# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

RADIO OMROEPER KORT KURSUS KUBER KONTREI

Geagte Aspirant Omroeper,

Baie dankie dat jy die moeite doen om hier te lees. Ons is baie opgewonde oor jou moontlike betrokkenheid by Radio Kuber Kontrei. Indien jy nog nie na ons geluister het nie, kliek asseblief op die skakel hierbo! Of, per slimfoon (Android, iPhone of Blackberry), gaan na jou naaste APP winkel en laai die RKK App af, of gaan na www.tunein.com en laai die APP af - tik dan Radio Kuber Kontrei in die soekgleuf, en soek nooit weer na 'n eg-Afrikaanse Radio-stasie nie. # Jou hart. My taal. Ons stem!

Ek is eienaar van onder meer twee Facebook bladsye, nl. Radio Kuber Kontrei
, en Werk Soekers / Job Seekers. Die werksoekersblad is ons geleentheid om hoop in werkswoordvorm te omskep. 

Ons visie is eenvoudig:
"Skep 'n digitale tuiste waar ons Afrikaans en die Christelike geloof beskerm, bevorder en bemark na ongeveer 11 miljoen Afrikaanse taalgebruikers reg oor die wêreld. Behou en bevorder die waardes, kultuur en erfenis voortvloeiend uit bogenoemde taal en geloof, vir almal wat hulle daarmee identifiseer." Dit is ons enigste vereiste om deel te wees van hierdie dinamiese groep mense. Dat jy deel in hierdie passie. #vryskutomroeper

Werk soekers / Job Seekers het tans 59,000 lede en ons mikpunt is om dit te groei na 70,000 teen einde 2017.

Jou Opleiding geskied via SAM Cloud Pro 2016 sagteware, wat met ons hoofraam gekoppel is. Dit is 'n Amerikaanse produk (sagteware), en daarom die fooi vir die kursus. Dit is ook ongelukkig gekoppel aan die Rand-Dollar wisselkoers, wat op die stadium teen ons werk.
As jy nie bewus is daarvan nie, word Afrikaanse boeke stelselmatig uit publieke biblioteke verwyder om gepulp te word, en mag dit nie verkoop word nie. So, ons soek 'n veilige hawe vir hierdie kultuurskatkis van ons. Die Trust hiervoor is reeds in plek.

Ons is NIE polities nie. Dit is nie ons fokus nie. Ons bestuur die webblad www.myvolk.co.za waar ons kultuur, taal en geloof laat voortleef. Die blad is uiters gewild en spog reeds met 353,505 besoekers (en 685,666 bladbesoeke) die afgelope 803 dae. Ek het ook sommige kommentaar en kontak besonderhede van omroepers wat reeds die kursus voltooi het, aangeheg. Verder ondertoe is die rekenaar spesifikasies wat jy moet aan voldoen om suksesvol uit te saai.

Die radio stasie is 'n direkte uitvloeisel uit die Facebook Werk Soekers / Job Seekers en My Volk Webblad. Ons wil meer interaktief raak, en meer mense betrokke kry via die stasie. Klasse is volgens jou skedule. Ek stuur vir jou 'n potgooi van die klas, jy luister en voltooi dit. Sodra klaar, stuur jy dit terug. Dan ontvang jy die volgende module. Jy werk dus in jou eie tyd, teen jou eie pas. Sodra betaling ontvang is, word jy toegelaat tot die Radio Kuber Kontrei Skype Sitkamer. Hier kan jy baljaar na hartelus, en hegte vriendskappe het al hier gevorm. Dit is ook die bymekaarkomplek vir al die omroepers tydens die klas, waarby vrae gestel kan word aan die programaanbieder.

"...Ek sal enige tyd die radio omroepers kursus aanbeveel, aangesien opleiding geskied via Skype en teamviewer in die gemak van jou woning. Radio Kuber Kontrei het weer woema in my lewe terug gesit en my droom laat waar word en ek kan nou my passie uitleef!..."

                                                                                                                                                    - Louisa van Vliet Benoni (063 388 2970)

"...Ek geniet die omroep kursus vreeslik en voel verwelkom deur die Kuberatti. Dit is vir my lekker om te leer by die omroepers om my, en om my mening ook te kan deel. Ek wou nog altyd op die radio wees, en nou het ek die geleentheid gekry..."

                                                                                                                             - Etienne Scheepers Krugersdorp (Etienne Scheepers)

"...Vir my is dit 'n droom wat waar geword het. Om juis oor die lug tot aan die uithoeke van die aarde die Goeie Boodskap uit te dra my Skepper kom eerste en ek kan lof so aan hom bring my passie vir ou boeke is ook in die vooruitsig. Lank lewe Radio Kuber Kontrei..."

