# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

 
 
SA Topsites ::

'n Randeier broei nooit 'n gesonde kuiken uit nie. Iets wat twyfelagtig is, kan nie iets goeds van verwag word nie. Dit gebeur som dat 'n hen nie al die eiers waarop sy broei, met haar vere kan toemaak nie. Die eier wat teen die kant lê, is dan halfpad bebroeid en word gewoonlik sleg. In elke broeisel is daar 'n randeier. In elke familie is daar 'n swartskaap. Sy is 'n sosiale randeier. Sy hou haar afsydig en meng nie met ander nie. Ook iemand wat eksentriek optree. Elke nes het 'n randeier. In elke familie is daar een wat nie sosiaal aanvaarbaar is nie, of wat uitgestoot word. 

Wat Praat jy!

Afrikaanse Idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings met verklarings

Saamgestel deur Johanna de Wet

ISBN  978-1-86919-388-1