# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Mathys Roets - Musiekskuur Barnyard Parkview Pretoria

In 1996 het die Barnyard sy ontstaan in Plettenbergbaai gehad. Met tyd word dit landswyd die éérste keuse vir musikante, musiekliefhebbers, Maatskappye, spanbousessies en nuwe vrystellings van musiek in 'n baie diverse veld en alles tussenin. 

13 Maart 2015 sal onthou word vir die bekendstelling van die Musiek Skuur - in die Parkview Barnyard in Pretoria - met Matthys Roets aan die stuur van sake! 'n Houtvertrek waar Afrikaans sal voortlééf! Ou-wêreld atmosfeer, net soos die Barnyard. Swaar houtbalke. Groot tafels. Lanterns wat so ryk geskiedenis van die Afrika-kultuur saamvat! Waar die groot teater 548 sitplekke bied, plaas die intieme 116 plekkies in die Musiekskuur jou besonders naby aan die kunstenaar. 

Die Musiekskuur self beskryf hulself as "intieme kleiner venue op die skouers van die Pretoria-Barnyard teater!"

En so word ek verwelkom! Om 'n aand in my taal te kom geniet. En wie beter as Matthys Roets om my te begelei na hartskamers, studente dae en Leonard Cohen. Maar die stad se liggies het nie die aand aangejaag nie. Vir net onder twee uur word ons meegesleur deur persoonlike tragedie en word die drome in my oë weer wakker gemaak.

In my lewe - 'n song met soveel betekenis, beskryf ons voëlvry lewe waarmee ons as Afrikaners groot geword het. En êrens deur die verloop van die song, moet 'n ander liedjie plek maak vir hierdie top tien gunsteling (van alle tye) in Afrikaans. 

Matthys sê: "In die verlede, was ek baie onseker oor myself, veral as ek in 'n moeilike situasie beland het of 'n krisis moes hanteer. Noudat ek vierkantig daarmee gekonfronteer word op 'n daaglikse basis, is dit vir my lekker om te weet ek het nie moed opgegee nie."  

Iemand soos jy, For example, Die tyd sal leer, Gert Vlok Nel se treine, Marriette, Madelein, Lapland, September Morn', Play Me, Partykeer, Ek wens, Soms sommige van die musiek wat opgedis word. 

Hy begin sy musiekloopbaan in 1989 to hy het kitaar in die hand, in 'n winkelsentrum in Pretoria vir fooitjies gesing het. In 1996 maak hy sy deurbraak met sy debuutproduksie op die KKNK. Die musiek van Koos du Plessis het Mathys, met sy donker fluweelstem, soos 'n handskoen gepas. Deur sy loopbaan het hy bekendheid verwerf vir sy sielvolle vertolkings van die wêreld se mooiste ballades, veral die musiek van Leonard Cohen, Roger Whittaker en Neil Diamond.

6 April 2009 verander sy lewe. Oombliklik. Hy verloor beheer oor sy motorfiets oppad na die KKNK. 

Piet van Wyk de Vries is 'na absolute woordsmid. En skryf baie van Matthys Roets se liedjies. De Vries het sy debuut gemaak in 'Flying Circus' maar het vinnig oorgeskakel na skrywer en produksie. Hy het ook al vir PJ Powers, Lebo Mathosa, Eddy Grant en Billy Forest geskryf. Sy deurbraak kom met die produksie van Op Aanvraag van Dozi.

"Hy is goed bekend as musiekvervaardiger, maar deesdae maak hy ook sy stem dik as liedjieskrywer en van sy musiek is al deur sangers soos Dozi, Wynand Strydom en Mathys Roets opgeneem. Om die waarheid te sê, nie minder nie as sewe van Piet se treffende liedjies pryk op Mathys se album, Fluister. Dit sluit die titellied in", beskryf Martjie Roos hom in 'n artikel in Rapport. "Hy speel speletjies met lirieke." 

Ek kon nie anders as om die lirieke van Gert Vlok Nel se treine te herroep in my geheue nie. Ek wou die aand opsom. Op sy plek - "nou sit ek hier met 'n handvol songs en briefie van jou wat sê so long. Ek wil jou oor hê". Dankie Matthys Roets. Ek wil jou oor hê.

Kunstenaars wat in die volgende maand daar gaan optree is onder andere Elvis Blue, Jannie du Toit, Dozi, Chris Chameleon, Monique, Corlea en Jak de Priester. Vir besprekings of verhurings, kontak die Pretoria-Barnyard teater by 012- 368 1555 of besoek hul webtuiste www.barnyardtheatre.co.za

  

In My Lewe.mp3