Toe het sy begin hardloop, maar ongelukkig het sy, sonder dat sy dit weet, verder van die huis af gehardloop pleks van daarnatoe.
Moeder het al die tyd gedink dat Louise in die tuin is, maar toe alles so stil daar was, het sy uitgegaan om te gaan kyk.
Maar Louise was nêrens te sien nie. Moeder het na die bure gehardloop. Nee, hulle het ook nie Louise gesien nie, maar hulle sal help soek, het hulle gesê. En sommer baie gou het 'n hele aantal mense na haar gesoek.
Pappie was vreeslik ontsteld, en hy het die polisie gebel. toe het hy in sy motor gespring en vinnig met die straat af gery, in die hoop dat hy haar sou teëkom. Skielik, omtrent half 'n myl van die huis af het hy 'n dogtertjie sien hardloop, en sy het geskreeu: "Ek wil my Mammie hê! Ek wil my hê!" Dit was Louise.
Pappie het haar in sy arms opgeneem, en met 'n groot las van sy hart af huis toe gery. Toe al die bure weer huis toe is, en Pappie die polisie gebel en gesê het dat alles weer reg was, het hy en Mammie en Louise so 'n klein vergaderinkie gehou.
Mammie het Louise vertel hoe stout sy was om sommer so weg te loop, en hoe baie moeiliheid sy veroorsaak het; Pappie het gesê dat sy in die straat kon verongeluk het.
Louise het vreeslik verleë gelyk en sy het belowe dat sy nooit, NOOIT weer sou wegloop nie. Sy het dit ook nou die dag aan my gesê, en ek glo dat sy dit nooit weer sal doen nie.