van 70 sit 'n entjie weg en hoor die gesprek. Met die jare se wysheid kyk hy die twee aan en sê :"Trou met haar. Dit sal 'n einde maak aan jou probleem."

127.

Koos :"Ek is getroud met een van 'n tweeling."
Jan :"Liewe aarde ! Hoe ken jy hulle uitmekaar ?"
Koos :"Ag, dis maklik haar broer het mos 'n baard !"

128.

Dinge tussen die oom en tannie was nie meer so lekker nie. Dit is nou, die dinge in die slaapkamer. Hoewel die twee redelik aangestap het in die jare, wou die tannie nou en dan 'n bietjie. Die probleem was, die oom het vreeslik gesukkel om by te dra. 

 Na heelwat beraadslaging oor die probleem besluit hulle toe die oplossing is 'n handmodel om die oom af te los. Een van daa wat met batterye werk. 

By die sekswinkel het dit die tannie nie lank gevat om haar gunsteling te kies nie. "Watter een, tannie?" het die verkoopsman gevra.  

Met blink oë het die tannie geantwoord: "Daai mooi rooie, asseblief jongman." 

"Hmmm...tannie kan nie daai een kry nie. Dit is die brandblusser." 

129.

Hoe om jou kat 'n pilletjie te voer:

a. Plaas jou katjie in die buig van jou arm asof jy ‘n klein baba vashou. Sit jou regter wysvinger en duim aan beide kant van sy snoetjie en oefen versigtig druk uit, terwyl jy die pil in die ander hand gereed hou. Sodra jou katjie sy bekkie oop maak, gooi die pil in en gee die katjie die geleentheid om dit af te sluk.

b. Soek die pil op die vloer en gaan haal die katjie agter die bank uit. Plaas die katjie weer in die ronding van jou arm en herhaal die proses.

c. Gaan haal die dêm kat uit die slaapkamer en gooi die nat pil in die drom.

d. Neem ‘n nuwe pil uit die dosie, plaas weer die kat in jou arm, terwyl jy beide voorpote stewig vashou. Forseer sy kake oop en druk die pil binne in sy mond met jou regter wysvinger. Hou die kat se bek vir ten minste 10 tellings toe.

e. Haal die pil uit die visdam met die klein netjie en gaan haal die mal kat bo van die kas af. Roep nou jou maat uit die tuin uit om jou te kom help.

f. Kniel op die vloer en dwing die kat tussen jou knieë vas, neem sy pootjies in ‘n baie stewige greep, ignoreer die harde gegrom. Laat jou maat die kat se kop ferm vashou en dwing sy bek oop met ‘n hout liniaal. Gooi die pil via die liniaal in sy bek in en vryf jou kat se keel om sy slukproses aan te moedig.

g. Haal die besimpelde kat van die gordynreëling af en neem nog ‘n pil uit die dosie uit. Maak ‘n aantekening om ‘n nuwe liniaal te koop en ook om die gordyne te laat regmaak. Vee die stukke glas en keramiek van die beeldjies en potte op sodat jy dit later kan weg gooi.

h. Draai die blasende kat in ‘n groot handoek toe en laat jou maat bo-op die kat lê of sit, sodat net die kat se kop uitsteek onder jou armholte. Suig die pil met ‘n strooitjie op en forseer die blêrrie kat se bek oop. Blaas die pil, deur die strooitjie, in die kat se keel af.

i. Lees die pamflet deur, om te sien of die pille skadeloos vir mense is en drink ‘n koue bier om die smaak uit jou mond uit te kry. Ontsmet jou maat se arm, sit salf op die wond en draai ‘n verband om. Verwyder die bloedvlekke van die vloer.

j. Gaan haal die fokken kat uit die buurman se garage, neem nog ‘n pilletjie uit die boks en drink nog ‘n bier. Sit jou kat in die klerekas sodat net sy kop uitsteek. Forseer sy bek oop en skiet die pil met ‘n kettie in sy keel af.

k. Gaan haal die skroewedraaier uit die garage en hang die kasdeur terug op sy skaniere. Soek die whisky bottel, neem ‘n groot sluk en ontsmet die krapmerke op jou wange. Maak seker of jou tetanus-inspuiting nog geldig is. Gooi jou stukkende trui in die drom en gaan trek ‘n ou overall aan.

l. Bel die brandweer om die satan-helskat uit die boom uit te kom haal. Vra jou buurman om verskoning vir die taalgebruik en neem die laaste pil uit die dosie.

m. Tape beide voorvoete van die bliksemse kat aan mekaar vas met duct tape. Bind hom stewig aan die poot van die eetkamer-tafel vas met ‘n stuk ankertou. Trek jou welding-gloves aan, druk die pil in ‘n stukkie vleis en gooi ‘n groot glas vol water. Hou die klein bliksem se kop agteroor, gooi die vleis in, gevolg deur die hele glas water, hou sy fokken bek toe vir 5 minute.

n. Neem die bottel whisky en drink hom leeg. Vra jou maat om jou, so gou moontlik, by Ongevalle te kry, want jy word al lighoofdig van die bloedverlies. Laat hulle jou vingers en voor-arm vas werk en die laaste pil uit jou oog uit verwyder. Bel onderweg vir Hyperama om ‘n nuwe eetkamer-tafel te bestel.

o. Bel ook die SPCA om te reël dat hulle die gemuteerde satanskind van ‘n helkat kom haal en stop by die Petshop om te vra of hulle nie dalk klein hamsters het nie.

130.

'n Jong regstudent druip sy eksamen en besluit om met sy brijante Professor te gaan praat daaroor.

Student:"Prof verstaan u als omtrent hierdie vak?".

Prof:"Ek sou so dink, anders sou ek sekerlik nie n professor gewees het nie, sou ek?".

Student:" Aanvaarbaar Prof.Aangesien u so baie weet wil ek 'n ooreenkoms met u aangaan. Kan ek u 'n vraag vra en as u korrek antwoord, dan sal ek my punte aanvaar nes dit is, maar as u nie korrek kan antwoord nie, dan is dit u plig om my n "A" te gee".

Prof:"Hmmmmm goed.Wat is die vraag?".

Student: "Wat is wettig maar nie logies nie, logies maar nie wettig nie en ook nie logies of wettig nie?".

