# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Skipskop


David Kramer

Inleiding

Pak op, pak op.
Sit jou goedjies, op jou kop.
Môre gaan ons weg.
Ver, van hier weg.
Skipskop, Skipskop.
Wanneer hou die dinge op.
Swaarkry lê net voor.
Die blou berge oor.

Overberg se mens.
Is ek gebore.
Op die plek Skipskop, nes my pa en sy pa ook.

Hier deur die duine.
Loop onse spore.
Hier op die beach.
 Hier langs die see is ek gedoop.
Maar wat ken ek anders.
As die bloudam se branders.
En die wolke en die winde wat hier waai ...
Verkoop jou bootjie.
Pak op jou goedjies.
En sê maar so-long Skipskop, Skipskop sê goodbye.

Die Linkerhand, of die regterhand.
Wat se kant, lê die plek, misverstand.
Asseblief meneer, ag, sê tog weer.
Is dit die pad, wat ons moet môre vat.

'n Stukkie lê hier, en 'n stukkie lê daar.
Stukkies van my lewe, hulle lê baie deurmekaar.
Tel op, vir Shorty, en tel op vir pop.
Gaan haal vir Apie, en hou daai kindjie dop.

Maar wat ken ek anders.
As die bloudam se branders.
Die wolke en die winde wat hier waai ...
Pak op jou goedjies.
Verkoop jou bootjie.
En sê maar so-long Skipskop, Skipskop sê goodbye.

Maar wat ken ek anders.
As die bloudam se branders.
Die wolke en die winde wat hier waai ....
Verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies.
En sê maar  Skipskop so-long, Skipskop sê goodbye.

So-long Skipskop, Skipskop sê goodbye. 

SA Topsites ::

So Long Skipskop.mp3