# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

1.   Fiela se Kind


              Dalene Mathee 



2.   Raka


           N.P van Wyk Louw



3.   Die rebellie van Sloet

      Steenkamp


           Paul C. Venter



4.   Thula-Thula


           Annelie Botes




5.   Dis ek, Anna


           Elbie Lotter


Fiela se kind is 'n Suid-Afrikaanse roman geskryf deur Dalene Matthee wat in 1985 gepubliseer is. Die boek is oorspronklik in Afrikaans geskryf, maar is later na verskeie ander tale, insluitend Engels, Frans, Duits, Nederlands, Spaans, Italiaans, Hebreeus, en Yslands vertaal. Die storie speel af in die negentiende eeu in die woude van Knysna, Suid-Afrika, en vertel die storie van 'n kleurlingvrou en haar familie wat 'n verlate wit kind aanneem. (lees verder)


Van Wyk se gewildste en bekende werk, die epos Raka, is in 1941 gepubliseer. Daar was later nie alleen heruitgawes nie, maar ook spesiale uitgawes, en om sy sestigste verjaarsdag te gedenk is 'n luukse-uitgawe met litografieĆ« deur die kunstenaar Katrine Harries uitgegee. In sy bespreking van Raka beskryf HA  Mulder dit as 'n klein epos met 'n objektiewe verteltrant waardeur die digter se persoonlike visie, (lees verder)


Wat as die dramatiese avonture van Sloet Steenkamp en ander bannelinge op die eiland St. Helena begin het, het na 'n spannende trek Duitswes toe en 'n bloedige stryd teen Hendrik Witbooi se Namas, by die stilte van 'n waterput ten einde geloop. Maar nou kom daar weer 'n oorlog. Vir Sloet en sy mense is dit die begin van 'n nuwe, epiese stryd om oorlewing teen die agtergrond van 'n genadelose (lees verder)


Annelie Botes se roman, Thula-Thula, waarin sy nie doekies omdraai oor bloedskande nie, is nie vir sensitiewe lesers nie. In die verhaal ondersoek sy die dinamika in 'n gesin waar 'n pa sy dogter verkrag en sodomiseer en die ma ondoeltreffend optree. Die leser ontmoet Gertruida Strydom na die begrafnis van haar ouers, Abel en Susarah, wanneer sy 'n groen toegang-verbode-bord by die hek van hul plaas (lees verder)


Dis ek, Anna is 'n gefiksionaliseerde outobiografiese roman, probleemboek en traumaverhaal geskryf deur Anchien Troskie, onder die skuilnaam Elbie Lotter. Die boek handel oor die seksuele molestering van Anna Bruwer deur haar stiefpa oor agt jaar, wat 'n sinspelinig is op Troskie se pynlike grootwordjare en swye. Die fiktiewe Anna is in hierdie boek in 1968 gebore (lees verder).