My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
TOP TIEN AFRIKAANSE GRAPPE

Mediese Advies: Sou 'n dokter jou vandag inlig dat jy net ses maande oor het om te leef? Trek by jou skoonma in. Dit sal die langste ses maande van jou lewe wees.

Male & Female Libido Boosters Pretoria

1.

Ek hou nog steeds daarvan om die liefde van my lewe te bederf! As sy laat werk in die aand, dan bel sy my en sê sy is oppad! Dan tap ek lekker warm water met skuim solank in, sodat, as sy instap, sy dadelik kan begin om die skottelgoed te was.

2.

Sjoe!! Dit reën al vir 3 dae by ons.... Al wat my skoonma doen is deur die venster staar.... As dit so aangaan , sal ek haar seker moet laat in kom!

3.

Twee babas gesels.


Baba een: "Weet jy, ek so gatvol vir Purity! Dis Purity in die oggend, Purity in die middag, Purity in die aand en dan nog tussenin ook!"
Baba twee: "Jissie ou, jys flippen lucky! Try bietjie 'n tiet deel met 'n ou wat Chesterfield rook!"

4.

Die dominee gaan besoek 'n dame wat baie alleen is. Op die bedkassie staan 'n bakkie met grondbone waaraan hy peusel terwyl hy gesels. Toe hy besef dat hy die bakkie alleen opgeëet het, vra hy groot omverskoning. "Dis alles reg, dit sou net daar bly staan het. Sonder my tande suig ek net die sjokolade af".

5.

Wiskunde deur die jare!!

* Wiskunde in die 1960's :'n Boer verkoop 'n bakkievrag vol brandhout vir R100. Sy produksie-koste is 4/5 van die prys. Wat is sy profyt?

* Wiskunde in die 1970's :
'n Boer verkoop 'n bakkievrag vol brandhout vir R100. Sy uitgawes is 4/5
van die bedrag, of R80. Wat is sy profyt?
* Wiskunde in die 1980's :
'n Boer verkoop 'n bakkievrag vol brandhout vir R100. Sy uitgawes is
R80. Het hy 'n profyt gemaak?
* Wiskunde in die 1990's :
'n Boer verkoop 'n bakkievrag vol brandhout vir R100. Sy uitgawes is R80 en sy profyt is R20.
Opdrag: Onderstreep die syfer 20.
* Wiskunde in die 2000's: 'n Boer kap 'n pragtige woud af sodat hy 'n
profyt van R20 kan maak. Voordat hy dit egter kan verkoop, word hy geskiet
en sy bakkie gekaap. Die kaper verkoop die hout vir R50 en die boer se
bakkie vir R800 en maak dus 'n wins van slegs R850.
Opdrag: Verduidelik hoekom dit Apartheid se skuld is.

6.

Two metro cops spot a single cab Toyota Hilux bakkie, FS number plates and two boere inside busy driving in the BUS lane. "Those whities think they cleva!" says the one cop. So they stop the bakkie, he walks over to the window. Cop says: "Good day sir."
Driver: "Goeie dag."
Cop: "Das lane is for da bus"
Driver: "Yes, I'm bus JAN and this is bus PIET!"

7.

Klein Jannie en sy gesin eet Sondag middag by Ouma. Net toe almal aan tafel is, begin Ouma die kos opskep.

Toe Jannie sy bord kos ontvang, begin hy dadelik eet.

"Jannie, asseblief!!" sê sy ma. "Wag asseblief tot ons gebid het."

"Ek hoef nie," sê hy dadelik.

"Natuurlik moet jy!" antwoord sy ma. "Ons bid altyd voor ons by die huis eet."

"Ja, maar dit is by ons huis" verduidelik Jannie. "Maar hierdie is Ouma se huis, en sy weet hoe om te kook."

8.

'n Vrou bel 'n petshop en sê sy stel belang in die pappegaai wat hulle in die koerant geadverteer het.

Sy kom toe later daar aan en die ou wys haar 'n moerse nice African Gray:"R400 en hierie outjie is joune! Gewoonlik gaan hulle vir meer as 'n duisend Rand." sê hy."Nou maar hoekom so goedkoop?", vra die vrou. "Wel", sê hy: "Die pappegaai het vir so paar jaar in 'n hoerhuis gebly en gevolglik is sy taal so bietjie kras."

"Ag nee wat", sê die vrou, "Ek is baie open minded en dit sal nogal snaaks wees om so iets in die huis te hê." Sy koop toe die pappegaai en vat hom huistoe.Daar aangekom kyk die pappegaai so bietjie rond en sê: "My fok! 'n Nuwe hoerhuis en 'n nuwe madame!"

"Ek is nie 'n madame nie," lag die vrou "en hierdie is definitief nie 'n hoerhuis nie."So rukkie later stap die vrou se twee tienerdogters in. Weer hak die pappegaai af: "My fok! 'n Nuwe hoerhuis, 'n nuwe madame en twee splinternuwe hoere!""Ma, sê vir daardie pappegaai om stil te bly, ons is nie hoere nie!" maar nogtans giggel hulle oor die nuwe troeteldier.

Nog so rukkie later kom die vrou se man by die huis en weereens hou die pappegaai nie sy bek nie: "Wel fok my! ' n Nuwe hoerhuis, 'n nuwe madame, twee nuwe hoere, maar dieselfde ou customers! Hoe gaan dit met jou, Freddie?

9.

Oom Kallie en Tant Anna ry in New York toe 'n taxi langs hulle stop. Die taxidrywer se toe vir hulle: "Good Morning!" Tant Anna vra toe vir Oom Kallie: "Pappa, wat sê hy?" "Ag, hy sê sommer hallo." Eh nulle ignoreer hom toe verder. "Hey, where are you from?" "Pappa, wat sê man?" Oom Kallie antwoord: "Ag, hy vra sommer waarvandaan ons kom." En hulle antwoord: "South Africa." Die taxidrywer sê toe: "Hey, I've been to South Africa and I had the worst sex there ever!!!" Tant Anna vra toe weer: "Pappa, wat sê hy?" Oom Kallie: "Hy sê hy dink hy ken jou!!"

10.

Koos: "Wanneer trou jy en jou meisie?" Piet: "Ek sou al lankal, as dit nie vir haar familie was nie!!!!" Koos: "Haar familie?" Piet: "Ja, haar man en drie kinders."

11.

Koos vra sy pel bekommerd: "Waar sit n vrou se skande?

Pel: Ek weet nie hoekom?...

Koos: My vrou se as ek dronk is,steek ek haar in die skande!!!"

12.

Koos en sy pel, Jan (wat oorsee studeer by yale) besluit een naweek toe hy kom kuier om te gaan kamp. Hulle het by hulle oord gekom, lekker gebraai, 'n paar doppe gedrink, die tent op geslaan en toe gaan slaap...


Laat die aand maak Koos vir Jan wakker en vra: "Hoori Jan, wat sien jy?" Jan kyk op na die sterre en antwoord: "Wel, astrologies gesproke sê die sterre vir my dat die duiwel is in leo.. Teologies sê die sterre vir my dat dit omtrent 3am is en meteorologies sê die sterre vir my dat more 'n mooi dag gaan wees."

Hy kyk na Koos en vra: "Nou wat sien jy ou pel?" Koos: "Wel, prakties gesproke sê die sterre vir my... iemand het ons fokken tent gesteel!"

13.

Malema vra 'n toordokter op watter dag sal hy doodgaan?

Toordokter: "Op 'n Boere Vakansiedag!"

Malema: "Aauk, hoekom?"

Toordokter: "Enige dag wat jy doodgaan, sal vir die Boere 'n Vakansie dag word"

14.