- George P. Kellerman Pretoria (083 259 9120)

"...Die kursus was die sleutel na my hart, omdat dit my passie vir radio vlerke gegee het..."

– Pieter Theron Pretoria-Oos (082 470 8144)
"...Wou nog altyd in radiowese betrokke raak. Ek het ontsettend baie geleer, baie gesukkel met die tegnologie, maar was so trots, om op my ouderdom my eerste program reg uitgesaai te kry..."

– Belinda Kleynhans Potchefstroom (082 923 5382)
"...Vir die eerste keer vandat ek skool verlaat het, het iemand my 'n kans gegee. Die feit dat dit in my studierigting is,is 'n toeval, maar hierdie is my kans waarvoor ek gebid het vir 5 jaar..."

– Carla Viljoen Naboomspruit (073 748 3290)
Het jy 'n passie en stem vir Radio?

  R990

 
 Radio Kuber Kontrei
PVO2016147948
Capitec Bank
Kaarthouer: P Joubert
470010
Rekening: 1272363218
Iban: 1272363218470010
Swift: CABLZAJJ

Naam en Van as verwysing


Eenmalige betaling van R990 om jou plek te bespreek. As jy wil afbetaal kan jy alternatiewelik 'n deposito van R390 betaal met twee daaropvolgende betalings van dieselfde bedrag (R1170 in totaal). 
Visie

"Skep 'n digitale tuiste waar ons Afrikaans en die Christelike geloof beskerm, bevorder en bemark na ongeveer 10 miljoen Afrikaanse taalgebruikers reg oor die wêreld. Behou en bevorder die waardes, kultuur en erfenis voortvloeiend uit bogenoemde taal en geloof, vir almal wat hulle daarmee identifiseer."


Missie

"Vertel die Afrikaanssprekende se geskiedenis van 1652 tot die hede. Gebruik produkte, dienste en tegnologie om 'n beskermheer en kampvegter vir Afrikaans te word deur die webtuiste tot 'n onmiskenbare verwysingsbron te ontwikkel ten opsigte van geskiedenis, taal, kultuur, kuns en geloof."
Elke ondergenoemde datum is 'n skakel na jou opdrag vir die dag. Dit sal elke oggend beskikbaar gestel word op die genoemde datum.
Mod 1                                 Teorie: Media Bestuur

Mod 2                                  SAM Cloud Sagteware

Mod 3                                  CANVA Ontwerp

Mod 4                                  Sosiale Media

Mod 5                                  Musiek

Mod 6                                  Advertensies en Borge

Mod 7                                 1-Op-1

Mod 8                                 Teorie: Joernalistiek Praktyk

Mod 9                                 Draaiboek Basics

Mod 10                               Teorie: Program Keuse

Mod 11                               Deurlopende Datavloei

Mod 12                               Groep Opl Toetstasie 2

Mod 13                               Eerste Opname

Mod 14                               Draaiboek Gevorderd

Mod 15                               SWOT Analise

Mod 16                               Hoofraam

Mod 17                               Stoor en Stuur

Mod 18                               www.myvolk.co.za

Mod 19                               Webblad My Volk

Mod 20                               Teorie: Internet Joernalistiek

Mod 21                               Redigering

Mod 22                               Capasso

Mod 23                               Groep Opl Toetsstasie 3

Mod 24                               Photoshop

Mod 25                               1-Op-1

Mod 26                               YouTube Opleiding 3

Mod 27                               iTunes

Mod 28                              Dropbox

Mod 29                              ISRC Handboek

Mod 30                              Top 50 Bemarking

Mod 31                              Vierde Opname

Mod 32                              www.radiokuberkontrei.co.za

Mod 33                              Ken jou mark?

Mod 34                              SAM Lite DJ

Mod 35                             1-Op-1

Mod 36                             Teorie: Rekenaarvaardig

Mod 37                             Jou eie Radio Stasie

Mod 38                             Jou eie Besigheid

Mod 39                             Yola

Mod 40                             Lewendige aanbieding
Radio Omroeper Kort Kursus, Radio Kuber Kontrei
Wat gebeur na die Kursus?

Indien jy voel dat dit jou passie is, is jy welkom om, sodra die kursus verstryk het, 'n weeklikse program by Radio Kuber Kontrei aan te bied.

Hierdie program kan 60 minute, 90 minute of 120 minute duur.
Tydens die Kursus betaal Radio Kuber Kontrei jou lisensie by Spacial vir die sagteware. Indien jy wil voortgaan na die kursus, sal 'n fooi vir jou lisensieregte vanaf Spacial jou R289 per maand kos.

Hierdie bedrag moet in ons Besigheidsrekening betaal word: Radio Kuber Kontrei,
1272363218 Capitec Bank Die datum vir hierdie maandelikse betaling kan deur jou vasgestel word.
Kan ek dit deeltyds doen, of net eers deeltyds begin?

