# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

 
 
SA Topsites ::

Dis 'n Grote!

Jou bloed is Groen en Goud....

Jy droom al jare hiervan!!! Jy dreig al jare hieroor!! Hier is jou geleentheid!! Kry jou beste vriend(e), broer, neef of swaer. 

Kettie en Klip nooi jou hartlik uit na ons tweedag rugby toer van Pretoria na Pietersburg, op 21 en 22 Junie 2014. Kom kyk rugby - Suid-Afrika teen Wallis - in Afrikaans saam met ons. Belangstellendes langs die roete tussen Pretoria en Pietersburg (Polokwane) sal ook geakkommodeer word (waar moontlik). 

Wees deel van 41,733 toeskouers wat die Bokke aanspoor om die Rooi Drake op die rugbyveld te klop.  Van die 27 toetse wat sedert 1906 gespeel is, het SA 25 gewen, 1 gelykop gespeel, en 1 verloor. 

Jy kan 'kuier' saam met jou vriende op die bus, of die rugby saam met 'n drankie te geniet of Bok Town na die wedstryd rooi verf, want ons het 'n aangewese drywer wat na jou belange omsien.  Die Toyota Quantum huisves 18 +2 (toergids en drywer) en vertrek om 09h00 van Pretoria. Dit is ook die eindbestemming die Sondag met ons terugkeer na Pretoria. 'n Minimum van twaalf besprekings sal die toer moontlik maak. 

Jou toer sluit jou verblyf by Garden Court Polokwane Saterdagaand + ontbyt, jou toetskaartjie en verversings op die bussie heen en weer vir 'n bekostigbare R1,999-00 per persoon wat deel. Hierdie pakket is ideaal vir 'n groep vriende. Beleef Springbok-rugby op sy beste! 

Program:

                       Saterdag, 21 Junie 2014

                       09:00              Vertrek vanaf Pretoria (ingesluit)

                       15:00              Peter Mokaba Stadium Stadium (ingesluit)

                       17:00              Wedstryd (ingesluit)

                       19:00              Bok Town (eie sak)

                       23:00              Hotel (ingesluit)

                       Sondag, 22 Junie 2014

                       08:00              Ontbyt (ingesluit)

                       11:00              Vertrek van Pietersburg (ingesluit)

                       15:00              Pretoria (ingesluit)

Gaan na Koop Nou om onmiddelik jou plek vir hierdie belewenis te bespreek. Vir meer inligting, kontak Paul by 072 370 9099 (trotsafrikaans@myvolk.co.za).