Die spietkop trek die ou oom van 78 af ongeveer 02h30 in die oggend. Die oom is goed gesool! Spietkop: "My oom, jy is poepdronk, en jou bestuur jy die tyd van die oggend. Waar is jy oppad? Oom: Nee, ek is oppad na 'n lesing toe. Spietkop: Lesing??? Strooi man, waarheen is jy oppad? Oom: Ek is oppad na 'n lesing oor drankmisbruik, alkoholisme, dobbelary, verbode seks, en opkikkers. Spietkop: En wie sal nou die tyd van die oggend so 'n lesing aanbied? Oom: My vrou natuurlik!

15.

Koffie maak ‘n mens definitief aggresief!!! Ek het gisteraand 12 dubbel brannewyne gedrink en my vrou net twee koffie's. Jy moes sien hoe bedonnerd was sy !!!!.

16.

Ek loop nou net uit by die winkel met 'n pie, 'n koeldrank, chips en 'n russian en daar sit 'n boemelaar en sê vir my dat hy 2 dae laas geeët het. Ek sê toe vir hom: "Fokkit! Ek wens ek het jou wilskrag gehad"

17.

Vrou soek haar man orals rond en kry hom in die garage langs die kar en huil. Sy vra: "Wat's fout?" Hy sê: "onthou jy die dag toe jou pa ons die eerste keer gevang het en onthou jy toe hy sê ek moet met jou trou of tronk toe." "Ja, sê sy." "Wel, vandag sou ek uitgekom het."

18.

Juffrou is moeg vir Jannie se vuiltaal en roep al die dogtertjies bymekaar en sê: "As Jannie weer vuiltaal gebruik, moet almal opstaan en uit die klas loop."

Volgende dag vra Juffrou die klas watter projekte in hul omgewing is? Jannie antwoord: "Hulle bou 'n hoerhuis by ons." Al die dogtertjies staan toe op om uit te loop. Jannie sê: "Julle hoertjies kan maar sit, die plek is nog nie oop nie!"

19.

'Dogtertjie: "Pappa waar kom babas vandaan? Pappa: "Pappa plant 'n saaitjie in mamma se maag.Dogtertjie: "Moet mamma die saadjie sluk? Pappa: "Net as sy nuwe skoene soek!"

20.

Ek's eintlik impressed met wat Lance Armstrong gedoen het!!!! Toe ek op drugs was kon ek nie eers my flippen fiets kry nie.

21.

Ek wil julle graag vra om vanmiddag aan my te dink. Ek het 'n afspraak by my bank en as dinge reg uitwerk, sal my lewe baie verander. Ek is so op my senuwees, ek kan skaars die sykous oor my kop kry...

22.

'n Man kom by die pastoor om te bieg… Man: "Vergeef my vader ek het gesondig. Ek het gister met my vrou omgang gehad". Pastoor: "Was dit dan teen haar sin?"

Man: "Nee, maar ek het haar van agter af gelooi." Pastoor: "O ja? En dit was teen haar sin?" Man: "Wel nee, maar haar kop was so half in die vrieskas." Pastoor: "Oeeee koud! En dit was sekerlik teen haar sin?" Man: "Nee, ook nie …" Pastoor: "Waaroor bekommer julle dan? Jy het duidelik glad nie gesondig nie!" Man: "Dis moerse goeie nuus maar ek dink nie een van ons twee gaan ooit weer fokken Woolworths toe nie!

23.

Mavis doen aansoek vir werk.

By die onderhoud vra die eienaar: "Mavis, het jy tik geneem op skool ?"
Mavis: "Nei maneer, dai djare was da net dooswyn en dagga.

24.

Die twee ou skool pêlle, Piet en Koos, loop mekaar raak na twintig jaar. "Haai, ou Piet, jy lyk goed man. Wat het jy met jou lewe gedoen na skool?" vra Koos. Nee, sê Piet, ek het Tale gaan swot op Tukkies en het my Honneurs behaal. daar het ek toe ook my vrou ontmoet. Sy skryf gedigte en prosa en het 'n Meestersgraad in Letterkunde. My seun is 'n konsertpianis in Amerika vir die Amerikaanse Philharmoniese orkes en my dogter is die hoofballerina in Londen se geselskap. Julle moet een aand oorkom dan hou ons 'n kultuur-aand. "En wat het jy met jou lewe gedoen, Koos?" vra Piet. Nee, sê Koos, ek was mos al op skool al 'n bietjie bakleierig en het toe na skool maar 'n bokser geword. Daar het ek ook my vrou ontmoet, die dogter van 'n promotor, en in daai tyd kon die vrouens mos nie boks nie toe begin sy met karate en sy het haar black belt gekry voor ons eerste kind. Ons seun het onlangs sy nasionale kleure gekry in stoei en my dogter verteenwoordig ons land in Judo. "Julle moet een aand oorkom dan moer ons julle."

25.

Koos kom dronk by die huis aan, kry 2 panado's en druk dit in sy vrou se mond terwyl sy slaap...Sy word verward wakker en sê: "Wat de hel doen jy nou Koos?" Koos sê toe: "Ek het 2 panado's in jou mond gesit!" Vrou: "Is jy nou getik?? Ek het nie 'n kopseer nie!!!!" Koos: "DIS WAT PAPPA WIL HOOR!!"

26.

Boer vang Sipho steel daar op die plaas. Hy vat hom langs die skuur en gee vir hom 'n dice. Boer: "As jy 1 - 5 gooi dan bliksem ek jou goed, verstaan jy?" Sipho: "Eish, en asse ek goi hom die six baas?" Boer: Dan kan jy weer gooi!

27.
Daar in die Kaap stop `n spietkop vir oom Kallie. Die oom het `n bietjie te vinnig gery.
Die spietkop sê vir oom Kallie: “Kyk, ek sal vir jou `n kans gee. Sien jy daar anderkant, wat kom daar aan?”
Oom Kallie sê: “Dis `n kar.”
“Nee oom, jy het nie mooi geluister nie, is dit `n Merc, `n BMW of `n Audi. Kyk nou weer, wat kom daar aan?”
Oom Kallie sê: “Dis `n motorfiets.”
“Nee oom, jy het weer nie mooi geluister nie, is dit `n Kawa, `n Honda of `n Yamaha?”
Hy skryf toe die kaartjie.
Oom Kallie sê: “Luister hier seun. Jy staan in Adderlystraat en oorkant die straat staan daar `n vroumens, met `n baie kort minirokkie aan en `n kort toppie en rooi skoene en rook `n sigaret, wie is dit?”
Die spietkop sê: “Dis `n prostituut.”
“Nee seun, jy het nou nie mooi geluister nie, "Is dit jou sussie, jou ma of jou ouma?”
“Hoekom?” vra sy vrou. “Ek wil tog nie he n poephol moet my goed gebruik nie.” sê hy. Sy antwoord: “ Nou wat laat jou dink dat ek weer met 'n poephol sal trou?”

28.

Antie sê vir die oom na seks: "Jy is soos n selfoon..." Uncle vra: "Vibreer ek te veel?" "Neeee" sê die antie, "jy verloor sein die oomblik as jy die tonnel binnegaan!"

29.

Twee seuntjies sit met hulle totties in 'n dammetjie water. 'n Oom kom verby gestap en vra: "Wat maak julle?" "Ons probeer doos vang Oom!" Die Oom (speel maar saam om te kyk) en vra: "Kan ek ook probeer?" Hulle sê: "Ja, Oom! Jy moet jou broek aftrek en ook jou tottie in die dammetjie water sit soos ons." Na so rukkie vra die oom: "Hoeveel dose het julle al gevang?" Die twee seuntjies sê: "Oom is die vyfde een vandag!!"

