# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

O Boereplaas!

O Boereplaas, geboortegrond!

Jou het ek lief bo alles.

Al dwaal ek heel die wêreld rond,

waar so gelukkig, so gesond?

O boereplaas, geboortegrond!

Jou het ek lief bo alles.

O Moederhuis, waar ooit so tuis?

Jou het ek lief bo alles.

Die wêreld, rykdom, prag en praal

kan jou verlies my nooit betaal.

O moederhuis, waar ooit so tuis?

Jou het ek lief bo alles.

O moedertaal, o soetste taal!

Jou het ek lief bo alles.

Van al die tale wat ek hoor,

niks wat my siel ooit so bekoor.

O moedertaal, o soetste taal!

Jou het ek lief bo alles.

SA Topsites ::