# Jou Hart. My Taal. Ons Stem!

Ondankbare Gertie

Hierdie storie is oor 'n baie goedhartige dame en 'n baie stout dogtertjie. Ek het daardie vriendelike dame goed geken; sy het my die storie self vertel, en ek weet dat dit waar is.

Naby die plek waar ek woon, is 'n winkel wat lekkers verkoop en natuurlik nog baie ander goed ook. Eendag, terwyl die vriendelike dame in die winkel was om iets te koop, het vyf kinders die winikel binnegestorm - vier meisies en 'n seun.

Die kinders het teen die toonbank kom staan en gekyk na die lekkers wat daar uitgestal was. Eindelik het hulle gekoop wat hulle wou hê - dit wil sê almal behalwe die een meisie wat nie geld gehad het nie. Moontlik het sy geld verloor, ek weet nie. Toe die ander kinders die winkel verlaat met hulle lekkers het sy ewe verleë agterna geloop.

Die kind het so verdrietig gelyk dat dit die vriendelike dame se hart aangeraak het; sommer dadelik het sy haar pakkies op die toonbank neergesit en die dogtertjie gevolg. Daar het die die ander kinders geloop en lekkers eet, terwyl die een arme dogterjie niks gehad het nie. Die vriendelike dame het gedink dat dit baie gemeen was van die ander om haar niks te gee nie.

Toe het die vriendelike dame vir die dogtertjie gesê dat sy saam met haar moet terug loop na die winkel, en dat sy vir haar ook lekkers sou koop. Die dogterjie en die vriendelike dame het saam teruggeloop na die winkel.

"Wat is jou naam?" het die vriendelike dame gevra.  "My naam is Gertie," het die dogtertjie gesê. By die winkel gekom het die dame vir Gertie gevra watter lekkers sy graag wou hê, en sy het sommer na 'n hele paar gewys wat die vriendelike dame vir haar gekoop het. En hoe dink julle, wat het toe gebeur? Daar het iets baie leliks gebeur, maar dis waar. Sonder om eens na die vriendelike dame te kyk, het daardie dogterjie die pakkie lekkers gegryp en by die winkel uitgehardloop die straat af. Sy het nie eens dankie gesê nie.

Sowat 'n minuut later het ek daar by die winkel gekom en die vriendelike dame daar gesien. Sy was heeltemal ontstel. Wil julle graag weet wat sy gesê het?

"Die ondankbare kind!" het sy uitgeroep. Alhowel sy geglimlag het toe sy dit gesê het, het ek geweet dat sy baie sleg gevoel het. "Ek sal dit nooit weer doen nie," het sy laat volg. "Nooit weer nie!"

Om die waarheid te sê, het sy dit nooit weer gedoen nie, want sy is 'n rukkie daarna dood. Dit maak 'n mens se hart seer as jy dink dat feitelik haar laaste gedagtes aan daardie ondankbare dogtertjie wat nie eens dankie gesê het nie.

Slaaptyd stories

Deel Vyf

deur Arthur S. Maxwell