Die prof dink so al hy kan, maar kry nie n antwoord nie.Hy gee toe maar vir die student n "A" en die student is hoog in sy noppies toe hy daar uitstap.Die professor het die hele dag steeds gedink en gewroeg oor die vraag en besluit toe om n klompie van sy mees briljante studente bymekaar te kry en vir hulle die vraag te vra.Skaars het hy die vraag gevra of almal steek hul hande in die lug en die prof, met rooi wange van verleentheid, besluit om een van sy gunsteling studente geleentheid te gee om die vraag te beantwoord.

"Dis eintlik maklik Prof. u is 75 jaar oud en getroud met n 30 jarige vrou - Dis wettig maar nie logies nie".

"U vrou het 'n skelm affair met n 22 jarige student - Dis logies maar nie wettig nie".

U vrou se skelmpie het sy eksamen gedruip maar u het hom 'n "A" gegee daarvoor - Dit is nie logies of wettig nie..."

131.

'n Pa koop 'n lie-detector-robot wat jou klap as jy lieg. 

Daardie aand aan tafel vra hy vir seun: "Waar was jy vandag?" "By die skool Pa." Whap! Klap die robot hom.. " Jy lieg" sê pa.. "Oukei oukei... ek het 'n DVD gekyk by die huis." "Watter DVD?" vra pa. "TOY STORY 3" sê die seun. Whap!! Klap die robot hom weer. "Oukei oukei" na aan trane sê die seun dit was PORN. 

Die pa sê toe vir hom: "Toe ek jou ouderdom was het ek nie eers geweet van porn nie.." WHAP!! Klap die robot vir pa. 

Die ma lag en sê... " 'n Mens kan sien hy is jou seun."
WHAP!! Klap die robot die ma!!

132.

Wat's die verskil tussen 'n goeie sekretaresse en 'n BAIE goeie sekretaresse?

'n Goeie sekretaresse sê: "Goeie môre, Meneer!"

'n Baie goeie sekretaresse sê: "Goeiste, Meneer, dis al môre!"

133.

Danksy die baie reën van die afgelope week in Gauteng...kon die ANC sy beloftes nakom, wat gemak is tydens die vorige Nasionale Verkiesing, om lopende water by elke huis te kry.

134.

n Baie lawaaierige, vet, lelike en onversorgde vrou met curlers in die hare en ‘n lexington in die mond, stap by 'n winkel in met haar twee rooikopkinders agterna.


“Goeiedag mevrou”, groet die eienaar. “Oulike kinders wat jy het, is hulle ‘n tweeling?”
” Is jy fokken simpel?” se die vrou. “Hulle verskil met drie jaar. Lyk hulle vir jou na n tweeling!?”
“Nee, glad nie,” antwoord die eienaar. “Ek kan net nie glo dat iemand jou twee keer sou wou spyker nie.”

135.

Piet: "More word my vrou geborg vir 'n valskerm sprong Ek is regtig bekommerd dat daai valskerm nie gaan oopmaak nie. Die laaste keer wat so groot ding die aarde getref het, was toe al die Dinosaurs uitgewis was."

136.

Nathaniel se raad vir haai aanvalle die Desember vakansie

Om te voorkom dat 'n haai jou byt, doen die volgende:

Wenk nommer 1 :

Moenie in die see swem nie. Ongeveer 100% van alle haai aanvalle gebeur in groot watermassas, beter bekend as DIE SEE. Proe aan die water. As dit soos sout smaak en as dit branders het, is jy in die see. Draai om en gaan lê liewers onder jou sambreel met 'n drankie. En asb. Nie Castle nie - dit is common.

Wenk nommer 2 :

Swem saam met vet mense. Sorg dat daar ALTYD groot, vet mense saam met jou in die water is. Die kanse dat jy vinniger as hulle kan swem en wegkom, is baie goed.Terwyl ons dan nou op hierdie onderwerp is: ek diskrimineer nie agv van die feit dat ek weet hoe voel dit om soms jou ken te soek tussen jou wange, As jy een van hierdie vet mense is, moet liewers nie in die eerste plek in die water gaan nie. Skuil onder jou sambreel. Of bedek ten minste jou vet as jy nie geseënd is soos Jay of Liani nie. Het jy al ooit gesien hoe word deeg gerol in ‘n broodfabriek? Dis hoe jou lyf kan lyk in ‘n swembroek.

Wenk nommer 3 :

Moenie in die water gaan sonder 'n mes nie. Die mes word gebruik om die swemmer naaste aan jou te steek, indien jy 'n haai gewaar. Sodra hy/sy bloei, swem so vinnig as wat jy kan weg. Die mes is net vir ‘n noodgeval. Die Gautengers van die Bosveld met jou kakie swembroek en hoed, die mes is nie daar om jou naels en toonnaels op die strand te trim nie. Afskuwelik!

Wenk nommer 4 :

Luister noukeurig! Elke haai het 'n temalied - As jy die volgende hoor, swem vir jou lewe : '' Da- dam ... Da- dam ... Da- dam .. '' As dit so klink : '' DADAM- DADAM- DADAM '' - Is jy klaar in jou moer. Ek herhaal hierdie sin vir al die blonde dames met die fake tans: As DA-DAM hard klink en nie sag nie, beteken dit dat die haai naby jou is en jy dalk moet wegkom. Daar is ‘n verskil tussen ‘n haai en ‘n dolfyn.

Wenk nommer 5 :

Moenie paniekerig raak nie. Wees kalm en bly blerrie stil as 'n haai jou byt. Jy is in elk geval klaar in jou moer in en dit gaan jou niks help as jy huil en skree soos 'n maer vark nie. Die ander mense op die strand probeer ontspan en sal dit waardeer as jy kan stil bly. Om iemand soos 'n mal ding te hoor skree en huil terwyl jy probeer ontspan, is vreeslik onaangenaam. Dink aan die kinders en bejaardes en hou op so aansit asseblief. Ja, dit IS vreeslik erg, maar dis baie meer traumaties vir die ander mense om dit te sien en al daai geluide te hoor, so bly net stil asseblief. Daar is in elk geval niks meer wat jy teen DIE tyd kan doen nie want jy het wenke 1-4 nie waargeneem nie.

