# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Sonia Nel

Nianell (1971) is 'n Suid-Afrikaanse sangeres en liedjie skrywer wat in Omaruru in Namibië gebore is. Haar regte naam is Sonia Nel. Sy het Internasionale bekendheid verwerf met treffers soos "Who Painted the Moon" en "Angel Tongue." Van haar afrikaanse treffers sluit in Magaliesburgse Aandlied en Sal jy onthou.

Haar liedjie, I hold the Sun and the Moon in my Hands is benoem vir die 2010 Liedjie van die Jaar by die LA Music Awards. 

Buiten haar suksesvolle musiekloopbaan, is Nianell ook 'n gerekende skrywer. Haar eerste boek, Knowing Who I Am, word Internasionaal uitgegee deur Hay House Publishing en vlieg steeds van die winkelrakke af. Die Afrikaanse weergawe, Om te Weet wie Ek is is 'n Suid-Afrikaanse topverkoper en verkoop ook steeds soos soetkoek.

Sonia het 'n drieling, genaamd Kaeley, Jade en Tayden. In 2010 wen sy Beste Vroulike Sanger sowel as Beste DVD vir haar werk saam met Dozi op It Takes Two.  

      


    CD's Op Die Rak

    12.  Just Be 2014

    11.  My Heart 2012  

    10.  You're the one I want 2012  

      9.  Who painted the Moon 2011

      8.  'n Duisend Drome 2011

      7.  My Heart 2012

      6.  Sand & Water 2010

      5.  It takes Two 2009

      4.  I know I'm lucky 2008

      3.  As One 2007

      2.  Life's Gift 2006

      1.  Angel Tongue 2004

 Riana Nel

Riana Nel is 'n Suid-Afrikaanse sangeres wat hoofsaaklik geestelike liedjies in Afrikaans en Engels sing. Sy wen die ATKV se Cresendo sangkompetisie in 2000 en stel haar debuutalbum in 2001 vry. Riana is die suster van Nianell, 'n befaamde sangeres in eie reg. 

Riana Nel en Laurika Rauch is albei vir 2015 genomineer vir kontemporêre album vir die Jaar vir haar album Die Regte Tyd. Sy word ook genomineer vir Musiek Video vir die Jaar Weier asook Liedjie van die Jaar  Tweede Kans. Riana wen komtemporêre album van die Jaar met Die Regte Tyd

Haar album, Die Moeite Werd het die dubbel platinum merk (80,000) eenhede oorskry en met vyf nommer een radiotreffers word sy beskou as een van die grootste vroulike kunstenaars in die land. In 2012 het sy weggestap met die Tempo Toekenning vir die gewildste Pop album en by die Ghoema Toekennings in 2013 deel sy die gesogte titel van Liedjieskrywer van die Jaar met Johan Vorster.  


 


     CD's Op Die Rak

     6.   Die regte tyd 2014

     5.   Die Moeite werd 2011

     4.   Collection Set 2006

     3.   Someone with Skin 2005

     2.   The Cure 2003

     1.   Oopmond 2001