# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Oppiwa Jacobsbaai

Oppiwa-waens, elk met sy eie kunstenaar, vertrek na verskeie gastefamilies in Jacobsbaai. Tydens die rit van sowat twee ure deur die strofstrate van dié klein kusdorpie, geniet gaste die spesiaal-ontwerpte vertoning van die kunstenaar, saam met van die beste wyn uit die Weskusstreek - en natuurlik koeldrank vir die kinders. Aan huis van die gastefamilie word versnaperinge bedien voordat die tweede helfte van die vertoning op die terugtog voltooi word.

'n Unieke fees met 24 waens wat die volgende kunstenaars insluit: Anna Davel, Matthys Roets, Koos Kombuis, Dowwe Dolla, Valiant Swart, Neels van Jaarsveld, Piet Botha, Lizz Meiring, Richard van der Westhuizen, Jak de Priester, Sarah Theron en Ricky Nass. 

Oppiwa is deur lede van die Jacobsbaai gemeenskap op die been gebring om geld in te samel vir die ontwikkeling van Jacobsbaai as 'n toeriste bestemming. Behalwe die publisiteit wat Oppiwa vir Jacobsbaai genereer het, het ons dan hierdie jaar ook 'n finansiële bydrae kon maak tot Jacobsaai vir hierdie doel. 

Die Oppiwa kommitee het dit goed gedink om geld te bewillig vir die aanbou van 'n wandelpad langs die Jacobsbaai kuslyn sodat inwoners en kuiergaste makliker toegang tot ons wonderlike natuurskoon kan hê. Die projek word deur die Jacobsbaai Belasting Betalers Vereniging bedryf en deur Oppiwa finansieël ondersteun. Hiery is foto's van die eerste fase van die projek wat hopelik verder uitgebou sal word om uigebreide wandelpaaie, draf- en fietsryroetes in te sluit.  Oppiwa gee dan ook geleentheid aan die feesgangers van Oppiwa 2015 om, wanneer hulle kaartjies koop op ons kaartjie besprekingsportaal. Kaaartjies gaan na beraming op 1 November 2014 beskikbaar wees.
SA Topsites ::
Oppiwa-2015-program.pdf Oppiwa-2015-program.pdf
Size : 55.451 Kb
Type : pdf