Mag almal ‘n gelukkige somer op die strand he. Gelukkig sal jul my nie daar sien nie en hou haaie dus geen gevaar vir my in. Ek sit gewoonlik agter jul by die yuppie restaurant langs die strand, onder die sambreel met my lyf bedek en met ‘n lang elegante koue glas.....inhoud alles behalwe Castle. Ek is dalk moeilik, maar ek is nie common nie!

137.

Daar word bespiegel dat Oscar Pistorius sy Vodacom kontrak gekanselleer het en geskuif het na Cell C...

138.

Koos staan voor die hemelpoorte se hekke. 

Die engel vra vir Koos: "Het jy enige iets op aarde gedoen wat goed is en wat meriete dra?"

Ja sê " Koos. "Ek kan onthou toe ek by 'n bike rally was en 'n klomp bikers die een meisie wou aanrand." 

Engel:" Wat het jy gedoen wat so goed is daaromtrent?" 

Koos sê toe: "Ek het reguit na die die grootste 'n biker toe gestap, hom met die vuis gebliksem, sy neusring uit sy neus geruk en sy Suzuki Hayabusa 1300 bike omgegooi. Toe sê ek vir hulle: "As julle haar nie nou uitlos nie, skop ek sewe soorte kak uit julle almal uit!" 

Die engel vra toe:"Wanneer het dit gebeur?" 

Koos:" So paar minute gelede!!!"

139.

Twee boere loop deur 'n veld. Een van die boere hurk by 'n bol beesmis, druk sy vingers daarin en smeer dit oor sy lippe. "Sif ou, hoekom doen jy dit?", vra die tweede boer. "Ek het gebarste lippe" antwoord hy terug. "So help dit daarvoor?" vra die eerste een weer. "Nee, maar dit keer dat ek my lippe aflek!

140.

Boetie betrap sy pa en ma in die kamer en vra: ”Wat maak pa nou?”

Pa: “Ag ek gooi net so bietjie vir mammie petrol in.”

Boetie: “Sjoe, dan is mammie baie swaar op juice want oom Jannie het ook gister volgemaak!”

141.

Die ou oom bestel een standaardhamburger, een pakkie skyfies en een koeldrank. Hy haal sorgvuldig die hamburger uit die pakkie, sny dit versigtig in twee en sit die een helfte voor sy vrou neer. Toe tel hy die skyfies sorgvuldig, deel dit in twee hopies, sit die een voor hom neer en die ander een netjies voor sy vrou. Eers neem hy 'n slukkie van die koeldrank, toe neem sy 'n slukkie en sit die glas tussen hulle op die tafel neer. Toe hy aan sy hamburger begin eet, het die mense na hulle kant to begin loer en gefluister. Jy kon sien hulle het gedink "daardie arme paartjie - al wat hulle kan bekostig is een ete tussen die twee van hulle." Toe die man sy skyfies begin eet, kom daar 'n jongman na hulle tafel en bied beleefd aan om vir hulle nog 'n ete te koop. Die ou man bedank hom egter daarvoor en sê hulle is OK dankie. Hulle is gewoond daaraan om alles te deel. Die mense rondom het nou agtergekom dat die vroutjie nog niks geëet het nie. 

Sy sit net vir haar man en kyk en so nou en dan neem sy 'n slukkie van die koeldrank. Weer het die jongman oorgestap en hulle gesmeek dat hy vir hulle 'n ete wil koop. Hierdie keer was dit die vroutjie wat sê: 'Nee dankie, ons is gewoond om alles te deel." Toe die ou man klaar geëet het en sy mond met die servet afvee, kom die jongman weer nader en vra vir die vroutjie, wat nog hoegenaamd niks geëet het nie, "Wat is dit waarvoor jy wag..?" Toe antwoord sy: "Vir die tande!"

142.

As gevolg van blerrie load shedding, moet baie mense vroeg kooi toe. Oor die volgende 9 maande gaan ons babas kry met die volgende name:

Kers Grobler
Darkness Mapogo
Eskom Kleinbooi
Vroegslaap Jordaan
Blackout Dube
Generator van Zyl
Parafienlamp van Rensburg. 
Moet ook nie vergeet van Foonloos Venter nie!

143.

Die dokter stuur die ou oom huis toe met ’n klein, leë plastiekflessie .

Die opdrag is om die flessie die volgende dag terug te bring met ’n monster van die oom se spermselle. Die dokter het gedink die ou takie sal so bietjie lank vat om af te handel in die spreekkamer – gegewe die oom se ouderdom.

Die volgende dag is die oom terug; mismoedig met ’n leë flessie.
“Nee, wat dokter, ek het alles probeer. Eers met die regterhand en toe met die linkerhand, maar daar was nie eers ’n klein bietjie beweging nie.”
“Toe vra ek die tannie om te help. Sy het hom ook eers probeer met die hand, eers regs, toe links, maar niks nie. Nie dat sy toe opgee nie. Sy sit hom toe sommer in haar mond, maar hy wil nie roer nie.”
“Dokter, ek het mos so ’n oulike buurvrou. Sy is links en ek dog dalk maak dit ’n verskil. Sy het hom toe so met die linkerhand probeer, toe regs, maar niks. Toe vertel ek vir haar my vrou het dit in haar mond gehad. Sy wou ook nie agterbly nie en het hom dadelik beet daar met die mond, maar geen akkels wat sy uithaal kon hom laat roer nie dokter.”

“Dokter, vir die eerste keer in my lewe doen ek toe ’n vreemde ding. Ek roep die man wat daar by my in die tuin werk garage toe. Ek verduidelik my probleem en vra toe of hy nie wil help nie, aangesien hy so bietjie jonger as ons is. Hy sê dadelik ja en vat dit toe lekker stewig vas, eers links en toe regs, maar niks wil beweeg nie. Hy het toe ’n nuwe plan en knyp hom tussen sy bene vas, so terwyl hy met sy hande ook help druk en dan moes ek probeer om dit te wikkel. Ek skaam my dood as iemand daar moes inloop, en dit wou nie eens help nie.”

“Nou is ek terug hier by jou dok, want geen donderse mens gaan ooit hierdie flessie oopkry nie!”

144.