30.

Koos vra sy vrou:"Is jy lus om Saterdagaand uit te gaan?""Dit klink lekker!" se sy opgewonde. "Great!" se Koos."Want die manne kom hiernatoe om poker te speel."

31.

Pa stuur aan sy seun in die tronk 'n brief."Ek sal nie die jaar aartappels kan plant nie. Die lande is nie omgespit nie, want jy is nie hier om uit te help nie." Seun skryf terug:" Dit is ook maar goed, want die geld wat ek gesteel het, is in die lande begrawe. "Die volgende dag toe is die polisie daar en spit alles om opsoek na die geld maar kry niks. Seun skryf weer aan sy pa:" Pa kan nou maar plant, dit is die beste wat ek kon doen van hier af!"

32.

Die ontvanger besluit om ‘n oudit op Oupa te doen en dagvaar hom om die belastingkantoor te besoek. Die ouditeur was glad nie verras toe Oupa se prokureur hom vergesel nie. Die ouditeur sê, “Wel meneer, u het ‘n uitspattige lewenstyl en geen voltydse betrekking nie, wat u verklaar deur te beweer u wen baie geld met dobbel. Die belastingkantoor vind dit nie geloofwaardig nie”

Ek is ‘n goeie dobbelaar en ek kan dit bewys sê Oupa. Wat van ‘n demonstrasie? Huiwerig sê die ouditeur, Nou maar goed. Oupa sê, Ek wed jou ‘n duisend Rand ek kan my eie oog byt. Die ouditeur dink ‘n oomblik. Dis ‘n weddenskap. Oupa haal sy glasoog uit en byt dit, tot onsteltenis van die ouditeur. Nou wed ek jou twee duisend Rand ek kan my ander oog ook byt. Die ouditeur kan sien Oupa is nie blind nie, so hy neem die weddenskap. Oupa haal sy valstande uit en byt sy ander oog. Die verstomde ouditeur besef hy het pas drie duisend Rand verloor met Oupa se prokureur as getuie, en hy raak senuagtig. Wat van dubbel of niks? vra Oupa. Ek wed jou ses duisend Rand dat ek dié kant van jou lessenaar kan staan en in die snippermandjie aan die anderkant kan piepie sonder om ‘n druppel tussenin te mors.

Die ouditeur is nou baie versigtig, maar hy bekyk die ou man en besluit daar is nie ‘n manier wat hy so iets gaan regkry nie, en hy stem in. Oupa gaan staan langs die lessenaar, kreun en steun van inspanning maar hy kan nie die straal oor die lessenaar kry nie en piepie die hele lessenaar papnat. Die ouditeur spring van blydskap toe hy besef hy het ‘n verlies in ‘n reuse wins omskep. Oupa se prokureur laat sak sy kop al kermend in sy hande.

Ek is ‘n goeie dobbelaar en ek kan dit bewys sê Oupa. Wat van ‘n demonstrasie? Huiwerig sê die ouditeur, Nou maar goed. Oupa sê, Ek wed jou ‘n duisend Rand ek kan my eie oog byt. Die ouditeur dink ‘n oomblik. Dis ‘n weddenskap. Oupa haal sy glasoog uit en byt dit, tot onsteltenis van die ouditeur. Nou wed ek jou twee duisend Rand ek kan my ander oog ook byt. Die ouditeur kan sien Oupa is nie blind nie, so hy neem die weddenskap. Oupa haal sy valstande uit en byt sy ander oog. Die verstomde ouditeur besef hy het pas drie duisend Rand verloor met Oupa se prokureur as getuie, en hy raak senuagtig. Wat van dubbel of niks? vra Oupa. Ek wed jou ses duisend Rand dat ek dié kant van jou lessenaar kan staan en in die snippermandjie aan die anderkant kan piepie sonder om ‘n druppel tussenin te mors.
Die ouditeur is nou baie versigtig, maar hy bekyk die ou man en besluit daar is nie ‘n manier wat hy so iets gaan regkry nie, en hy stem in. Oupa gaan staan langs die lessenaar, kreun en steun van inspanning maar hy kan nie die straal oor die lessenaar kry nie en piepie die hele lessenaar papnat. Die ouditeur spring van blydskap toe hy besef hy het ‘n verlies in ‘n reuse wins omskep. Oupa se prokureur laat sak sy kop al kermend in sy hande.

Ek is ‘n goeie dobbelaar en ek kan dit bewys sê Oupa. Wat van ‘n demonstrasie? Huiwerig sê die ouditeur, Nou maar goed. Oupa sê, Ek wed jou ‘n duisend Rand ek kan my eie oog byt. Die ouditeur dink ‘n oomblik. Dis ‘n weddenskap. Oupa haal sy glasoog uit en byt dit, tot onsteltenis van die ouditeur. Nou wed ek jou twee duisend Rand ek kan my ander oog ook byt. Die ouditeur kan sien Oupa is nie blind nie, so hy neem die weddenskap. Oupa haal sy valstande uit en byt sy ander oog. Die verstomde ouditeur besef hy het pas drie duisend Rand verloor met Oupa se prokureur as getuie, en hy raak senuagtig. Wat van dubbel of niks? vra Oupa. Ek wed jou ses duisend Rand dat ek dié kant van jou lessenaar kan staan en in die snippermandjie aan die anderkant kan piepie sonder om ‘n druppel tussenin te mors.
Die ouditeur is nou baie versigtig, maar hy bekyk die ou man en besluit daar is nie ‘n manier wat hy so iets gaan regkry nie, en hy stem in. Oupa gaan staan langs die lessenaar, kreun en steun van inspanning maar hy kan nie die straal oor die lessenaar kry nie en piepie die hele lessenaar papnat. Die ouditeur spring van blydskap toe hy besef hy het ‘n verlies in ‘n reuse wins omskep. Oupa se prokureur laat sak sy kop al kermend in sy hande.
Die ouditeur is nou baie versigtig, maar hy bekyk die ou man en besluit daar is nie ‘n manier wat hy so iets gaan regkry nie, en hy stem in. Oupa gaan staan langs die lessenaar, kreun en steun van inspanning maar hy kan nie die straal oor die lessenaar kry nie en piepie die hele lessenaar papnat. Die ouditeur spring van blydskap toe hy besef hy het ‘n verlies in ‘n reuse wins omskep. Oupa se prokureur laat sak sy kop al kermend in sy hande.
Is alles reg? vra die ouditeur. Nee sê die prokureur, vanoggend het Oupa vir my gesê hy is gedagvaar vir ‘n oudit, en toe wed hy my vyf en twintig duisend Rand hy sal jou hele lessenaar nat pis en jy sal verheug wees daaroor!

33.

Dit is die Engelse juffrou se eerste oggend in die klas op Porterville en sy sê: "Good morning class!" Net een outjie spring op en sê: "Good morning miss". Juffrou vra hom toe hoekom dan net hy geantwoord het. Sê hy: "Because I is the only one whose name are Klaas miss".

34.
Ouma is te vet om 'n set pil self in te sit en vra vir Jannie om dit te doen. Sy buk vorentoe; Jannie sê toe: "moet ek hom in die bruin gaaikie druk of vir die kalkoen voer....?"

35.
"...Ek ry nooit met my payslip in my kar rond nie. Netnou kom ek in 'n kar ongeluk dan dink hulle dit was selfmoord.."

36.

Aangesien die Blou Bulle hierdie jaar in pienk truie speel vir kanker, sal hulle seker volgende jaar in kondome speel vir VIGS...

