# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

 
SA Topsites ::
As jy in die oggend gorrel met een teelepel heuning en kaneel in warm water, dan bly jou asem deur die dag vars.
As jy knoffel geëet het, kou kardamom saadjies in hulle omhulsels. Wanneer dit sag is, gooi die doppie weg en sluk die saadjies in, dit verbloem die reuk.
Kou koffiepitte of pietersielie, dit laat die asem weer vars ruik, selfs al het jy knoffel geëet.
Nadat jy knoffel geëet het, neem 'n kwart glasie melk 'n halwe teelepel vanielje essens.
Verhit so effens in die mikrogolfoond en drink dit.
Trek pietersielie in kookwater en laat afkoel, gorrel dan hiermee.
Vir 'n vars asem, gorrel met lewensessens, of gorrel met pietersieliewater of kou rou pietersielie.
Vir slegte asem kan jy net kruienaetjies kou.