# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Toe die ou Ford gaan staan het

Hier is 'n wonderlike storie wat ek onlangs gehoor het - dit is so wonderlik dat julle sal dink dat ek dit sommer opgemaak het. Maar ek het nie. Dit het werklik gebeur met 'n predikant-vriend van my, en hy het my verseker dat dit heeltemal waar is. Jare gelede was hierdie meneer Brown - dis sommer 'n skuilnaam - baie platsak. Hy het geen geld in sy beursie en geen geld in die bank gehad nie. Ook het hy nie vriende gehad wat hom kon help nie.

Van alle kante het hy rekeninge gekry totdat hy nie meer geweet het wat om te doen nie.

Waaroor hy hom die meeeste bekommer het, was die doktersrekening. Julle sien, mevrou Brown en ook die baba was baie lank siek, en die doktersrekening het al groter en groter geword totdat dit later vir hom gelyk het dat hy dit nooit sou kon betaal nie. Hy moes nou weer sy vrou en kind na die dokter neem, maar hoe kon hy, aangesien hy nog nie die vorige rekening betaal het nie. Sake het maar baie swart vir hom gelyk. 

Hulle het toe vir die Here gebid en staatgemaak op Sy beloftes om in al hulle behoeftes te voorsien. Mevrou Brown se toestand het baie versleg, en hullle het besluit om dokter toe te gaan, geld of nie geld nie. Maar hulle sou darem vreeslik gelukkig gevoel het as hulle die geld gehad het om eers die ou rekening te betaal. 

Een agtermiddag het hulle vertrek na die dorp. Hulle motor was baie oud - dit was 'n ou Ford, en dit het so geratel en geskud dat dit enige oomblik uitmekaar kon val op die pad.

Hulle was net 'n paar myl onderweg na die dorp toe die motor skielik gaan staan het soos 'n bot muil wat nie 'n tree verder wou gaan nie. Meneer Brown het na die petrol, die olie, en alles waraan hy kon dink, gekyk, maar dit het alles niks gehelp nie. Toe het hy gedink aan die spotpraatjies dat as 'n Ford gaan staan, moet jy onder hom inloer om te sien watter onderdeel uitgeval het. 

Hy het ote onder die motor gekyk en daar het hy iets gesien wat sy oë amper uit sy kop laat peul het. Wat hy gesien het, was nie 'n stuk van die motor nie, maar 'n rolletjie papier wat baie soos papiergeld gelyk het. 

Maar dit kan nie wees nie! 

Hy het toe sommer onder die motor ingekruip en die snaakse pakkie opgetel. 

Ja dit was geld, egte papiergeld! Van buite was dit so vuil en vol stof dat dit duidelik was dat die geld al baie lank daar gelê het, so lank dit dit onmoontlik sou wees om die eienaar op te spoor. "Kyk hier!" het hy uitgeroep, amper te opgewonde vir woorde. "Die Here het ons gebed verhoor. Hy het ons die geld gestuur wat ons so nodig het. Nou kan ons die dokter vandag betaal!"

Maar toe het daar nog 'n wonderlike ding gebeur. Sonder om aan die masjien van die motor te raak, het meneer Brown terug in die motor geklim en weer geprobeer om dit aan die gang te sit op die gewone manier. Dadelik het die motor gevat asof daar niks verkeerd was nie. 

"Weet u", het my aan my gesê, "ek sal altyd glo dat die engele geweet het dat die geld daar was, en dat hulle die motor bo-op die geld laat staan het."

Hoe baie wonderlike maniere het die Here om gebede te verhoor! 

Oom Attie se Slaaptyd stories

Deel Vyf

deur Arthur S. Maxwell

So onthou ek Suid-Afrika