37.

Die huishulp ry saam met die vrou dorp toe. Hulle ry verby 'n klomp hoere. Sy vra:" Mies, wat maak helle?" Die vrou antwoord: "Maria, hulle slaap saam die man vir geld." Maria sê: "Au, die oubaas hy gee my net die lamoen!"

38.

Ou Jonas, 'n plaaswerker van die Vrystaat pay vir die eerste keer in sy lewe by wyse van tjek.Hy gaan toe bank toe op Bothaville en sê vir die vroulike kassier: “Ek kom haal hom die pay..”Die kassiere verduidelik hy moet net agter op die tjek teken dan kan hy sy geld kry..“Aikona, ek teken hom nie die tjek, ek moet eleke dag agter… agter by die basse bakkie sit, agter by die bakkie ry, agter by die lorrie staan, agter die baas se skape kyk, altyd agter, agter!”‘n Ander vrou verduidelik toe alles weer mooi maar hy wil niks weet van tjek teken nie.Die bank bestuurder, hoeka al die jare nog van Bothaville, hoor die affêre en roep die man na sy kantoor.Hy maak die deur agter hom toe en gee hom een moerse klap.. “Teken agterop die fokken tjek!!” Dadelik teken hy sy tjek en met die uitstap waai hy sy geld vir die kassiere en sê “Eish, Jelle twee, jelle verduidelik somme kak!!
Raai in wie het ek vandag by die Spar vasgeloop? In flippen almal! Ek't my bril by die huis vergeet!

39.

'n Dominee word afgetrek vir spoed. Verkeersbeampte: "Waar woon jy?" Dominee: "Kerkstraat 1, Vanwyksdorp." Verkeersbeampte: "Jou werksadres?" Dominee: "Kerkstraat 1, Vanwyksdorp." Verkeersbeampte: "O, werkloos en jy vat sulke kanse??"

40.

Die doodverliefde kêrel aan sy meisie: "Wat sal jy sê as ek jou vra om met my te trou?" Meisie: "Niks nie. Ek kan nie terselfdertyd lag en praat nie."

41.

Die man en vrou baklei die aand. Vrou bel haar Ma en sê: 'Ma, hy't al weer met my baklei... ek gaan by julle kom bly!'

Ma sê: 'Nee, hy moet betaal vir sy foute... ek kom trek by julle in!'

42.

TOETSBEAMPTE: "Goed Jonas, kom ons toets jou algemene kennis. Jy ry teen 'n afdraend af en voor jou is 'n ander vragmotor. Jy wil verbygaan, wat doen jy ?" JONAS: "Is reg, meneer. Ek kyk hom die left mirror, die pad es skoon, dan kyk hom die right mirror, die pad es skoon. Dan ek slaat die indicator, trap die petrol, kom buitekant, ek gaan verby." TOETSBEAMPTE: "Toe jy nou so besig is om verby te gaan, kom daar 'n ander vragmotor van voor af. Wat doen jy dan?" JONAS: "Is nie mulakeit nie, meneer. Weer ek check die left mirror, es skoon, kyk die right mirror, es skoon, dan sit hom die indicator to the leftt, vang bietjie briek, dan steek ek die neus agter die ander lorry in." TOETSBEAMPTE: "Raait, maar toe jy nou in die spieel kyk het 'n ander trok van agter die gaping toegemaak. Wat maak jy nou?" JONAS: "Aitsa meneer, dan maak ek my assistant Petros wakker." TOETSBEAMPTE : "Nou hoekom wil jy vir Petros wakker maak?" JONAS: " Jirre, Meneer sien, ek dink nie Petros hy het al so moerse ongeluk gesien nie..."

43.
Ma het my geleer hoe om te bid:
"Jy moet bid dat daardie kol op die mat uit is as ek vanaand by die huis kom"
Sy het my geleer van "time travel":
Ek sal jou tot in volgende week in neuk!
Sy het my geleer pa's is slimmer en ryker as ma's:
Gaan vra jou pa!
Sy het my geleer oor plantkunde:
Lyk dit vir jou of geld op my rug groei?
Sy het my geleer om altyd nederig en klein te wees:
Mannetjie !!!
Sy het my van die weer geleer:
Dit lyk of 'n donerse orkaan jou kamer getref het!
Sy het my geleer van fauna en flora:
Moenie vir my vertel perrekak is vye nie!
Sy het my geleer om myself te ontdek:
Hou op om jou soos jou pa te gedra!
Sy het my die wetenskap van osmose geleer:
Hou jou bek en eet jou kos!
Sy het my geleer van uithouvermoë:
Jy sal by daardie tafel sit totdat jy jou spinasie opgeëet het!
Sy het my geleer van sintuie:
Kinners word gesien en nie gehoor nie!
Sy het my geleer van humor:
Hou aan lag, dan gee ek jou iets om oor te huil ook!
Sy het my van jaloesie geleer:
Daar is duisende arm kinnertjies wat ouers soos joune begeer!
Sy het geleer dat daar 'n plek en 'n tyd vir alles is:
As julle mekaar wil vermoor, gaan doen dit buite! Ek't nou net hier skoongemaak!
Sy het my wiskunde geleer:
Sit jy alweer en tanne tel!
Sy het my logika geleer:
Want ek sê so, dis hoekom!

44.

Outjie koop 'n kondoom by die apteker. Apteker vra: "Vir wie is dit?"
"My meisie, maar gee my nog twee", antwoord hy. "Hoekom?", vra apteker.
"Sy het 'n sexy sussie en 'n hot ma!" Die aand by die meisie se huis kom haar pa in. Outjie sak sy kop en bid amper 10 minute...
Meisie: "Ek het nie geweet jy is so gelowig nie!" Outjie: "Ek het nie geweet jou pa is die apteker nie!"

45.
Een wintersoggend is die tante doenig in die tuin, met langbroek onder die rok,toe predikant voor die deur stilhou.Sy draf vinnig die huis binne en sê vir die bediende die maruti (predikant) is hier. "Sê vir hom ek gaan gou-gou die broek uittrek. "Ek kom nou."
Haar lippe rooi gemaak, hare gekam en langbroek uitgetrek kom sy in die sitkamer maar dominee is nie daar nie.
Sy vra die bediende en dié sê: "Ek het hom gasê djy gaan jou broek uittrek. Hy sê for my hy gaan gou die bybel by die kar bere!"

46.

Koos se vrou en skoonma gaan saam met hom op 'n jagtog in die Kalahari. Die eerste nag maak sy vrou hom wakker. "Mammie is weg!" Koos vat sy geweer en met sy vrou agterna die donker in. Nie ver nie gewaar hulle sy skoonma, rug teen die boom met 'n leeu wat haar staan en gluur. "Ag jinnetjie tog!" Gil Koos se vrou. "Wat gaan ons doen?" "Niks nie!" sê Koos. "Daai leeu het homself in die kak gebring hy kan homself daar uitkry!

47.

Dominee: 'Hoekom so hartseer broer?' Man: 'My hond is dood. Sal Dominee hom begrawe asseblief?' Dominee: 'Nee broer, ons begrawe nie diere nie. Probeer die AGS oorkant die straat.'

Man: 'Goed, dink dominee hulle sal 'n donasie van R50 000 aanvaar?' Dominee: 'My magtig broer, kom sit, pleks jy sê dis 'n NG hondjie!

48.

