My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters Pretoria
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Ontvoer!

Het julle al ooit gewonder hoe dit sal wees om ontvoer te word? Miskien het jy al gesit en dink wat jy sou doen as 'n vreemdeling jou sommer gryp, in sy motor stop, en wegjaag. Wel, hier is 'n storie van 'n seuntjie met wie dit gebeur het. Ek weet dat dit waar is, want sy Moeder het aan my geskryf en my alles daarvan vertel.

Ek sal hom maar Raymond noem, want hy sal seker nie daarvan hou as ek sy regte naam gebruik nie. Hy was ses jaar oud toe dit gebeur het, maar al was hy so jonk, het hy baie graag sy "sendingwerk" gedoen, soos hy dit genoem het. wanneer die predikant van sy kerk gesê het dat daar geld nodig was om sendelinge na ander lande te stuur, het Raymond by huise van die bure gaan aanklop en hulle daarvan vertel. Dit was verbasend hoeveel geld hy soms huis toe gebring het.

Eendag, in die somer van 1942, was Raymond besig om vir die sending te kollekteer. Hy was byna klaar. Onderweg huis toe het 'n motor skielik langs hom stilgehou. 'n Vreemde man het by die venster uitgeleun en vir Raymond gevra of hy hom kon oplaai.

"Nee, dankie," het Raymond gesê, watn hy het sy Moeder se waarskuwing onthou om nooit in die motor van 'n vreemdeling te klim nie.

"Ag, kom!" het die man gesê.

"Nee, dankie; ek wil liewer loop," het Raymond gesê. My huis is nie baie ver nie!"

"Klim in," het die man hom beveel, en hy het Raymond sommer beetgepak en hom in die motor gedruk.

"Maar ek wil nie saamry nie!" het Raymond geskreeu. "Laat my staan!"

Maar dit het nie gehelp nie. Die deur van die motor was al toe, en die man het vinnig begin voortry met die pad.

"Wat is jou naam?" het die vreemdeling gevra.

"Raymond."

"Wie is jou pa?"

Raymond het hom gesê.

"Hoeveel geld verdien hy?"

"Ek weet nie," het Raymond geantwoord. En toe die man omtrent geld vra, het Raymond baie bang te word, want hy het dadelik aan die "sendinggeld" in sy sak gedink , wat hy daardie middag ingesamel het. Hy het gehoop dat hierdie slegte man dit nie sal uitvind nie.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

Die motor het nou vinnig by sy huis verbygery, en Raymond het sien hoe al die ou bekende dinge die een na die ander verbyskiet.

"O toggie! waar sou hy my na toe neem?" het hy gedink.

Toe het hy onthou dat sy Moeder aan hom gesê het dat as hy vir Jesus werk, hoef hy nooit bang te wees nie, want die engele sal hom sekerlik beskerm. Toe het hy sy gebedjie begin opsê, maar hy was so bang dat hy sommer hard gebid het.

"Wat sê jy daar?" het die man gevra.

"Ek het vir Jesus gebid om my te help," het Raymond gesê, en toe het hy droewig begin huil.

"Nou ja, dis heeltemal goed, heeltemal goed," het die man gesê onderwyl hy die motor tot stilstand bring. "Klim uit; klim uit!"

Toe die motor gaan staan, het hy die deur oopgemaak en Raymond uitgestamp op die gras langs die pad. Toe het hy weer in die motor gespring en weggejaag.

Terwyl Raymond daar langs die pad staan, en nie geweet het wat om te doen nie, het 'n buurvrou na hom toe gekom en gevra, "wat op aarde maak jy hier vingeralleen?"

Raymond het haar alles vertel wat gebeur het. Sy het toe haar eie motor gaan haal en hom teruggeneem na sy Moeder.

Moeder het gesê dat hy 'n baie dapper seun was, maar Raymond het gesê dat hy die hele tyd heeltemal seker was dat Jesus hom sou help omdat hy die "sendinggeld" daardie middag in sy sak gehad het. Ek dink ook so, en julle?

< >