Sias Reynecke
Sias Reinecke (23 April 1940 - 18 Oktober 1982) was 'n legendariese Afrikaanse sanger wat ook deel van die sanggroep Groep Twee was. Hy is bekend vir treffers soos Sproeitjies, Die Seewind Bring Heimwee, Klein Karoo en Wie Sal Kom Nagsê. Reinecke wat in Randfontein woonagtig was, is op die ouderdom van 42 jaar aan ‘n hartaanval oorlede terwyl hy op toer was.