'n Poskantoorwerker kom af op 'n koevert sonder 'n 'stamp' en 'n moerse lelike handskrif. Die brief is aan Jesus geadresseer. Hy besluit om die brief oop te maak en te kyk wat aangaan. Hy lees dat dit van 'n ou tannie af is wat aangaan oor hoe swaar sy kry, omdat iemand haar van haar laaste R100 beroof het, en dat sy volgende maand baie swaar gaan kry en honger ly as daar nie een of ander tipe van 'divine intervention' gaan plaasvind nie.

Die werker voel half jammer vir die ou tannie en samel geld in by die drie ander werkers wat saam met hom elk R20 'donate'. Hulle pos die geld sommer in 'n koevert na die tannie se RETURN address toe. Twee weke later herken die werker weer die tannie se handskrif. Weer aan Jesus gerig. Sonder 'n 'stamp'. Weer maak hy die brief oop, roep die ander werkers en lees die brief hardop.

"Dankie Jesus, dat jy my geld wat gesteel was, vir my vervang het. Ek sou sweerlik nie hierdie maand oorleef het nie. P.S Daar was R20 short gewees. Dit seker daai donners by die Poskantoor."

49.

Ek het nou net 'n ou in 'n rolstoel baie hard gebliksem...hy stop mos op die normale parkering voor Pick 'n Pay. Reëls is reëls pappie!

50.

Twee mans kom uitgestap by die drankwinkel. Gert sê vir sy vriend: "Koos, jy moet die karwag ‘n 'tip' gee!" Koos: "O ja, amper vergeet ek." Koos draai sy venster af en sê vir die karwag: "Moenie direk in die son kyk nie, dis sleg vir jou oë."

51.

Koos vra sy vrou:"Is jy lus om Saterdagaand uit te gaan?""Dit klink lekker!" se sy opgewonde. "Great!" se Koos."Want die manne kom hiernatoe om poker te speel."

52.

"Moenie alles glo wat jy op die Internet lees nie."

- JAN VAN RIEBEECK

53.

Die fotograaf het 'n klasfoto van die kinders geneem en die juffrou het die kinders probeer motiveer om van die klasfoto's te koop. "Dink net hoe lekker sal dit wees as julle eendag weer na die foto kan kyk en sê: 'Daar is Jennifer; sy is nou 'n prokureur, of dit is Micheal, hy is nou 'n dokter." 'n Stem agter uit die klas sê: "Kyk, daar is Juffrou van Rooyen, sy's al dood!"

54.

"Die huishulp ry saam met die vrou dorp toe. Hulle ry verby 'n klomp hoere. Sy vra:" Mies, wat maak helle?" Die vrou antwoord: "Maria, hulle slaap saam die man vir geld." Maria sê: "Au, die oubaas hy gee my net die lamoen!"

Sjoe!! Dit reën al vir 3 dae by ons.... Al wat my skoonma doen is deur die venster staar.... As dit so aangaan , sal ek haar seker moet laat in kom!

55.

Die Ingelsman, die Amerikaner en die boer sit en die kroeg en brêg oor hoe vinnig dinge in hul land gebeur. Die Ingelsman sê dat hulle 'n huis volledig bou binne een dag. Begin in die oggend, en voor die son sak, staan daar 'n vier slaap kamer huis. Die Amerikaner sê: "Dis Niks. Ons bou 'n dubbelverdieping huis, 600m2 met 5 slaapkamers en-suite binne 'n dag. Begin in die oggend, en voor die son sak, staan die paleis." Vandermerwe bly so rukkie stil: "Ek stap een more werk toe en sien hoe hulle die fondament van 'n gebou gooi. Toe ek die aand huis toe gaan staan die woonstel blok, en is hulle reeds besig om huurders uit te jaag wat agter is met hulle huurgeld."

56.

Sneeuwitjie, Arnold Swcharzenegger en Saddam Hussein gesels een middag oor tee. Sneeuwitjie sê: "Ek is sekerlik die mooiste vrou in die wêreld, maar hoe sal ek verseker weet?" Swcharzenegger sê: "Ek is seker die bes gespierde man in die hele wêreld, maar hoe sal ek verseker weet?" Saddam sug en sê: "Ek is sekerlik die mees korrupte mens in die wye wêreld, maar hoe sal ek ooit seker weet?" "Ek het 'n plan", sê Sneeuwitjie. "Kom ons gaan vra die Wyse Man". So sit die drie af na die plaaslike Wyse Man. Sneeuwitjie gaan eerste die Wyse Man se hut binne. Toe sy uitkom sê sy: "Dis waar, dis waar! Ek is die mooiste vrou in die hele wêreld!" Arnold gaan volgende, en hy kom stralend uit: "Ja!, ek is inderdaad die bes gespierde man ter wêreld!" Saddam kry sy beurt en kom vreeslik teneergedruk uit: "Wie die hel is Jacob Zuma?"

57.

Drie seuntjies spog by die skool oor hul pa's. Die eerste een sê: "My pa skryf 'n paar woorde op 'n stuk papier, en noem dit 'n gedig en dan gee hulle hom sommer R500."Die tweede seuntjie sê: "Dis nog niks nie. My pa skryf 'n paar dinge op 'n stuk papier, en hy noem dit 'n lied - dan gee hulle hom sommer R1000." Die derde seuntjie sê: "Mypa is nog beter. Hy skryf 'n paar woorde op 'n stuk papier en noem dit 'n preek. En dan vat dit agt manne om al die geld bymekaar te maak!!"

58.

Die doodverliefde kêrel aan sy meisie: "Wat sal jy sê as ek jou vra om met my te trou?" Meisie: "Niks nie. Ek kan nie terselfdertyd lag en praat nie."

59.

'n Dominee word afgetrek vir spoed. Verkeersbeampte: "Waar woon jy?" Dominee: "Kerkstraat 1, Vanwyksdorp." Verkeersbeampte: "Jou werksadres?" Dominee: "Kerkstraat 1, Vanwyksdorp." Verkeersbeampte: "O, werkloos en jy vat sulke kanse??"

60.

Dit is die Engelse juffrou se eerste oggend in die klas op Porterville en sy sê: "Good morning class!" Net een outjie spring op en sê: "Good morning miss". Juffrou vra hom toe hoekom dan net hy geantwoord het. Sê hy: "Because I is the only one whose name are Klaas miss".

61.

Die vliegtuig was oppad na die vertrekpunt op die aanloopbaan toe dit skielik tot stilstand kom, omdraai, en weer al die pad terug ry na die eindbeheergebou toe. Na 'n uur vetrek die vliegtuig toe uiteindelik. Toe hulle in die lug is en die liggie vir die veiligheidsgordels afgaan, vra 'n passasier vir die lugwaardin wat die vertraging veroorsaak het. "Die vlieënier was bekommerd oor 'n geluid in een van die enjins", antwoord die lugwaardin...en dit het ons 'n rukkie gevat om 'n ander vlieënier te kry!!"

62.

Die vier gholfspelers is ontsettend gefrustreerd oor die vier vroue wat voor hulle speel. "Gaan help jul maatjie haar bal soek!!!" skree die een man vir die drie vroue wat houtgerus staan en wag. "Sy soek nie haar bal nie!" kom die snippige antwoord. "Sy soek haar stok."

63.

Die pasgetroude paartjie het so pas hul eerste nag van passie agter die rug, maar omdat sy maar skamerig is, het dit alles in die pikdonkerte geskied. Die volgende oggend gaan hy stort, maar toe hy klaar is, merk hy dat daar g'n handdoek byderhand is nie, en roep dus sy pragtige bruidjie om vir hom een badkamer toe te bring. Toe sy die badkamer binnekom, sien sy vir die eerste keer haar bruidegom in al sy naakte glorie. "En wat se ding is DIT?", vra sy. "My skattebol, hoe vra jy dan nou so? Jy het dan gisternag so geniet?" antwoord die bruidegom. "O," sê sy, "is dit dan al wat na gisteraand daarvan oorgebly het???"

