# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

 
 
SA Topsites ::

Dis 'n Grote!

Jou bloed is Groen en Goud....

Jy droom al jare hiervan!!! Jy dreig al jare hieroor!! Hier is jou geleentheid!! Kry jou beste vriend(e), broer, neef of swaer. 

Kettie en Klip nooi jou hartlik uit na ons tweedag rugby toer van Bloemfontein na Ellispark, Johannesburg op 5 en 6 Oktober 2013. Kom kyk rugby - Suid-Afrika teen Nieu Zeeland - in Afrikaans saam met ons. Belangstellendes langs die roete tussen Bloemfontein en Johannesburg sal ook geakkommodeer word (waar moontlik). 

Wees deel van 62,547 toeskouers wat die Bokke aanspoor om ons aartsvyand op die rugbyveld te klop. Dit sal die eerste keer in nege jaar wees wat die twee reuse in wêreldrugby op Ellispark kragte meet. Onthou jy nog die gees van 1995? Was jy dalk daar, en wil jy dit herleef? 

Jy kan 'kuier' saam met jou vriende op die bus, of die rugby saam met 'n drankie te geniet of Bok Town na die wedstryd rooi verf, want ons het 'n aangewese drywer wat na jou belange omsien.  Die Toyota Quantum huisves 12 +2 (toergids en drywer) en vertrek om 09h00 van Bloemfontein Lughawe. Dit is ook die eindbestemming die Sondag met ons terugkeer na Bloemfontein. 'n Minimum van sewe besprekings sal die toer moontlik maak. 

Jou toer sluit jou verblyf by  Indaba Hotel in Fourways Saterdagaand + ontbyt, jou toetskaartjie en verversings op die bussie heen en weer vir 'n bekostigbare R1,850-00 per persoon wat deel. Hierdie pakket is ideaal vir 'n groep vriende. Beleef Springbok-rugby op sy beste! 

Program:

                       Saterdag, 5 Oktober 2013

                       09:00              Bloemfontein Lughawe (ingesluit)

                       15:00              Ellispark Stadium (ingesluit)

                       17:00              Wedstryd (ingesluit)

                       19:00              Bok Town (eie sak)

                       23:00              Hotel (ingesluit)

                       Sondag, 6 Oktober 2013

                       08:00              Ontbyt (ingesluit)

                       11:00              Vertrek van Johannesburg (ingesluit)

                       15:00              Bloemfontein Lughawe (ingesluit)

Gaan na Koop Nou om onmiddelik jou plek vir hierdie belewenis te bespreek. Vir meer inligting, kontak Paul by 072 370 9099 (trotsafrikaans@myvolk.co.za) of JJ by 074 188 7087 (info@kampvuur.co.za)