Die sensus opnemer klop aan die deur. Vrou maak oop. Die opnemer sê hy is van die sensus en wil net n paar vragies vra. Die vrou sê seker, kom binne. 

Opnemer: Getroud of ongetroud? Vrou.: Weduwee! 
Opnemer: Hoelank is u al 'n weduwee. Vrou: 8 jaar. 
Opnemer: Enige kinders? Vrou: 3 kinders. 
Opnemer: Ouderdomme. Vrou: 13 , 11 en 5 jaar oud. 
Opnemer: Ekskuus maar u man is........ 

Vrou: Ja luister.. dit is my man wat dood is, nie ek nie!!!

145.

Ek het vir my baas gesê my paycheck is te klein...
Hulle print dit nou op 'n groter bladsy.

146.

As gevolg van water te kort in Brakpan het die plaaslike munisipaliteit besluit om eers bane 7 en 8 van die swembad te sluit.

147.

Ons onderwyser het gevra wat my gunsteling dier is, en ek het geantwoord "Gebraaide Hoender." Sy het gesê ek is nie snaaks nie, maar sy was seker verkeerd want al die ander het gelag! My ouers het my geleer om altyd die waarheid te vertel. Ek het. Gebraaide hoender is my geliefkoosde dier. Ek het my pa vertel wat gebeur het en hy het gesê my onderwyser is seker lid van die SPCA. Hulle is baie lief vir diere. Ek ook. Veral hoender, gepekelde vark en bees. In elk geval, my onderwyser het my na die hoof se kantoor gestuur. Ek het hom vertel wat gebeur het en hy het ook gelag. Toe sê hy ek moet dit nie weer doen nie. Die volgende dag in die klas vra die onderwyser weer vir my watter lewendige dier is my gunsteling. Ek sê toe dis beslis hoender. Sy vra toe hoekom, toe vertel ek haar dis omdat hulle gebraaide hoender daarvan maak. Sy stuur my toe terug na die hoof se kantoor. Hy het weer gelag en gesê ek moet dit nie weer doen nie. Ek verstaan nie. My ouers het my geleer om eerlik te wees, maar my onderwyser hou nie daarvan as ek is nie. Vandag vra die onderwyser ons watter beroemde persoon ons die meeste admireer. Ek het geantwoord "Kolonel Sanders". 
Raai waar is ek nou !!!!

148.

Gisteraand was ek by die disco.Hulle speel toe "The Twist", ek twist toe. Hulle speel toe "Jump", ek spring toe. Daarna speel hulle toe "Come on Eileen", daarvoor is ek toe uitgegooi!

149.

Die Man kom by die huis en vind sy vrou in die bed saam met n pêl van hom. Hy ruk sy 9mm uit en skiet die ou net daar moertoe. Sê sy vrou vir hom: "Jy moet aangaan met die kak ... een van die dae het jy niks meer pelle oor nie."

150.

Ek weet nie hoekom raak strippers by Teasers so kwaad as mens hulle monopoly geld tip nie.....
Ek meen helllllooooo, is daai regte tiete????

151.
My vrou vra nou die dag: "Skat, lyk my blindederm litteken vir jou onaantreklik?" Sonder om twee keer te dink sê ek: "Toemaar, jou boobs steek dit weg".
Dit was blykbaar nie die antwoord wat sy wou hê nie.
152.
My vriend het hulp nodig. Sy vrou het gister vir hom gesê om van daai pille te gaan koop wat sal help met sy ereksie.
Toe kom hy by die huis aan met dieët pille vir haar. Nou soek hy 'n plek om te bly.
153.
Ek lees vanoggend n BAIE, BAIE interessante artikel in 'n baie bekende mediese tydskrif wat gaan oor mense wat sukkel om gewig te verloor. Die antwoord? KANEEL!!!!!!!!!!! is die ANTWOORD sê 'n erkende dokter. Ek was so in my noppies gewees oor die mediese deurbraak dat ek oppad huis toe stop en toe sommer 12 Melkterte koop !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
154.
Jannie hou baie van Sannie maar het nie die guts om met haar te praat nie. Hy weet ook nie eintlik waaroor om te praat nie, want hy's bietjie van 'n rowwe diamant.
Hy gaan vra sy ouer broer vir raad en Boet se: "Gaan sê vir haar sy is die mooiste blommetjie in die hele wêreld. Dan chat julle."
Die volgende dag sien Jannie haar by die toilette ingaan en wag by die deur. Toe sy uitkom sê hy: "Hallo Sannie jy's die mooiste blommetjie in die hele wereld."
Sannie is doodverlief, bloos bloedrooi en boor skaampies met haar toon in die grond. Hulle staan en grinnik vir mekaar sonder dat enigeen van hulle aan iets kan dink om oor te gesels.
Na 'n lang stilte vra Jannie .........."So ... Het jy lekker gekak?"
155.
Piet kom in die pet shop en vra:"Het u miskien vir my 350 kakkerlakke?"
Die eienaar wil verbaas weet: "En waarvoor het u 350 kakkerlakke nodig?".
Piet: "Nee, ek moet trek en my huurkontrak sê dat ek die plek in dieselde toestand los as wat ek dit gekry het!
156.
Die oom en tannie is besig om die daad te doen toe die oom se bril afval en hy skree :"BRIL vrou!" en sy antwoord toe "Roaaarrr"...
157.
Onthou om jul voertuie vol brandstof te maak voor die prys verlaging! Ons wil nie hê die regering moet dink ons is 'n klomp arm gatte nie!
158.
Oom Sarel wat daar aan die buitewyke van Upington gebly het in die vyftiger jare kom klop een middag aan die pastorie se deur vir ‘n belydenis. Ou dominee maak oop en nooi die oom binne. Die oom begin met: Dominee... so met die Boereoorlog langs het ‘n pragtige meisietjie van een van die buurplase af een nag dringend by my kom skuiling soek teen die Ingelse. So toe steek ek haar in my skuur se solder weg." Ou dominee antwoord: "Broer, dis ‘n wonderlike ding wat jy gedoen het, daaroor hoef jy glad nie ‘n belydenis te doen nie." "Nee, daar is nog meer dominee... Sy’t my met intieme gunsies begin betaal. Dit het etlike kere per week, en op Sondae selfs twee keer gebeur." Dominee is weer aan die woord, "Dit was lank gelede broer, en jy het haar eintlik bygestaan in tye van groot gevaar. Onder sulke omstandighede kan twee jongmense hulself maklik oorgee aan die begeertes van die vlees. Dit is alles vergeefbaar." "Dankie dominee, dit is ‘n groot las van my skouers af. Ek het net nog een vragie." "En wat sou dit wees?" vra ou dominee. "Moet ek haar vertel dat die oorlog verby is?''
159.

