# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Ouma se ingelegde vis

1,7       kg        Geelstert (skoongemaak, grate verwyder en in skywe gesny)

                        Olie

6                      Groot uie, in ringe gesny

6                      Suurlemoenblare

750     ml         Bruinasyn (3k)

250     ml         Water (1k)

175     ml         Suiker (ongeveer driekwart koppie)

12,5    ml         Borrie (1e)

37,5    ml         Kerriepoeier (3e)

25       ml         Koekmeelblom (2e)

8         ml         Sout

12,5    ml         Varsgemaalde swartpeperkorrels (1e)

250     ml         Sultanas (1k) opsioneel

Braai vis ongeveer 1 minuut 30 sekondes per kant in warm olie, tot net deurgaar is. Geur goed en hou eenkant. Pruit uie 10-12 minute in asyn en water tesame met suurlemoenblare. Meng meel met 'n bietjie van die warm sous en roer terug by sous. Vul 'n lugdigte houer met lae vis, uie en sultanas om die beurt. Die vis sal na drie dae gereed wees om geëet te word. Dit sal tot ses maande geod hou in yskas. (Joey Pienaar)

as die aandwindjie
weemoedig kla en steun
herfsblare opwarrel
alles deels ontbloot


lê my lippe
skugterskaam
in jou bakhande
toegevou beskut


glimlag jy
tasbaar weifelende
want jy sien elke
traan in my oë


omklee jou liefdeswoorde
my gedagte herinneringe
in die silhoeëette
van jou naaktheid

© EnriCus