Frank kon nie eintlik tot 'n besluit geraak nie.
Binnekort sou daar twee verjaarsdae kom in sy huis, en hy het nie geweet wat om
te doen nie. Soos die meeste seuns maar is, was hy platsak, en daar kon geen
sprake wees van twee prsente nie.
Hy het eindelik besluit om met sy Moeder oor die
saak te praat; dit sou 'n bietjie moeilik wees, want een van die verjaarsdae
was hare. Maar sy Moeder het altyd verstaan, en sy sou hom seker 'n plan gee,
het hy gedink.
Dit het egter so gebeur dat moeder self oor die
saak gepraat het.
"Frank," het sy gesê, "ek hoop jy
sal nie oom Herbert se verjaarsdag vergeet, sal jy?"
"Nee, ek sal nie sy verjaarsdag vergeet
nie," het hy gesê: maar daar is nog 'n verjaarsdag," het hy half
fluisterend gesê. Moeder het geglimlag. "Maar Oom Herbert se verjaarsdag
is die belangrikste van die twee," het sy gesê.
"Wel, ek dink nie so nie," het Frank
gesê op so 'n besliste wyse dat Moeder se hart sommer baie vinniger geklop het.
"Ek wil Oom Herbert natuurlik ook lekker laat voel, maar meeste van alles
wil ek vir Moeder gelukkig maak!"
Moeder was vreeslik aangedaan oor daardie woorde
dat sy Frank gegryp en gesoen het, en dit het Frank skoon laat vergeet van sy
moeilikheid in verband met die verjaarsdagpresente wat hy sou moes koop.
Stadig het die dae verbygegaan. Toe Frank hom weer
kom kry, het die oggend van sy Moeder se verjaarsdag aangebreek en hy het nog
nie eens besluit wat om te doen nie.
Hy is baie ongelukkig daardie oggend skool toe.
Wat kon hy nou doen? Waarom het hy nie eerder besluit nie? Om sake nog erger te
maak, het dit hom skielik bygeval dat hy ook niks sou kon koop onderweg huis
toe van die skool af nie, want dan sou die winkels al toe wees. Hy het baie
skaam gevoel dat hy so lank getalm het.
Op skool daardie dag kon hy aan niks anders
dink as sy Moeder se verjaarsdag nie. Hoe kon hy huis toe kom sonder iets vir
haar?
Toe het hy skielik 'n ingewing gekry. Hy sou aan
haar 'n briefie skryf. Sy mag baie bly wees om 'n brief van hom te kry, en dit
sou mos 'n ander soort present wees. Hoe meer hy oor die plan gedink het, hoe
meer het hy daarvan gebou.
Toe het hy sommer daar by die skool 'n briefie
geskryf aan sy Moeder. Daarin het hy haar vertel hoe lief hy haar het, en dat
hy 'n goeie man wil word, sodat hy kan geld verdien om vir haar baie mooi goed
te koop wat hy nie nou kon koop nie. Hy het geskryf dat hy haar altyd sou
liefhê en vir haar sou sorg solank as sy lewe.
Nadat Frank die brief geskryf het, het hy dit in
'n koevert toegelak. By die huis gekom, het hy stilletjies na die voordeur
gegaan en die brief in die briewebus gegooi. Toe het hy soos die posbode aan
die deur geklop en hom uit die voete gemaak om sy Moeder kans te gee om die
brief te lees.
Toe hy 'n rukkie later by die huis binnekom, was
Moeder se oë vol trane, maar daar was 'n vriendelike glimlag op haar gesig. Sy
het aan Frank gesê dat dit die mooiste present was wat sy nog ooit ontvang het.
Sowat vier jaar later het ek hierdie Moeder eendag
op die trein ontmoet, en sy het aan my gesê: "Daardie briefie is die
kosbaarste skat wat ek het."
Deel Vyf
deur Arthur S. Maxwell