Filemon het ‘n hoenderplaas gekry deur die staat se grondhervormings-ding. Sy buurmanwas ook ‘n hoenderboer en het kom kennis maak. “Hoenderboerdery is nie maklik nie,” verduidelik hy. “Ek sal jou 100 kuikens gee om te help begin.”

Filemon was baie dankbaar. Die buurman kom loer weer in, so twee weke later, om te hoor hoe dit gaan. “Hau, nie te goed nie. Al die kuikens hy het gavrek !! Die buurman sê: “Ek kan dit nie glo nie. Ek het nog nooit probleme gehad nie. Laat ek jou nog 100 kuikens gee.”

Twee weke later ontmoet hulle weer, en Filemon sê weer: “Ek kan det nie verstaan nie….almal die kuikens hy het weer gavrek…” Verstom vra die buurman: “Wat het verkeerd gegaan? Wat het jy aan hulle gedoen?” Filemon: “Eish, ek weet nie eintlik nie. Miskien ek plant hulle te diep.”

160.

Wonderlike nuus!! Die Kook en Geniet word soos ons nou praat in Xhosa gedruk! Elke resep begin met...."neem twee gesteelde hoenders..."

 161.

ñ Skatryk ou tannie wat al amper op sterwe lê en glad nie meer helder kan dink nie, wink die Dominee wat haar besoek nader en vra in ñ sagte stemmetjie: "Ek weet ek gaan dit nie meer lank maak nie, maar asseblief, kan Dominee nie maar vir my 'n laaste keer my help met 'n  bietjie seks nie - ek sal 'n R1000 betaal."

Dominee is baie geskok en fluister in haar oor: "Tannie, ek sal kyk wat ek kan doen" en hy verlaat die huis. Met dié sien hy ou Bakkies wat dit nie breed het nie, met sy fiets verbyry. 

"Bakkies, hier binne is 'n ou tannie wat jou R1000 sal gee vir n laaste gemeenskapie... sien jy kans? Sien dit as ñ naaste-liefdesdiens." 

Eers het Bakkie nie mooi verstaan nie, maar ds het baie subtiel verduidelik wat hy eintlik bedoel die ou tannie se wens is. Wel, ou Bakkies kon doen met ñ ekstra geldjie aangesien werk maar skaars is en so parkeer hy sy fiets buite die deur teen die muur. 

Dominee ry toe maar. Na 'n uur kom die Dominee weer daar verby en die fiets is weg. "Ja, die arme tannie het ons seker nou verlaat" - en met dié gedagtes stap hy die huis binne en betree die kamer waar ou Bakkies nakendkaal op die bed lê. 

"Nou Bakkies, wat gaan hier aan?"

"Nee Dominee, die tannie het net gou my fiets geleen om nog geld te gaan trek by die ATM."

162.

Wat maak 'n Blou Bul ondersteuner nadat hy die Curriebeker gewen het?????
Hy sit die Playstation af, natuurlik!

163.

"My maag pyn verskriklik," kla die kannibaal. "Wat het jy geeët?". "'n Amerikaanse miljoenêr."

"Ek het jou lankal gesê om ryk kosse te vermy!"

164.

Terwyl Koos en sy vrou in Egipte reis, raak 'n sjeik verlief op Koos se vrou. Hy wink Koos eenkant toe. "R50,000 vir jou vrou," sê die sjeik. 

"Sjoe!" sê Koos, "dis nou vir jou 'n jammerte. Ek het nie so baie geld nie."

165.

"Ek sien u glas is leeg", sê die kelner aan Koos, "kan ek dalk vir u nog enetjie bring?"

"Hoekom?", vra Koos. "Wat moet ek met twee leë glase maak?"

166.

Aap en Bobbejaan sit langs mekaar in die kerkdiens toe die pastoor sê: "Draai na jou neighbour, kyk in sy oë en sê - Jy is baie mooi, jy is unique, jy is my ewebeeld, en ek het jou lief soos ek myself lief het." 

Aap kyk na die bobbejaan en sê vir die pastoor: "Kom sê self dit vir hom, want die Here weet ek gaan nie in die kerk lieg nie." 

167.

Piet kry werk as winkelklerk. 'n klant kom in evra vir 'n blik pruimkonfyt. Piet kyk rond maar kan nie pruimkonfyt kry nie.

"Jammer, mevrou, maar ons het nie pruimkonfyt nie."

Toe die dame uitstap, roep die baas vir Piet nader. 

Dis mos nie die manier waarop 'n mens goed verkoop nie," beduie hy. "As daar nie pruimkonfyt is nie, dan sê jy: "Jammer, mevrou, die pruimkonfyt is op, maar ons het pas nuwe voorrade druiwe- appelkoos- en vyekonfyt gekry. Wil u nie daarvan probeer nie? Verstaan jy?" 

"Ja Meneer."

'n Rukkie later stap 'n man die winkel binne en vra vir toiletpapier. Piet soek, maar kan niks kry nie. "Jammer, meneer, maar ons toiletpapier is op. Ons het wel deurslagpapier, skuurpapier en konfettie. Wil u nie daarvan probeer nie?" 

168.

Oubaas: Het jy haar lief, Jonas?

Jonas: Oubaas vra nog. Ekke soek hom sterrik. Ekke wil hom lief.

Oubaas: As mens wil trou moet mens iets weet van die Bybel, ken jy jou Bybel?

Jonas: Auk, Oubaas ekke ken hom soos die bennekant van my hand. 

Oubaas: Nou vertel bietjie dat ek kan hoor.

