Afrikanerhart - Die Trekpad van 'n Nasie

Stroompies van Vriendelikheid

Bertie en Bobbie was kastig bsig om Pappie in die tuin te help, maar hulle het nie eintlik veel uitgerig nie. "Gee vir my die grasmaaier," het Bertie gesê. "Jy kan die blombedding skoonmaak."

"Ek wil nie die blombedding skoonmaak nie," het Bobbie gesê. "Ek wil die gras sny. In elk geval is dit my beurt met die grasmaaier. Gee daardie maaier hier."

"Ek sal nie," het Bertie gesê. "Loop maak jy die blombedding skoon."

"Ek sal dit nie doen nie," het Bobbie geskreeu. Gee vir my die grasmaaier."

"Ek sal dit nie vir jou gee nie," het Bertie gesê; en hy het vinnig daarmee afgesit, met bobbie op sy hakkel. Die grasmaaier was onderstebo gedraai en dus het dit glad nie gesny nie. Daar het hulle in die rondte gehardloop, en al warmer en kwater geword. "Loop - trek - jy - die - bossies - uit!" het Bertie uitasem geskreeu.

"Los - jy - daardie - grasmaaier!" het bobbie hygend gesê terwyl hy na die handvastel gryp. "Ek sal dit nie gee nie, jou naarheid!" het Bertie vasberade gesê.

"Gee dit hier, jou naarheid," het Bobbie nou in trane gesê.

Hulle wou mekaar net met die vuis bydam toe hulle 'n geluid aar agter die huis hoor soos van iets wat breek. Die twee seuns het stilgestaan en geluister.

"Dis die pomp!" het hulle tegelyk uitgeroep, en hulle het daarheen gehardloop om te gaan kyk. Toe het hulle 'n knal gehoor by die lang paal waraan die elektriese drade vas was, en die smeltdraad aan was.

"hier is nou 'n mooi petalje," het Pappie gesê wat toe ook op die toneel verskyn het.  "Die pomp is weer buite werking; en dit beteken geen water totdat ons dit weer reggemaak het nie."

"Wat, geen water nie!" het Bertie uitgeroep, en hy sommer baie dors gevoel. "is daar geen drinkwater nie?"

"Nee," het Pappie gesê. "Julle sal nie kan bad, en ook nie julle gesigte kan was nie."

"En wat sal Moeder doen?" het Bobbie gevra. "Sy sal nie die skottelgoed kan was of kos kan kook nie."

"Nee," het Pappie gesê; dit gaan baie ongerief veroorsaak totdat die man kom om die pomp reg te maak. En om te dink dat dit deur so 'n klein dingetjie veroorsaak is."

"Wat se klein dingetjie?" het Bertie gevra. "Wel," het Pappie gesê, "hierdie pomp word met water gesmeer."

"Hoe? het Bobbie gevra.

"Om die bus warin die as draai glad en gesmeer te hou, moet daar gedurig water op drup uit die tenk. Selfs wanneer die pomp nie werk nie drup die water op dei bus, sodat dit altyd nat en gesmeer bly, reg vir werk wanneer die krag aangeslaan word."

"En as die gedrup ophou?" het Bertie gevra, "Wat gebeur dan?"

"Dan gebeur daar wat julle nou self sien," het Pappie geseê. "Ek weet nie waarom die gedrup hierdie keer opgehou het nie - die pompman sal seker die fout ontdek - maar hier sien julle nou die gevolge, baie ongerief en ook onnodige koste."

"Dis baie jammer," het Bobbie medelydend gesê. "Dit is," het Pappie gesê. "En weet julle, dit laat my dink aan wat netnou daar op die grasperk gebeur het." Toe het Bertie en Bobbie altwee baie rooi geword, want hulle was skaam oor hulle rusie oor die grasmaaier; hulle het nooit daaraan gedink datiemand kon gehoor het nie.

Daar het hulle nou baie verleë gestaan, en gewonder wat Pappie verder sou sê.

"Wel, die saak is so," het hy gesê: "Solank as die drupstroompie van vriendelikheid deur ons harte vloei, gaan alles baie vlot. Dan dink ons vriendelike gedagtes oor ander, en is ons vriendelik en behulpsaam. Ons sal nie veg om ons sin te kry nie. Ons sal gelukkig wees wanneer ons ander mense gelukkig maak. Maar wanneer die stroompie vanvriendelikheid opdroog, wel, dan is daar moeilikheid en onaangenaamdhede - die bus word droog en warm totdat iets eindelik breek."

In hulle harte het Bertie en Bobbie erken dat dit waar is. Hulle het gedink hoe hulle mekaar rondgejaag en lelike name genoem het.

"Neem jy maar die grasmaaier," het Bobbie gesê. "Nee; neem jy dit maar," het Bertie gesê. "Ek sal die blombedding gaan skoonmaak."

En so het die stroompie van vriendelikheid weer begin vloei.

Slaaptyd stories

Deel Vyf

deur Arthur S. Maxwell