# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Rand Skou 2015

Die Randse Skou - ook bekend as die Randse Paasskou, vind hierdie jaar tussen 3 en 12 April 2015 plaas. Naas die VSA, is dit die grootse Verbruiker-Uitsalling in die wêreld en lok nagenoeg 250,000 besoekers elke jaar. 'n Syfer wat elke jaar groei! 'n Rekord getal besoekers van nagenoeg 400,000 het die hekke binnegestroom in 2007.

Hierdie jaar is dit die 121ste Fees, wat sy ontstaan in 1894 het. Die heel eerste skou is deur Paul Kruger by Milner Park - wat vandag die terrein van die Witwatersrand is - geopen. Dit was oorspronklik die Witwatersrand Landbou Vereniging Skou. Eers in 1984, het die skou geskuif na die huidige Expro Sentrum by Nasrec, en die handelsmerk is in 2000 aan die maatskappy Kagiso Exhibitions & Events, 'n filiaal van Kagiso Media verkoop. 

Kaartjies kan by die hekke gekoop word, maar is ook beskikbaar by Computicket. Daar is geen addisionele kostes indien van Computicket gebruik gemaak word nie. Pryse beloop R100 vir volwassenes, R50 vir pensionarisse oor 65, R50 vir tieners tussen 13 en 16, R20 vir kinders tussen 6 en 12 en gratis toegang vir kinders onder ses.

So wat is nuut in 2015? Die Skou probeer jaarliks homself versterk as 'n unieke inkopie- en gesinsuitstappie. Méér interaktief, méér meusleurend, méér demonstratief en meer geleenthede t.o.v uitstallings en bemarking.  Die sale word hierdie jaar opgedeel in: Aksie & adrenalien , huis en dékor , kos ervaring, wetenskap en tegnologie , mode skoonheid en welstand en stel Suid-Afrika ten toon.
SA Topsites ::
Randskou 2015 Brosjure.pdf Randskou 2015 Brosjure.pdf
Size : 4757.221 Kb
Type : pdf
Randskou 2015 Aansoekvorm.pdf Randskou 2015 Aansoekvorm.pdf
Size : 108.137 Kb
Type : pdf