Jonas: Eendag daar was twee mense, Adam en Eve. Hulle bly by die tyn. Nou hulle mag eet van al die perretjies maar van die jam se perretjies hulle mag nie eet nie. Toe die boomslag hy sê vir Eve: Auk, wat se nonsens jy praat, die jam perretjies is nou mooi gar en soet en too much lekker. Nou hulle gasteel die jam perretjies. Auk, nou Adam hy sien sy broek is weg en die nooi se rok is ok weg. Shame, die nooi kry so skaam, hy kryp sommer weg en Adam hy gou-gou maak die kleer van troksvyblaar maar nou hulle hulle yt by die Radys se akker. Twee groot engelsman staan by die hek met skerp asgaai. Nou hulle sweet baie sos hulle loop en Eve sy loer so by die skouer oor, ent so beitjies. Sy word sommer sout - die beeste het hom kant en klaar opgevreet die volgende dag al. Nou Adam, die arme baas, hy het ok nie nou vrou nie. Hy loop nog so toe vra die tsotsie ja? Wat jy gemaak? Hulle slat hom met die knopkierie en gooi hom met die kleppe. Gelokkig daar kom parmantig Samertaan hy gery met sy doinkie. Sos hy gaan onder by die doringbos, sy kroesies hak by die dorings en en hy gehang daar 40 days en 40 nights tot Delliah, 'n nooi van die Tempertyne, sny sy kroesies af en hy val by die leeukuil in, maar die leeus vreet hom nie eers nie wat hy stenk too much. Nou hy gably daar tot Ruben wil hom verkoop aan die parasiete maar gelokkig hy hardloop weg dat hy so bars tot hy kom by die groot water. Sommer so vennig hy plik die knopkierie eit by sy kombers en hy slaat en hy slaat die water tot hy maak oop en wat gesien? Big national road van skoon teer en white stripes en yellow stripes, die lot. Nou hy lop by die national road met sy strakwa-os en perre tot hy kom halfpad. Sjoeps...die water net gemak soos twaksak, dit lyk of dit gereent het 40 days en 40 nights. Gelokkig, hy, die groot snoekvis, hy slek hom in. Nou hy gebly binnekant die ves se pens. Oubaas, ekke gelieg nie vir jou nie, 40 days en 40 nights. Mar omdat hy stenk al weer too much en die ves hy kan nie toehou sy neus by die water nie, hy gaspoeg  hom uit by die land van siermelk en putupap. 

Oubaas sien ekke ken hom, die Bybel. 

169.

Ek hoor vanoggend op NEWS23 dat Johannesburg stadsraad werkers aangeval is deur opstandige EFF lede. Die werkers was blykbaar besig om slote te grawe. Maar hulle het so lank stilgestaan dat die EFF lede hulle as standbeelde aangesien het. Sewe van die werkers word behandel vir oordosis verf inname. 

170.

Het nou net n prostituut gekry wat sê sy sal enige iets doen vir R30. Raai wie se kar is gewas?

171.

Stap so in die straat af en sien 'n boemelaar gras eet van die hongerte. Voel verskriklik skuldig en nooi hom na my huistoe. Hy vra toe of hy sy familie mag saambring. "Nee, ongelukkig nie, my gras is nog nie só lank nie", antwoord ek. 

172.

Vir 'n vrou wat 'n gelukkige lewe wil hê:

(1) Maak seker jy het 'n man met 'n vaste werk;

(2) Maak seker jy het 'n man wat jou kan laat lag;

(3) Maak seker jy het 'n man op wie jy kan staatmaak;

(4) Maak seker jy het 'n man wat jou liefhet en jou bederf.

(5) Maak seker dié vier manne ontmoet mekaar nooit! 

173.

'n Man kom op die plaas aan waar hy net ‘n opgeskote seun by die stal aantref. ”Is jou pa hier ?”, vra die man. “Nee oom my pa is in die dorp." “Is jou broer Gert hier ?” vra die man. “Nee oom, my broer Gert is in die koshuis en kom net elke 2 de naweek huistoe." "Is daar iets waarmee ek oom dalk kan help ?” 

“Jou broer Gert het my dogter swanger gemaak” sê die man.

“Oom sal maar met my pa daaroor moet praat…ek weet hy vra R5,000 as ander mense sy bul gebruik om hul koeie te dek.

Ek weet ook hy vra R2,000 as iemand sy ram gebruik om hul ooie te dek…ek het egter geen idee wat hy oom gaan vra vir die werk wat Gert gedoen het nie!!!"

174.

Boer: "Jonas hoe de moer kry jy dit reg om so baie kak aan te jaag in een enkele dag ?"

Jonas: "Eish my baas, ekke ek staan baja vroeg op."

175.

Boer (die moer in): "Jonas, jy weet toe hulle swart mense soos jy gemaak het, het hulle 7 sakke steenkool gevat en dit met 3 sakke kak gemeng?

Jonas: "Auk, en toe hulle vir die baas gemaak het, hêlle het hom die 
steenkool uitgelos?"

176.

Parkinsons is beter as Alzeimers. Ek bewe hom liewer in as om te vergeet hoekom hy styf is.

177.

Seuntjie blaai deur sy Ouma se Bbybel en kom op 'n gedroogde vyeblaar af. Opgewonde hardloop hy die gang af en skree: "Ouma, Ouma, Eva het haar 'pantie' in jou Bybel vergeet. 

178.

Jan vra vir Piet: "Hoe sal ek weet of my aanstaande vrou op ons troudag nog 'n maagd is?"

Sê Piet: "Met jul honeymoon vat 'n blik blou en 'n blik rooi verf en 'n graaf saam. Verf dan jou een knater rooi en die ander een blou. As sy dan sê dis die snaakste knaters wat sy nog gesien het, bliksem haar met die graaf. 

179.

Koos leer sy driejarige seuntjie om diere-geluide na te maak. "Watse geluid maak 'n hond?"

"Woef woef!" sê die seuntjie.

"Mooi so seun. En watse geluid maak 'n kat?"

"Miaauwww!"

Dis reg ou grote, en watse geluid maak 'n koei?"

Seuntjie: "Koos, moenie eers daaraan dink om kroeg toe te gaan saam met jou pêlle nie, want dan kan jy maar vergeet om OOIT weer jou voete in hierdie donnerse huis te sit!!!"

Koos: "Baie oulik suen, baie flippen oulik." 

180.

Klein ou in die bar aan 'n Bouncer: "Jy beter pasop!, groot gif kom in klein bottels."