64.

Dokter: "Die operasie sal twintig duisand Rand kos. Vyf duisend deposito en dan R500 per maand." "Jislaaiiikk!", sê die pasiënt: "Dit klink of ek 'n motor koop.""Dis reg. Jy koop een. Vir my", haak die dokter af.

65.

Polisie: Klop klop. Gammat: "Wiesh daar?" Polisie: "Dis die Polisie." Gammat: "Wat de fok soek djulle?" Polisie: Ons wil praat." Gammat: "Hoeveel is djulle?" Polisie: "Ons is 2." Gammat: "Nou fokken praat met mekaar!"

66.

Jis ouens, ek kan nie wag vir die vakansie nie.....gaan hierdie jaar die Tuinroete doen.......1ste week ....die voortuin....2de week .....die agterste tuin....

67.

Ek't nuwe masjien by gym probeer! Kon net 'n halfuur uithou toes ek naar, maar hy't nou vir jou alles..Kit-Kat, Jelly Tots, Simba chips, Bar One, Muffins!!!

68.

Ouma sit saam met die kinders voor die TV: "Sjoe!!, maar die Smurfies het groot geword!" Kinders: "Ag, flippit -seblief ouma, ons kyk Avatar!"

69.

Toe ek jonger was het ek dit gehaat om troues toe te gaan … dit was altyd die tannies en ouma-tipes wat na my toe sou kom en met ‘n gemoedelike stamp in die ribbes sou sê: “Jy’s volgende!” Hulle het daai kak vinnig gestop sedert ek dieselfde met hulle by begrafnisse begin doen het.

70.

Man stuur SMS aan sy vrou.

"Liefie, ek's omgery nadat ek my kantoor verlaat het. Santie het my hospitaal toe gebring. Hulle het 'n hele paar toetse gedoen en X-Strale geneem. Die trauma aan my kop is pynlik, maar gelukkig het ek nie ernstige beserings nie. Ek het wel 3 gekraakte ribbes en 'n oop fraktuur op linker been, dalk gaan hulle my regter voet amputeer."

Vrou antwoord terug: "Wie de f** is Santie?"

71.

Een van die diere op Noag se ark was 'n padda met 'n groot bek. Hy't gedurig van homself 'n oorlas gemaak. Dan maak hy rusie met dié een dan lig hy sy opinie oor dit of dat. Elke aand net voor sononder klop hy aan Noag se deur en vra: "Hoe lank moet ons nog wag voor ons by droë land uitkom?"

Een aand klop die padda weer aan die deur. "Hoe lank nog voor ons by droë land uitkom?" "Ek weet nie", sê Noag. "Maar ek sê jou wat! Moreoggend gaan ek die een met die grootste bek op die ark uitstuur om land te soek!" "Oo", sê die padda en bly lank stil voor hy weer praat. "Het jy die krokodil al daarvan gesê?"

72.

Ek het gisteraand by 'n geselligheid vasgehaak en toe dit huistoe gaan tyd word, het ek my kar daar gelos en 'n bus gevat. Ek is vandag SO trots op myself...Ek het nog nooit 'n bus bestuur nie.

73.

Vrou: "Ek wil my borste laat groter maak." Man: "Vat elke oggend toiletpapier en vee dit tussen jou borste." Vrou: "Sal dit werk?" Man: "Dit het vir jou boude gewerk..."

74.

Die 12 jarige Rooms Katolieke seuntjie gaan confess en sê vir die Priester hy het slaags geraak met 'n losbandige meisie. Die priester vra wie sy is, maar hy sê dis privaat en dat hy nie mag nie sê nie. Die priester sê: "Was dit Mary?" Die seuntjie sê: "nee, Priester." "Was dit Suzy?" "Nee". "Was dit Sarah? vra die Piester. "Nee". "was dit Maggy?" "Nee". "Was dit Lindie?", vra die Priester met 'n ongeduldige stem. "Nee" andwoord die laaitie. "Goed as jy dan nie wil praat nie skors ek jou as altar boy vir 6 maande. Kom terug as jy om vergifnis wil vra hiervoor. Die seuntjie ontmoet sy maatjie buite en die vra hoe dit gegaan het. Hy sê: "Baie goed, ek het 6 maande verlof gekry en 5 warm leads...."

75.

Vier ouens het na dieselfde jagplaas in die Kalahari gegaan vir baie jare. Twee dae voor hulle weer sou gaan, het Piet se vrou haar voet hierdie keer neergesit en gesê dat hy BESLIS nie hierdie keer mag gaan nie.

Piet se pêlle was uit die aard van die saak baie ontsteld, maar nou ja, wat kan 'n mens maak. Twee dae later toe die drie egter by die jagplaas aankom, kry hulle vir Piet by die vuur met 'n bier in die hand. Tente was klaar opgeslaan. Vuurmaakhout op 'n hoop en die vleis klaar op die rooster.

"Hoe lank is jy al hier? En hoe de hel het jy dit reggekry om jou vrou te kry om jou te laat kom", wou hulle weet. "Wel, ek het vroeg vanoggend hier aangekom," sê Piet. Gisteraand sit ek gatvol op my stoel by die huis - moerig dat ek nie kan kom nie - toe my vrou van agter kom en my oë toedruk en vra: "Raai wie!" Toe ek haar hande afhaal, het sy die sexyste nightie aangehad. Sy vat toe my hand en trek my kamer toe. Daar gekom sien ek 'n klomp kerse wat brand en roos blare die hele bed vol. Op die bed lê daar toue en 'n paar handboeie. Sy fluister toe dat ek haar moet uitrek, vasmaak op die bed en en dan DOEN WAT EK WIL.

So, hier is ek!

76.

Ek she sholank voorjarige nuwespoed Gespeende perskees, ag ek bedoel geknersde senewees! Ek dronk 'n heildrank op jou en shtuur weste benste vir 4012!!

77.

Frikkie kom by sy ma en vra: “Mamma, as mens regtig nie anders kan nie, en jy moet vloek, is dit beter om die “F” woord te gebruik of om die Vader se naam ydelik te gebruik?” Sy ma sê: “Nee, mens mag glad nie een van die twee gebruik nie, dis baie lelik!”

Frikkie: “Maar as mens regtig nie anders kannie, wat dan?”

Ma: “Gebruik dan liewer die “F” woord, maar net as jy nie anders kan nie!” Frikkie: “Goed dan, ma – daar sit ‘n hottentotsfok op jou kop!”

78.

"Gooi vir my ‘n stywe dop asseblief” sê Koos vir die kroegman toe hy by die kroeg instap. “Ek het sopas weer ‘n verskriklike fight met my vrou gehad!” “Ag nee man,” sê die kroegman, “hoe het die een verloop?” “Toe alles oor was,” antwoord Koos, “het sy op haar hande en knieë na my toe aangekruip gekom!” “Regtig, dis ‘n goeie verandering op die reël. Wat sê sy toe vir jou?” “Koos, kom uit onder die bed jou bang gemors!"

79.

Dis die eerste dag van skool en klein Gatiepie word na die skoolhoof se kantoor geroep. HOOF: "Gatiepie, jou juffrou sê jy het tydens pouse so lelik gevloek by die tuckshop." GATIEP: "Nei, sir, disie waarie." HOOF: "Maar sy't self gehoor hoe jy onder iemand se ma se rok vloek." GATIEP: "Nei sir, die kinners het aan mekaar gestamp en toe sê ek net YOU MAASN'T PUSH."

