# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

 Skadu's Teen die Muur

Koos du Plessis

Die donker kom van buite, en syfer deur die ruite, en ek gooi nog 'n paar kole, op die vuur.
En die tafel en die laaikas, en alles wat eers vas was, versmelt tot blote skadu's teen die muur.

Ons drome van gister, word somber en sinister want kyk, alles het 'n vasgestelde uur.
Ons beplan toringblokke, maar die slopers is betrokke, en ons drome is bloot skadu's teen die muur.

Met orrelbeleiding kom die voorspel tot die skeiding, maar dis alles reg, die liefde is 'n vuur.
En van die vurige hofmaak hoor ons later in die hofsaak, want die liefde is 'n skadu's teen die muur.

In swart of wit getooi, in 'n stoet of in konvooi, wonder elkeen hoe lank alles nog sal duur.
En leef holderstebolder, want die kis wag op die solder, en die lewe is 'n skadu's teen die muur.
En leef holderstebolder, want die kis wag op die solder, en die lewe is 'n skadu's teen die muur.
Die lewe is 'n skadu's teen die muur.

Die donker kom van buite, en syfer deur die ruite, en ek gooi nog 'n paar kole, op die vuur.
En my voete en my hande, word ou bekende lande, in skadukaarte teen die kamer muur.

Die wêreld word 'n skadu teen die muur.
'n Flikkerende skadu teen die muur.


Disket 1

1.  Skadu's Teen die Muur

2.  Die Somer is verby

3.  Kinders van die Wind

4.  Op Pad na Nooitgedacht

5.  Herman

6.  Pretoria

7.  As jy my kon volg

8.  Jantjie van die Berge

9.  Sprokie van 'n Stadskind

10. Skielik is jy Vry

11. Najaarsdroom