# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Tommy se Motortjies

Alhoewel Tommy sommer nog 'n baie klein seuntjie was, het hy 'n wil van sy eie gehad. Hy was altyd daarop uit om sy eie sin te kry, en hy het nie daarvan gehou om deur ander gesê te word wat om te doen nie.

Tommy het 'n aantal mooi motortjies en vragmotortjies gehad waarmee hy graag gespeel het. Sy Pappie het die motors van tyd tot tyd vir hom gekoop. Hy het ten minste twaalf gehad. Onder sy motors was bloues, groenes en rooies. Onder hulle was 'n ambulans, en ook 'n brandweermotor waarvan baie gehou het.

Tommy het gewoonlik met al sy motors op die voorstoep gespeel voor die garage. Daar het hy vir hulle in die los gruis paaie gemaak, en hy het hom verbeel dat dit regte paaie was.

Daar was natuurlik van Tommy verwag om sy motors te bêre nadat hy klaar gespeel het, maar dit is iets wat hy nooit wou doen nie; dat hy hulle later sou gaan haal; of dat hulle maar buite kon slaap sodat hulle die volgende dag sommer reg sal wees wanneer hy met hulle wil speel.

Een namiddag het hy beslis geweier om sy speelgoed in te bring. "Nee," het hy gesê, "ek sal hulle later gaan haal; ek het nie nou tyd nie."

"Maar Tommy," het Moeder gesê, "iets kan met hulle gebeur," het Moeder gesê. "Jy weet jy sal."

"Ek sal hulle na aandete gaan haal."

"Maar dan sal dit al donker wees; gaan haal hulle nou."

"Ek sal hulle later gaan haal."

"Ek sê jy moet hulle nou gaan haal, Tommy."

"Nou ja, goed dan."

Maar Tommy het nie sy motors gaan haal nie. Hy het na die voordeur gestap, en dit is sover was wat hy gekom het. Later daardie aand toe dit reeds donker was, is die ligte van 'n motor gesien; dit was Pappie wat huistoe gekom het.

Tommy het uitgehardloop en geskreeu, "Pasop vir my motors! Pasop vir my motors!"

Maar dit was nou te laat. Daar is kraakgeluide gehoor.

Pappie se groot motor het al Tommy se motors platgetrap. Sy ambulans was so plat soos 'n pannekoek; sy brandweer motor was heeltemal stukkend, en sy ander motors sou hy nooit weer kan gebruik nie.

"Kyk wat het Pappie gedoen! Kyk net daar!" het Tommy geskreeu terwyl hy met sy flistslig na buite hardloop en sy stukkende motors een vir een begin optel.

"Ek is jammer", het Pappie gesê. "Ek is baie jammer."

"Jy hoef glad nie jammer te wees nie," het Moeder gesê. "Ek het Tommy gesoebat om sy speelgoed in te bring."

"Ag, my arme motors," het Tommy gesanik. "Waarom het Pappie al my goed so platgery?"

"Jy behoort te weet waarom," het Moeder gesê. "Dink maar daaraan hoe baiemaal ek jou al gesê het om jou goed in te bring."

"Ek het vergeet," het Tommy gesê, "en nou is hulle almal stukkend. O, wat sal ek doen?"

"Ek sal nou seker dadelik stad toe moet gaan," het Pappie vir Moeder gefluister. "Nee, wag maar vir eers; laat ons sien of hy sy les geleer het."

Wel, die voorval het 'n baie goeie uitwerking gehad. Tommy het terdeë sy les geleer. Daarna het my gesorg dat hy dadelik doen wat Moeder hom beveel. Miskien moet ek hier sê dat Pappie en Tommy wel saam na die stad gery het, en julle kan seker almal raai waarmee hulle teruggekom het?

Slaaptyd stories

Deel Vier

deur Arthur S. Maxwell