80.

Twee seuntjies het by die apteek ingestap, 'n boks tampons opgetel en na die kassier geneem. Die Apteker agter die kasregister vra die oudste seuntjie: "Seun, hoe oud is jy?" "Agt," antwoord hy. Die Apteker vra toe of hy weet wat hy gekoop het? "Nie juis nie," antwoord hy, "maar dis nie vir my nie. Dis vir hom. Hy's my boetie. Hy is vier. Ons het op die TV gesien as jy hierdie goed gebruik, kan jy perdry, fietsry en swem. En Oom, my boetie kan noggie een van dié goed doen nie."

81.

Die Ma ry met die twee kleintjies (3 en 5) in die kar. Die kinders is onhebbelik stout en sy raas en raas, maar hulle wil nie luister nie; wat nog te sê van stil sit. Sy vererg haar en trek later van die pad af, klim uit en wiks die twee goed! Sy sit hulle terug in die kar en sê: "Nou wil ek nie weer 'n woord hoor nie."Na so paar minute sê die oudste seuntjie: "Mamma, ek wil iets sê." "Net vinnig," sê die ma, want jy is nou veronderstel om stil te bly." Sê hy: "Ek wil net vir Mamma sê, "Liewe Jesus gaan hiervan hoor!!"

82.

'n Bief van Woolworths aan Mev. Van der Merwe

Geagte mevrou van der Merwe,

Ons winkel is van plan om u gesin uit ons winkel(s) te verban, tensy u man nie met sy streke ophou nie. Onderaan vind asseblief 'n lys van alles wat hy aangevang het. Ons kameras het hulle oor die laaste maande geverifieër.

MEMO (Van Sekuriteitsafdeling)

Junie 15, 2012: Hy het 24 boksies kondome gevat en hulle in ander kliënte se mandjies gegooi terwyl hulle nie kyk nie.

Julie 2, 2012: Al die wekkers in die 'Housewares' afdeling ingestel om met 5 minute tussenposes af te gaan.

Julie 7, 2012: Het 'n tamatiesous spoor op die vloer gelos tot by die tampon rakke.

Julie 19, 2012: Na 'n werknemer in die Kombuis seksie gestap en vir haar in 'n amptelike stem gesê: "Kode 3"...en toe gewag om te sien wat gaan gebeur.

Augustus 4, 2012: Het na die Dienstoonbank geloop en gevra of hy 'n pakkie smarties op lay-buy kan sit.

September 14, 2012: Het die "Caution - Wet Floor" bordjie na die matte afdeling geneem.

September 15, 2012: Het 'n tent in die Kampafdeling opgerig en vir kliënte uitgenooi om in te kom as hulle kussing van die Beddegoed Afdeling sal saambring.

Oktober 4, 2012: Het reguit in die sekuriteitskamera gekyk asof dit 'n spieël is, in sy neus gekrap, en dit toe geëet.

November 10, 2012: Terwyl hy gewere in die jagafdeling gehanteer het, assistente gevra het of die anti-depressante pille afdeling naby is.

Desember 3, 2012: Pyl orals in die windel rond op 'n baie verdagte manier, terwyl hy hardop die tema liedjie van "Mission Impossible" neurie.

Desember 6, 2012: in die Auto departement het hy sy "Madonna Look" geoefen deur verskeie groottes tregters te gebruik.

Desember 18, 2012: Het homself in die klererak weggesteek en dan, terwyl kliënte kyk, uitroep "Pick me, Pick me!!!"

Desember 21, 2012: Toe 'n aankondiging oor die luidspreker kom, het hy in die foetale posise gaan lê en skree: "NEE! NEE! Dis weer daai stemme!"

Desember 24, 2012: Hy het in 'n klere aanpaskamer gegaan, die deur gesluit, 'n tyd lank gewag en toe baie hardop uitgeroep: "Daar's nie toiletpapier hier nie!!!!!!"

83.

Oom Koos van die Oos Transvaal besit sy plasie nou al vir donkiejare. Skuins agter die bloekoms het hy destyds vir sy kinders die plaasdam in ‘n swemplek omskep en goed ingerig, met piekniektafels, braaigeriewe en vrugtebome. Een aand, so skemer se kant, besluit Oom Koos, in sy eensaamheid, om bietjie daar by die dam te gaan sit. Hy neem toe ook ‘n emmer saam om ‘n paar van die vrugte terug te neem huis toe. Soos wat hy aangestap kom, hoor hy vrolike stemme gesels en giggel. Hy val plat agter ‘n bos en loer deur die takke om te sien wat aangaan. Tot sy swak hart beleef hy ‘n groep kaal meisies wat in die dam swem.

Hy staan toe op en stap nader om die meisies te laat weet hulle betree eintlik ‘n ander man se eiendom. Toe hulle hom sien, sak hulle almal laer af, sodat die water die nodige toemaak.

Een van die meisies skreeu benoud op die oom:

“Ons klim nie uit voor oom nie weggaan nie!” “Nee, nee, bedaar niggie, ek is nie hier om te kyk hoe die spulletjie van julle kaal swem nie……”

Hy hou die emmer omhoog en sê: “Ek is net gou hier om die krokodil kos te gee………………

84.

Eendag hoor Jannie 'n geraas en hy vang toe 'n loertjie in sy ouers se kamer. Hy vind toe sy ma wat buk oor 'n tafel, en pa wat van agter af lekker hard stamp. Sy pa sien vir Jannie en knip vir hom oog.

Na die tyd gaan check pa of Jannie ok is. Hy vind vir ouma wat oor die tafel buk en Jannie wat haar van agter af lekker hard stamp.

Pa skreeu: "Wat de hel maak jy??"

Jannie knip oog vir sy pa en antwoord: "Nie so snaaks as dit jou ma is nie,ne!?"

85.

Sannie sê vir haar ma: "Ek gaan van Jannie skei". Sannie se ma antwoord geskok: "Ag nee Sannie!!!! Wat gaan dan nou aan? Is jy seker jy wil skei?"

"Ja ma, al wat hy soek is seks, seks seks en nog meer seks. My paddatjie is nou die grootte van 'n R5 muntstuk. Dit was altyd die grootte van 'n 10c-muntstuk."

Haar ma is geskok en antwoord: "Jy's getroud met 'n multi-miljoenêr-sakeman wat jou op jou hande dra, jy bly in 'n agt slaapkamer mansion, jy ry 'n R3 miljoen se Ferrari, jy kry R40,000 per week om te spandeer, jy vat ses vakansies per jaar en jy wil dit ALLES weggooi?? En dit oor R4.90??????"

86.

‘n Ma neem vir vyf-jaar-oue Frikkie saam bank toe.

Hulle staan agter ‘n gesette vrou, deftig aangetrek. Na ‘n rukkie se geduldige wag sê Frikkie: ‘Sjoe, sy is vet!’

Die ma buig en fluister in die seuntjie se oor om nie so lelik te praat van die tannie nie, en stil te bly.

‘n Paar minute gaan verby en Frikkie strek sy arms uit so wyd as hy kan en sê: ‘Haar boude is so breed!’ Die vet vrou draai om en gluur na Frikkie.

Die ma fluister-raas kwaai in sy oor, dreig hom en sê aan hom om stil te bly. Na ‘n rukkie kom die groot dame voor in die tou. Op dieselfde oomblik maak haar selfoon ‘biep, biep, biep’.

Frikkie skreeu: ‘Gee pad, sy gaan reverse!!’

87.

Kallie vra vir Mike of hy dink Portugal ver van hier af is. Mike sê "hy glo nie, want op Laerskool was daar Portugese in sy klas, en hulle het sommer met hul fiets skool toe gery!"