Bouncer: "Ek gaan jou nie drink nie, ek gaan jou bliksem!!!" 

181.

Hoe weet jy wanneer jy die regte vrou het?

As julle Monopoly speel en sy kies elke keer die strykyster. 

182.

Dinge wat MOEILIK is om te sê wanneer jy gesuip is:

  1. Innoverend
  2. Preliminêr
  3. Verspreiding
  4. Kaneelsuikerkorreltjie

Dinge wat BAIE MOEILIK is om te sê wanneer jy gesuip is:

  1. Spesifiseer
  2. Anti-konstitusionalisties
  3. Passief-agressiewe afwyking
  4. Transubstansieer

Dinge wat F@KKEN ONMOONTLIK is om te sê wanneer jy gesuip is:

  1. Nee dankie, ek is getroud.
  2. Nee dankie, niks meer vir my om te drink nie.
  3. Jammer, jy is nie my tipe nie.
  4. O nee, ek kan nie. Niemand wil my hoor karaoke nie.
  5. Ek stel nie belang om met jou te baklei nie.
  6. Dankie, maar ek wil nie dans nie. Ek het nie ko-ordinasie nie en wil nie soos ‘n gek lyk nie.
  7. Waar’s die naaste toilet? Ek weier om in die parkeer area, op die gras of langs die pad te piepie.
  8. Nee, ek bel nie my vriende die tyd van die aand nie.
  9. Ek moet nou huistoe gaan. Ek werk more.
183.
Dit is amper weer Kersfees en oral slaan mense weer hul resepteboeke oop vir 'n lekker Krismiskoek.
So draf die tante by die drankwinkel in om brandewyn te koop. Die javel agter die toonbank vra: "Drink Tannie brannewyn? Wow, Tannie is sooo cool!" 
"Moenie laf wees nie, ek gooi dit oor my koek." 
Javel: "Shoe, Tannie, jy is awesome!!!".
184.
Die drie ou tannies lê kaalgat op die gras by die Ouetehuis. 'n Pa en seun loop verby en die seun sien dit raak. "Pa!! Pa!! Kyk daar sjoe????" 
Pa is ontsteld en dink nee donner dit werk mos nie so nie. Hy gaan sien onmiddelik die opsigter om 'n formele klagte in te dien.
Opsigter: "U hoef nie te bekommer nie meneer, hulle is drie afgetrede prostitute en is besig met 'n CLOSE DOWN sale."
185.
Ek het vandag daai ekstra myl probeer loop vir my companyToe kry my baas my langs die pad en vat my terug werk toe!!
186.
Die bruid besoek die bakster en verduidelik vir haar baie eksplisiet wat sy verwag rondom haar troukoek en wat daarop moet wees. Sy wil ook die teksvers 1 JOH 4:16 - En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom - op die koek hê.

Op haar troudag stap die Pastoor per toeval verby haar troukoek en verstik amper aan sy koeksister. Want op koek - groot en duidelik - word Johannes 4:16 groot versier. Per ongeluk het die bakster die "1" vooraan vergeet en net Johannes 4:16 aangedui.

Dis mos (vir die wat nie weet nie) "...Hy sê toe vir haar: Gaan roep jou man en kom terug hierheen. Die vrou het Hom geantwoord: Ek het nie 'n man nie. En Jesus sê vir haar: Dis reg wat jy nou gesê het:Ek het nie 'n man nie. 17 Jy het reeds vyf gehad, en die een wat jy nou het, is ook nie joune nie..." 

186.
'n Bose gangster met 'n moerse gun bars by die kerk in. Hy skree: "Wie is almal Jesus se kinners? Ek wil julle na julle se Pa stuur?!"
Die hele gemeente is skytbang en bly tjoepstil!!!
Na 'n rukkie sê die een suster 'n sagte, bewerige stemmetjie: "Die dominee sê altyd hy is Jesus se kind."
Die dominee sak af op sy knieë en sê: "Suster, moet nou nie bog praat nie!!!! Ek is antie Gloria en oom Sakkie se kind!!!!" 
187.
As mans dronk word dan praat hulle #@%, raak vreeslik emosioneel, bestuur sleg en hou daarvan om vir geen rede te baklei… Ek haal my hoed af vir vrouens.... Hulle kry dit reg sonder om te drink!!!!!
188.

Julius Malema se woordvoerder het vanoggend tydens 'n verklaring bevestig dat daar by sy huis ingebreek is. Behalwe vir elektroniese toestelle, is daar ook tientalle boeke uit Malema se privaat biblioteek gesteel. Sy woordvoerder het bevestig dat Malema veral onsteld is oor twee boeke in sy versameling wat gebuit is, wat hy nog nie volledig ingekleur het nie.

189.

Wanneer gaan die gemors in ons land ophou?  Ons het vanoggend 'n klagte ontvang uit Moot. Bure het gekla van 'n agtjarige seuntjie wat heeloggend gil. Ons is met drie patrollie voertuie en 'n maatskaplike werker na die adres. Daar aangekom was die deur gesluit. Ons kon daai kind se gille hoor. 

Een van die vrouekonstabels het begin huil. Ons kon hoor hoe skreeu daai kind..."Daddy...moenie...hou op daddy...daddy ek wilnie...daddy hou op asseblief!!!...ek sal nie vir mammie sê nie...hou op...asseblief daddy moenie... iemand help! Asseblief!"

Die bure in die straat was kwaad en gewapen. Een ou skreeu: "Bring daai vark uit daai huis".

Adjudant Offsier Sidney Cloete, was sooo kwaad..hy skop die deur oop en ons storm in. Die kind het steeds gegil en toe ons in die kamer kom, staan die pa met die seun en probeer al heeloggend om vir die kind 'n Blou-Bul trui aan te trek...die gemors!!!!!"

190.

Die Muis familie sit rustig in hul sitkamer toe 'n groot kat daar instorm.

Pa Muis skrik sy gat af en begin blaf soos 'n hond. Die kat pluk verward en hol weg. 

Pa Muis aan sy kinders: "Ek hoop julle kan die waarde van 'n tweede taal nou verstaan!?"

191.