Absoluut! 95% van die huidige personeel is deeltyds, maar leef hul passie vir Afrikaans hier uit.

Bring jou stem en jou passie, en kom bied 'n program aan in 'n tydgleuf wat jou pas, en wat beskikbaar is. 

Algemene vrae beantwoord!

Ek is nuut tot aanlyn-radio en nie tegnies aangelê. Kan jy help?


Wil jy van beroepskeuse verander? 16 of 60? Was dit nog altyd 'n droom van jou om in Radiowese betrokke te raak?

Hierdie droom is nou 'n gróót stap nader. Met die nuutste tegnologie tot ons beskikking, kan jy uit die gemak van jou studeerkamer uitsaai.

As jy 'n bietjie onseker is hoe om te begin
en jy het nie 'n 'techie' agtergrond nie, dan is daar geen rede tot kommer nie.

'n Vaartbelynde SAM Cloud 2016 sagteware beteken dat jy kan uitsaai, sonder om 'al die knoppies' te ken.


Ek bied 'n drie maande,1-op-1 kursus aan via Skype en Teamviewer (d.w.s aanlyn) vir  u om uself te bekwaam as 'n omroeper; hetsy 'n laatnag program propvol musiek, óf nuus, aktualiteit, geskiedenis, in-en-om-die-huis - of waarookal jy passievol oor is.

Ek het 'n begroting en nie honderde rande elke maand om te mors nie - is dit vir my?

Ons kan jou nie alles leer in 90 dae nie; ek kan jou waarborg dat jy wél sal weet of dit is wat jy wil doen of nie. Daar is vir my niks meer vervullend as om 'n program (beide musiek en inhoud) saam te stel, en aan te bied vir 'n afwagtende gehoor nie. Die Teater van gedagtes.

Ek dink dis belangrik om te noem dat die kwaliteit van jou program 'n DIREKTE invloed op jou inkomste gaan hê. Hoe meer luisteraars jy lok, hoe meer adverteerders gaan bereid wees om tydens jou program te adverteer.

Jy benodig ongeveer 4 (vier) ure se navorsing t.o.v. musiek en inhoud om 'n 90 minute program aan te bied @ 45meg per uur.

Kliek hier om persoonlik met my te praat rondom die kursus op Facebook:

Paul Joubert Facebook

Ek bied jou ook - na die kursus - lugtyd aan op Radio Kuber Kontrei.
Hierdie is 'n praktiese kursus. Basiese teorie met 90% prakties gekoppel daaraan. Die hoofdoel van die kursus is drieledig:

  • Waarde vir geld
  • Pas onmiddelik toe na Kursus
  • Verdien inkomste

'n Voet in die deur. Jy moet dit dan verder neem. Jouself ontwikkel. Lees, leer en luister na wat ander omroepers doen. In vergelyking met tradisionele radio, is Internet Radio nie net beperk tot klank nie. Tans luister 12 miljoen mense na Internet Radio in 'n land soos bv. Spanje.

'n Internet radio-uitsending kan vergesel word deur foto's of beelde, teks en skakels, sowel as interaktiwiteit soos boodskap borde en 'chatrooms'.  

Dit is Radio Kuber Kontrei se wens dat jy groei, leer en ontwikkel - 'n portefeulje opbou. Sodat, wanneer jy reg is, jy by 'n groot kommersiële radiostasie kan instap, en tuis kan voel met jou vermoëns en tegniese kennis en ondervinding.

Kan ek lewendige oproepe neem tydens my uitsending?

Ja. Gaste tydens jou program is die hoeksteen van 'goeie' Radiowese (en Joernalistiek) en 'n noodsaaklike deel van 'n professionele program.

Gebruik 'n kommunikasie medium soos Skype of besoek die gas persoonlik.

Moet ek 'high-end equipment' hê om te kan uitsaai?

Beginner:

Rekenaar of Skootrekenaar

Bedryfstelsel: Windows XP,
Windows 7, Windows 8, Windows 10
Verwerker: 1 GHz
Geheue: 2 GB
Disk Spasie: 100 MB (plus addisionele spasie vir musiek)
Klank Kaart: Verpligtend 5.1 VX met mikrofoon 'output'
Internet: Soliede Internet Konneksie (hoef nie ADSL te wees nie)
Oorfone met mondstuk ± R450 (Incredible Connections)

Gevorderd:

Oorfone Behringer HPS500
Mic Stand en Pop filter
Mikrofoon Behringer C1
Mixer Behringer XenyxQX1002USD
Eksterne Klank Kaart UMC202HD

Kan ek uitsaai vanaf enige plek in die wye, wye wêreld?

Met slegs 'n Internet konneksie (dongle, lyn, WI-FI of ADSL) kan jy enige plek in die wêreld uitsaai, via ons hoofraam.