88.

'n Klein Dogtertjie bid een aand........ Sy bid: "Jesus dankie vir die kos amen. "Haar ma sê "maar wat van pappa & mamma? " Sy bid: "Jesus dankie vir die kos en vir mamma & pappa amen."Haar ma sê "maar wat van boetie & sussie?" Sy bid: "Jesus dankie vir die kos en vir mamma & pappa, en vir boetie en sussie amen." Haar ma sê "en wat van jou klere? " Sy bid: "Liewe Jesus hou net aan, my ma wil ook met Jou praat..... "

89.
Die vrou en 'n baba se eerste besoek aan die dokter. Dokter kyk die baba so en vra:" Mevrou, word die baba gevoed met die bors of met die bottel?" Vrou: "Borsvoed dokter." Dokter vra:"Mevrou trek vir my die bloes uit asb." Dokter vryf die nipple, masjeer die bors en se:" Mevrou geen wonder die baba is so klein nie, jy't nie melk nie!" Vrou:" Ek weet dokter, ek is die ouma van die kind maar ek's bly ek het gekom!"

90.
Vanoggend is ek deur 'n vrou in die huisbak onskuldig gebliksem. Ek was besig om na haar boobs te staar toe sy vir my vra:"Sal jy asseblief een druk?" Dit het ek met graagte gedoen. Daarna kon ek nie veel onthou nie.

91.

Die honeymoon aand, na seks lê die vrou met haar kop op haar man se bors, en vryf sy balle. En so gaan dit aan elke aand na hul seks gehad het. Teen die 6de aand na seks, toe sy dit weer doen vra hy haar hoekom sy dit doen. Sy streel nog so paar keer,en kyk diep in sy oe en se: "Na die operasie, mis ek myne..."

92.
‘n Seuntjie ry saam met sy ma in die kar.
Hy krap in sy neus en trek ‘n stuk nollie uit.
Sy ma kyk en vra: “En nou? Wat gaan jy met dit doen?”
Seuntjie: “Nee ek weet nie – ons mag MOS nie in die kar eet nie..”

93.

‘n Klein dogtertjie speel in die tuin toe sy twee spinnekoppe sien paar.

“Pa, wat doen daai twee spinnekoppe?” vra sy. “Hulle paar”, antwoord haar pa. “Wat noem mens die een wat bo is, pa?” vra sy. “Dis ‘n daddy longlegs” antwoord hy. “So die ander een is ‘n mommy longlegs?” vra sy.

“Nee”, sê haar pa, albei is daddy longlegs” Die dogtertjie dink vir so oomblik hieroor na, en trap toe die spinnekoppe plat met haar skoene. “Wel, ons gaan nie daai moffie-kak in ons tuin toelaat nie!”

94.

‘n Klomp boere hou vergadering in die Vrystaat oor die jakkalse wat die skape so afmaai. Natuurbewaring stuur ‘n jong dametjie om die boere te kom oortuig om nie die diere uit te wis nie. ‘n Paar voorstelle word daar aan die vergadering voorgelê. Onder andere om die mannetjie jakkalse te vang en steriliseer, en so getalle te begin beheer sonder om die spesie uit te wis.

Sit een oomie baie aandagtig en luister en op die uitnodiging om vrae te stel, vra hy sy beurt aan en sê: ” Juffrou jy verstaan nie die probleem so mooi nie. Die jakkalse steek nie ons skape nie, hulle EET dit.”

95.
Zuma en Malema kamp uit in die bos, hulle maak toe 'n vuur om kos te maak. Dit begin donker raak en die muskiete byt hulle, dit raak so erg hulle jeuk van kop tot tone.

Zuma sê vir Malema maak dood die vuur dalk sal dit help. Malema gooi water en sand op die vuur en dis toe pik donker.

Bietjie later sien Malema n klomp vuurvliegies... hy skreeu toe vir Zuma: hardloop die muskiete is terug met torches om ons te soek!


96.

Klein seuntjie vra vir sy pa waar hy vandaan kom …Pa sê hulle het ‘n Klein saadjie op ‘n warm plekkie gelos, toe groei hy, en toe kry hulle hom.

Die laaitie loop in die tuin, tel ‘n saadjie op en sit dit onder die stoepmat in die son. Na ‘n paar dae onthou hy daarvan en gaan lig die mat op.

‘n Kriek spring uit ….. Seuntjie: “Goeie donder! As ek nie geweet het jy is my kind nie, het ek jou nou moer toe getrap !!”

97.

Juffrou leer kinders oor rou materiale.Pietie sê hy kies goud, hy kan dit verkoop en dan kan hy ‘n Porche koop.

Sannie sê sy kies platinum, dis meer werd en as sy dit verkoop kan sy `n Ferrari koop.

Jannie sê hy kies sillicon, want sy ma het dit in haar tiete en daar staan altyd befokte karre by hulle huis!

98.

Wel, jy sien dit werk so… ‘n Trop buffels beweeg net so vinnig soos die stadigste buffel. Wanneer die trop gejag word is dit die stadigste en swakste agter wat geskiet word. Die natuurlike seleksie is goed vir die trop as ‘n geheel, want die spoed en toestand van die trop verbeter deur die gereelde eliminasie van die swakste troplid. Op dieselfde manier funksioneer die menslike brein net so goed soos die swakste breinsel. Soos ons weet, vernietig oormatige gebruik van alkohol breinselle. Maar natuurlik val die alkohol die stadigste en swakste breinsel eerste aan. Op hierdie manier, deur gereelde gebruik van alkohol, word die swakste en stadigste breinselle vernietig, wat dan die brein vinniger en meer effektief laat funksioneer… en dit is hoekom jy altyd slimmer voel na ‘n paar doppe!

99.

‘n Man waai sy arms om aandag te trek op die N1 waar hy langs sy gebreekte bakkie staan. ‘n Gawe blond trek af om die ou te help. Die man loop na haar kar toe: “Hello dame, jy gaan nie dalk Pretoria se kant toe nie?”, vra hy.“Sure”, antwoord sy. “Het jy ‘n lift nodig?” “Nee, nie vir my nie. Ek moet my bakkie probeer fix, maar hierdie twee chimps moet by die Pretoria dieretuin uitkom. Hulle is al klaar bietjie uitgefreak en ek wil hulle nie heeldag op die pad hou nie. Kan jy hulle dalk dieretuin toe vat? Ek sal jou R200 vir jou moeite gee.”

Met ‘n glimlag antwoord die blond:

“Natuurlik. Ek is mal oor diere! Ek doen dit met graagte!” Sy sit die twee outjies in haar kar en strap die seatbelts vas en daar gaan hulle. Paar ure later ry die man in Pretoria in en ry toevallig verby die blond en sien die chimps nog steeds in haar kar. Hy beduie haar om af te trek en hardloop hoogs die ^&*(*) in na haar kar toe. “Wat maak die chimps nog steeds in jou kar?!

Ek het jou R200 gegee en mooi gevra om hulle dieretuin toe te vat!” “Ek weet”, antwoord die blond. “Ek het hulle dieretuin toe gevat, maar daar is nog geld oor, so ons is oppad Brooklyn toe om te gaan fliek.”

100.
Sipho kom laat by die werk... Baas vra: "Hoekom is jy laat?" "Nee meneer, 'n aunty het 'n R100 verloor by die taxirank!"
Baas: "Ooh.. en jy het haar help soek?"
"Nee mnr... ek het op daai R100 gestaan tot sy loop.

Lus vir verder lag?

Top Tien Grappe II