 Staan eendag en bekyk die Polisie toe hulle 'n oproerige skare moet hanteer. So 'n fris kaptein.....lyk soos n Kelvinator met 'n kop op.......is aan die roer van sake. Toe die skare nader kom bulder hy: " Waaaater Canon!!"

Hulle trek los met daai waterstraal en spuit die klomp so halwe straatblok terug, maar die klomp staan op en kom weer. Weer bulder sy stem: " Pepperrrrr Sprayyyy!!!!!" Weer bulder sy stem "Moerrrrr Hulleeee!!!!" Die manne trek los en roer die klomp met die gas, maar met rooi ogies en snotneuse kom hulle steeds. Daar vlieg 'n span onder hulle in en slaan sewe soorte waks uit hulle uit met sambokke en knuppels, maar......ja........met seer gatte en al kom hulle steeds aan. Toe brullll sy stem: "Laat los hulle!!!!!" En die manne laat los die honde!!!

Toe daardie honde onder hulle invaar spat die hele optog in meer rigtings as wat daar op n kompas is en alles is oor en verby. Stap ek toe nader en vra baie vriendelik en moers nuuskierig vir die man nou hoekom dan al die moeite doen van water en pepper spray en knuppels en nie sommer van die begin die honde gebruik het nie?

Sonder om na my te kyk......met oë wat daaaaar staar antwoord hy droog. Hierdie honde is baie vol stront. Hulle sit hulle bekke aan niks voordat dit nie eers gewas, ge-spice en getenderise is nie!

192.

'n Egpaar sit met 'n groot probleem. Die enigste manier om op 'n Sondagmiddag hul huwelik in sy volheid te geniet, is deur hul seuntjie met 'n groot suigstokkie op die balkon van hul woonstel uit te stuur, met die versoek dat hy oor die omgewing, bure en straataktiwiteite moet rapporteer.Die knaap begin sy kommentaar terwyl Pa en Ma hul plan van aksie in werking stel. "Daar word 'n kar uit die parkeerterrein uitgesleep. 'n Ambulans is nou net hier verby. Die Andersons het kuiergaste gekry. Marius het 'n nuwe fiets. Dit lyk of die Standers besig is om te trek. Jason ry alweer op sy skateboard." Na 'n rukkie kondig hy aan: "Die Petoorse is besig met seks." Geskok vlieg Ma en Pa regop in die bed en die pa vra versigtig: "Hoe weet jy hulle het seks, Boetman?"Die knaap antwoord: "Anton staan op hulle balkon met 'n suigstokkie."

193.

Volksgenote  !!!!BREAKING NEWS!!! Gerugte doen die rondte dat Zuma gehijack is in Johannesburg. Die boewe eis R250 miljoen of hulle gaan Zuma en sy body guards in hul motor uitbrand. 

Sover verneem kon word (ondanks uiters streng media maatreëls deur Nasionale Intelligensie) het nuus op grondvloervlak uiters vinnig versprei en kom donasies baie vinnig in. By Luthuli Huis is daar al reeds 3000 pakke Blitz, 4 lorrie vragte hout, 3250 liter petrol en 848 Bic lighters en 16 Trekker tyres afgelewer. 

194.

Mike en Kallie stap in die pad af en 'n krimineel met 'n mes dreig hulle vir al hulle geld. Mike haal dadelik al sy geld uit sy beursie uit en gee dit vir die krimineel. Kallie haal toe ook sy geld uit sy beursie uit, gee dit vir Mike, en sê: "Hier is daai R200 wat ek jou skuld."

195.

Ou Oom Koos se selfoon gaan laatnag af. Toe hy dit uiteindelik opdie bedkassie opspoor, gee hy dit net een kyk en sit dit weer neer.

"Wie was dit?" vra sy vrou. 

"Bettie Louw", sê hy. "Ek gaan nie antwoord nie, ek ken nie 'n Bettie Louw nie."

Nie lank nie, of die foon raas weer. Oom Koos kyk en vloek. "Al weer die verdomde Bettie Louw!" 

Toe dit 'n derde keer gebeur, sê sy vrou: "Gee hier, dat ek kyk!!!"

"Ai man". sê sy. "Dit is nie Bettie Louw nie, dis Battery Low".

196.

Dit word vertel dat een van die samestellers van die eerste Afrikaanse woordeboek, 'n besonderse kennis gehad het ten opsigte van die alledaagse gebruik van die taal. Daar is een storie - wat natuurlik glad nie waar is nie - wat dit mooi illustreer. 

Sy vrou het hom op 'n dag in die kombuis betrap waar hy en die huiswerker besig was om alles te doen wat jy nie normaalweg in 'n kombuis doen nie.  

"Ek is verras." Is al wat die doodsbleek vrou kon uitkry.

"Nee, nee, nee." Het hy haar reggehelp. "Jy is verslae, Ek is verras."

197.

Een jaar koop ek vir my skoonma 'n plot in die begraafplaas vir haar verjaarsdag...

Die volgende jaar koop ek niks. Toe sy wil weet waar's haar geskenk. Sê ek: "Maar ma, jy het dan nog nie eens laasjaar s'n gebruik nie."

En toe baklei ons.

198.

By ons Hoërskoolreunie kyk my vrou kort kort vir 'n dronk ou wat alleen by 'n tafel sit en drink. "Ken jy hom?" vra ek. "Ja", sug sy. "Hy's my ou kêrel. Hy het blykbaar begin drink net nadat ons destyds uitmekaar is,  en sedertdien nog nie opgehou nie." 

"Magtag" sê ek, "Wie sou nou kon dink dat hy dit so lank sou vier?"

En toe baklei ons.

199.

Ek vat my vrou Spur toe. Die waiter vra wat ek wil hê. "Ek sal rump steak neem, rare, asseblief." Hy vra of ek nie vir mal-koei bang is nie.

"Nee, sy kan self vir haar bestel wat sy wil hê."

En toe baklei ons.

200.

My vrou staan kaal voor die spieël. Sy hou nie van wat sy sien nie, "Ek is oud en vet en vol selluliet en plooie. Ek het 'n kompliment nodig." smeek sy. "Toe antwoord ek: "Daar's niks met jou oë verkeerd nie skat!"

Ek sukkel nog bietjie om te praat.


        LAG VERDER IN AFRIKAANS